GEESTELIKE GROEI

Geestelike groei kom deur ‘n groeiende nabye verhouding met Christus.

Die boublokke van so ‘n Christus-gesentreerde lewe is

  1. ‘n persoonlike verhouding met Christus,
  2. voortdurende nadenke oor die betekenis van die Bybel vir my lewe,
  3. die beoefening van persoonlike geestelike gewoontes en
  4. vrywillige dienslewering.

Die plek waar jy hiermee gehelp kan word, is Didage (Griekse woord vir lering). Dit neem weer ‘n aanvang Woensdag 5 Augustus.

Elke aand kan jy eers na ‘n besige dag om 18:00 kom aansit vir ‘n lekker ete, vir net R25 (bespreek vooraf), en die gemeenskap met ander gelowiges geniet.

Daarna kan jy van 18:30 af een van die volgende aanbiedinge bywoon.

  • Alpha – Deon Binneman – koste R25 per persoon, asook R25 per week vir die ete.
  • Immergroen Ouerskap – Lynette van Wyk – koste R500 per ouerpaar.
  • Bly in Voeling – Rethie van Niekerk – koste R30 per persoon.
  • Op pad met God – Mariette Rossouw – geen koste.
Meer inligting by die kerkkantoor (041 583 5115) en op die bemarkingspamflette.
AddThis Social Bookmark Button

This content has been locked. You can no longer post any comment.