Inleiding
Die Bedieningsplan is ‘n samevatting van hoe die Kerkraad tans die Here se wil rondom die gemeente se bediening onderskei. Inligting oor ons missie kan onder “Oorsig” gevind word. Daar is ook inligting oor die patrone van gestuurdheid wat vir ons belangrik is.
Fokusareas
In die verloop van 2010 kies die Kerkraad om weer te fokus op die patrone van gestuurdheid (fokusareas), sodat hierdie patrone al meer deel kan word van die kultuur van die gemeente. Ons glo dat die Gees voortdurend met ons op weg is. Gevolglik moet ons aanhou groei om al meer gestalte te gee hierdie patrone wat die Here op ons tafel gesit het.
1. Aanpasbare Verandering
Ons glo ware verandering gebeur wanneer ons werk aan dié dinge wat onder die lyn lê, wat onsigbaar is. Hoewel skuiwe aan die “hoe” van die bediening verandering teweeg kan bring, sal dit altyd minimaal wees. Werklike, volhoubare groei gebeur wanneer ons aandag gee aan ons roeping en waardes. Gevolglik kies die Kerkraad om op die gestuurde patrone te fokus en te besin oor die visie en waardes wat onder die werk lê wat ons reeds doen.
2. Model
Die Kerkraad en verskillende bedieninge gebruik deur die loop van die jaar telkens die volgende model om te besin waar die Gees tans met ons werk en hoe ons gaan groei in die verskillende fokusareas:

Dit beteken dat elke kommissie / bediening by hulle byeenkomste kyk na die fokusarea vir daardie kwartaal en dan vier vrae vra:
a. Waarmee is God besig? Waar sien ons dat hierdie patroon geleef word?
b. Waar kan ons dit verder uitbou? Waar het die Here reeds ruimtes geskep wat ons kan benut vir die proses?
c. Hoe moet ons dit doen?
d. Wat het ons nodig om dit te doen?

Om werklike, aanpasbare verandering te bring, is dit nodig dat ons nie net bokant die oppervlak, aan die sigbare, verander nie, maar dat ons ook onder die oppervlak na die waardes en roeping wat onderliggend funksioneer, kyk. Ons weet dat daar vier maniere is waarop visie en waardes sigself uitdruk:
Om dus ‘n visie deel te maak van die kultuur van ‘n gemeente, word daar begin by taal: die visie word verwoord. Dan word daar basiese vaardighede aangeleer, die waardes word gemodelleer en uiteindelik word die visie geïntegreer, dus deel van die gemeente se gewoontes.
Wanneer vraag (c) gevra word: “Hoe moet ons dit doen?”, word daar bepaal of daar gewerk moet word aan taal, vaardigheid, waardes of gewoontes.
2. Eerste Kwartaal: Bybelse Vorming en Dissipelskap
Hierdie kwartaal fokus op Patroon 2. Al die verskillende aspekte van die Kerkraad fokus dus (met die hulp van bogenoemde model) op Bybelse vorming en Dissipelskap.
2.1 Spesifieke fokus
2.1.1. Willow Creek se navorsing word gedoen om te bepaal waar die gemeente tans staan, veral met betrekking tot Bybelse vorming en dissipelskap. Die inligting wat hieruit gekry word, word gebruik in die beplanning van die res van die jaar. Dit sal ons ook help om te weet op watter vlak (taal, vaardigheid, waardes of gewoontes) die gemeente leiding nodig het.
2.1.2. Kleingroep-fokus:
• Daar word ‘n sensus van kleingroepe onderneem, om uit te vind wie almal by kleingroepe ingeskakel is, watter tipe kleingroepe daar bestaan en waarmee die verskillende kleingroepe besig is.
• Die leiers van die kleingroepe kom bymekaar en verbind hulle daaraan om deel te neem aan die proses en fokus van die jaar.
• Daar word doelbewus gepoog om soveel moontlik mense by kleingroepe te laat inskakel.
