Daar is niks meer belangrik vir ons in hierdie gemeente as jou geestelike groei nie.  Of jy nou kort of lang op die pad van geestelike groei is, ons wil alles doen wat ons moontlik kan om jou te help op jou geestelike reis.

Daarom vra ons elke gemeentelid om by ‘n baie spesiale geleentheid in te skakel.  Ons vra terugvoer oor ons gemeente en jou geestelike reis deur ‘n Spiritual Life Survey.

Daar is ‘n paar dinge wat jy moet weet voor jy dit gaan invul:
  • Dit is omvattend en stimulerend.
  • Dit sal 30-35 minute neem om dit in te vul.
  • Dit is heeltemal anoniem sodat jy oop en eerlik kan wees met jou terugvoer.
  • Dit is regtig belangrik.  Die resultate van die vraelys gaan ons help om die gemeente se bediening  te struktureer om jou nog beter toe te rus op jou geestelike reis saam met ons.

Ons wil graag hê dat ALMAL in die gemeente die vraelys invul.  Moedig dus van jou vriende in die gemeente aan om ook die vraelys in te vul.

Klik op hierdie skakel om dit sommer nou in te vul: Spiritual Life Survey

Indien die skakel nie werk nie, kopieer die onderstaande skakel (van http ... tot by ... 5704), plak dit in jou webblaaier se adres venster en druk Enter:

http://www.insightexpress.com/ix/Survey.aspx?id=159766&accessCode=1055325087&resetposition=true&uid=5704

Jy kan in die aangehegde dokument meer inligting oor die vraelys kry.

Dankie!

Leraars

Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (Willow survey.doc)Willow survey.docIn dié dokument word die redes vir die vraelys, hoe dit werk, wat die gemeente daarmee saam kry, sleutel bevindinge uit vorige ondersoeke ens. gegee.832 Kb
AddThis Social Bookmark Button

This content has been locked. You can no longer post any comment.