Algemeen

AddThis Social Bookmark Button
BYBELSKOOL

Dit begin 19 Oktober in die ARK 18:30-19:30 en duur 7 weke tot 29 November.  Ons behandel die eerste Psalmboek, Psalms 1 tot 41.  In die proses gaan ons leer hoe om die Psalms in ons eie persoonlike geestelike lewe te gebruik.  Skryf in by die kerkkantoor om weekliks in die lees van die Psalms begelei te word (0415835115) sowel as by die webtuiste Bybelskool om die bydraes daaroor elke weeksdag per e-pos te ontvang. Chris van Wyk.

OP PAD MET GOD

Hier lees ons die Bybel saam. Dit begin ook 19 Oktober in die kamer langs die kombuis om 18:30.  Hier sal jy op verrassende wyses vind hoe verskillende geestelike gewoontes jou kan help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef.  Jy gaan ook leer op watter maniere God met jou praat, wat Sy wil vir jou lewe is, en hoe Hy jou wil gebruik.  Mariette Rossouw.

LECTIO DIVINA

Ons doen Lectio Divina met die Psalm van die week van 19 Oktober af elke Woendagaand van 17:30-18:30 in die kerk.  Almal is welkom om aan te sluit.  Rethie van Niekerk.

AddThis Social Bookmark Button
BYBELSKOOL

Dit begin 20 Julie in die ARK 18:30-19:30 en duur 10 weke tot 21 September.  Ons behandel die boek Barnabas - 'n Nuwe manier van leef.  Dit fokus op die Bybelse karakter Barnabas in die boek Handelinge, sowel as op 10 geestelike gewoontes.  Ons gaan in groepe die Bybelstudies behandel en gesels oor die inoefening van die geestelike gewoontes. Skryf in by die kerkkantoor. Koste R65 vir die Bybelstudieboek. Chris van Wyk.

BYBELSKOOL.COM

Dit begin 21 Julie op die Internet.  Ons lees Lukas se evangelie en die Handelinge van die apostels deur.  Laaste bydrae DV 28 September.  Alle lidmate kan hierdie dagstukkies lees.  Met registrasie by bybelskool.com sal ek dit ook elke weeksdag per e-pos stuur.  Chris van Wyk.

OP PAD MET GOD

Hier lees ons die Bybel saam. Dit begin ook 20 Julie in die kamer langs die kombuis om 18:30.  Hier sal jy op verrassende wyses vind hoe verskillende geestelike gewoontes jou kan help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef.  Jy gaan ook leer op watter maniere God met jou praat, wat Sy wil vir jou lewe is, en hoe Hy jou wil gebruik.  Mariette Rossouw.

BID-UUR

Soos reeds 'n aanvang geneem het in die 2de kwartaal, bid ons van 20 Julie af elke Woendagaand van 17:30-18:30 in die gebedskamer vir die gemeente.  Almal is welkom om aan te sluit.  Rethie van Niekerk.

AddThis Social Bookmark Button

BYBELSKOOL begin 20 April in die konsistorie 18:30-19:30 en duur 5 weke tot 24 Mei.  Ons behandel die evangelie van Johannes.  Skryf in by die kerkkantoor.  Alle lidmate kan die dagstukkies lees by bybelskool.com.  Met registrasie by bybelskool.com sal ek dit ook elke weeksdag per e-pos stuur.  Chris van Wyk.

By OP PAD MET GOD lees ons die Bybel saam. Dit het reeds 13 April afgeskop en word in Ark gehou om 18:30.  Hier sal jy op verrassende wyses vind hoe verskillende geestelike gewoontes jou kan help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef.  Jy gaan ook leer op watter maniere God met jou praat, wat Sy wil vir jou lewe is, en hoe Hy jou wil gebruik.  Mariette Rossouw.

Van 4 Mei af gaan Rethie van Niekerk elke Woendagaand van 17:30-18:30 in die gebedskamer bid vir die gemeente.  Almal is welkom om by haar aan te sluit vir hierdie BID-UUR.

AddThis Social Bookmark Button

Didage (Griekse woord vir lering) begin weer Woensdag 13 Oktober om 18:00.

Bybelskool – Chris van Wyk

Ons lees hierdie kwartaal Galasiërs, Romeine en Rut.  Hulpmiddels sluit die gebruiklike daaglikse blog in by bybelskool.com.

Immergroen Ouerskap – Lynette van Wyk

‘n Relevante,  Bybelse Ouerskapkursus
Hettie Brittz, die skrywer van die boeke Kweek Kinders met Karakter en Kweek Gesonde Gesag, het onlangs haar bestaande ouerskapkursus met die insigte van Andalene Salvesen gekombineer en omskep in ‘n opwindende DVD-reeks met meegaande werkboeke. Hierdie kursus is al die afgelope ses jaar in Presbiteriaanse-, NG-, Baptiste- en Charismatiese kerke aangebied en praatjies daaroor is al op Kruiskyk, MNet en Radio Kansel uitgesaai.  Donderdae 19:00-21:00. Kontak vir Lynette by 083 793 3320..(Besoek gerus die webwerf www.immergroenouerskap.co.za vir ’n voorskou in DVD-formaat en ander relevante inligting.)

Op pad met God – Mariette Rossouw

Ons lees die Bybel saam, en vind verrassende wyses hoe geestelike gewoontes jou help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef. Op pad met God is vir jou as jy geestelik wil groei, ‘n nuwe visie of geestelike tuiste soek, gewoon net ‘n afplatting ervaar, of ‘n ware soeke na God het. Geen onkoste.

Rigtingwysers – Rethie van Niekerk

Hoe en waar wil God jou gebruik? Hierdie kursus help jou om na te dink oor jou persoonlikheid, visie, gawes en tydsbestuur, sodat jy kan onderskei waarop God wil hê jy moet fokus. R40 per persoon. Skryf in by die kerkkantoor.

Skryf in by die kerkkantoor 041 5835115