• Lidmate word aangemoedig om in te skakel by Dissipelskap-groepe (groep-indeling geskied vroeg in eerste kwartaal.) Die Getuieniskommissie begin reeds in 2009 om die dissipelskap-proses aan lidmate bekend te maak.
• Nuwe kleingroepe word ontwikkel.
2.1.3. Eredienste
Die temas van die eredienste fokus op die eise van Dissipelskap: onderwerp jou lewe aan God. Sterk fokus op die Bybel. Belydenisaflegging fokus sterk op die verbintenis-aspek daarvan. Bybelgenootskap besoek gemeente op 7 Februarie, Corné du Plooy op 14 Februarie.
2.1.4. Didage.
Sterk fokus op Bybelse vorming en dissipelskap. Moontlike kursusse soos Bybelskool, Afla-kursus en EEIII. Dissipelskap vorm deel van Didage.
2.1.5. Ouderlingeraad
Die Ouderlingeraad besin aan die hand van bogenoemde model oor die verskillende buurte.
• Wat gebeur m.b.t. Bybelse vorming en dissipelskap?
• Waar leef mense reeds as dissipels en speel die Bybel ‘n sentrale rol in hul vorming?
• Hoe kan ons bg. gebruik om verder te groei in Bybelse vorming en dissipelskap?
o (Moet daar aandag gegee word aan taal, vaardigheid, waardes, gewoontes?)
• Hoe gaan elke ouderling dit in hul onderskeie buurte doen?
Ouderlinge besin spesifiek oor maniere om onbetrokke en onverskillige lidmate te bereik.
2.1.6. Bedieningsraad
Die onderskeie bedieninge vra ook die vraag na die rol van Bybelse vorming en dissipelskap in elke verskillende bediening.
• Wat gebeur m.b.t. Bybelse vorming en dissipelskap?
• Waar help ons bedieninge mense om te leef as dissipels en speel die Bybel ‘n sentrale rol in hul vorming?
• Hoe kan ons bg. gebruik om verder te groei in Bybelse vorming en dissipelskap?
o (Moet daar aandag gegee word aan taal, vaardigheid, waardes, gewoontes?)
• Hoe gaan elke bediening dit doen?
2.1.7. Bestuursraad
Die onderskeie bestuursfunksies vra ook die vraag na die rol van Bybelse vorming en dissipelskap in elke verskillende bediening.
• Wat gebeur m.b.t. Bybelse vorming en dissipelskap?
• Waar leef mense reeds as dissipels en speel die Bybel ‘n sentrale rol in hul vorming?
• Hoe kan ons bg. gebruik om verder te groei in Bybelse vorming en dissipelskap?
(Moet daar aandag gegee word aan taal, vaardigheid, waardes, gewoontes?)
• Hoe gaan elke bestuurs-aspek dit doen?
2.2 Tweede Kwartaal: Afhanklikheid van die Heilige Gees
Hierdie kwartaal fokus op Patroon 4. Al die verskillende aspekte van die Kerkraad fokus dus (met die hulp van bogenoemde model) op afhanklikheid van die Heilige Gees.
2.3.1 Spesifieke fokus
2.3.1.1. Vergaderings Die verskillende vergaderings besin spesifiek oor watter rol afhanklikheid van die Heilige Gees in hul besluitnemingsprosesse speel. Moet ons werk aan ons taal, vaardighede, waardes of gewoontes? Ons werk daaraan en groei daarin om al meer ons besluite en leiding te neem in afhanklikheid van die Heilige Gees.
2.3.1.2. Kleingroepe:
Kleingroepe behandel “Bewegings van die Gees - 40 dae op weg met Handelinge”. Bemarking hiervoor word reeds in die eerste kwartaal gedoen. Nuwe kleingroepe word vir hierdie doel geskep.
2.3.1.3. Eredienste
Pinkster-bidure is 150 jaar oud. Pinkster fokus op afhanklikheid van die Heilige Gees en herlewing. Lidmate word uitgedaag om ‘n commitment te maak.
2.3.1.4. Ouderlingeraad
Die Ouderlingeraad besin aan die hand van bogenoemde model oor hul eie besluitnemingsprosesse en oor die verskillende buurte.
2.3.1.5. Bedieningsraad
Die Bedieningsraad besin aan die hand van bogenoemde model oor hul eie besluitnemingsprosesse en oor die verskillende bedieninge.
2.3.1.6. Bestuursraad
Die Bestuursraad besin aan die hand van bogenoemde model oor hul eie besluitnemingsprosesse en oor die verskillende bestuursaspekte.
2.3 Derde Kwartaal: Afhanklikheid van die Heilige Gees
Hierdie kwartaal fokus steeds op Patroon 8. Al die verskillende aspekte van die Kerkraad fokus dus (met die hulp van bogenoemde model) op Afhanklikheid van die Heilige Gees.
2.4.1 Spesifieke fokus
2.4.1.1. 2.4.1 Spesifieke fokus
Ons gaan hierdie kwartaal voort om te fokus op Patroon 6: Afhanklikheid van die Heilige Gees.
• Ons maak besondere erns met gebed.
• Ons vertrou die Heilige Gees om in die Kerk en die lewe te handel.
• Ons fokus op die inoefen en modelleer van geestelike dissiplines.
2.4.1.2 - 2.4.1.4 Ouderlineraad, Bedieningsraad, Bestuursraad
Soos tweede kwartaal.
Sterk fokus op gebed en vertroue
2.4.1.5 Kleingroepe
Kleingroepe word aangemoedig om Joernaal se materiaal te gebruik.
• Joernaal maak gebruik van gestuurde metodiek.
• Kleingroepe word begelei om geestelike dissiplines te beoefen.
Verantwoordelik: Leraars
2.4.1.6 Eredienste
Meer word gemaak van gebed in die erediens.
Gebedsversoeke en voorbidding kry gereelde plek in erediens.
Verantwoordelik: Leraars
2.4.1.7 Didage
Die ete val weg.
Bybelskool -
Geestelike dissiplines - begin 28 Julie
Op pad met God
Kursus in Narratiewe Pastoraat - In voeling met mense se stories
Kommunikasie
Afkondiginge
e-pos
Webtuiste
Gesprekke op blog.
Verantwoordelik: Leraars
2.4.1.8 Kommunikasie:
Maandelikse e-pos: “herderlike brief”
20 Julie vir 26 Julie
17 Aug. vir 23 Aug.
14 Sept vir 20 Aug.
Verantwoordelik: leraars
Maandelikse gemeentebrief as deel van afkondigings.
Verantwoordelik: Rethie
2.4 Vierde Kwartaal: Praktyke wat God se bedoeling vir die wêreld demonstreer
Hierdie kwartaal fokus op Patroon 4. Al die verskillende aspekte van die Kerkraad fokus dus (met die hulp van bogenoemde model) op afhanklikheid van die Heilige Gees.
2.5.1 Spesifieke fokus
2.5.1.2. Kleingroepe:
Kleingroepe doen “Die vrou by die put”.
2.5.1.3. Eredienste
Eredienste fokus op waardes van koninkryk en manier waarop ons met mekaar omgaan.
2.5.1.4. Ouderlingeraad
Die Ouderlingeraad besin aan die hand van bogenoemde model oor hul eie besluitnemingsprosesse en oor die verskillende buurte.
2.5.1.5. Bedieningsraad
Die Bedieningsraad besin aan die hand van bogenoemde model oor hul eie besluitnemingsprosesse en oor die verskillende bedieninge.
2.5.1.6. Bestuursraad
Die Bestuursraad besin aan die hand van bogenoemde model oor hul eie besluitnemingsprosesse en oor die verskillende bestuursaspekte.
Beginsels
Multi-generasioneel
Ons glo dat die fragmentering van bedieninge tot die fragmentering van die Liggaam lei en ook tot gevolg het dat jongmense die kerk verlaat wanneer hulle ouer word. Dit is dus vir ons ‘n waarde om multi-generasioneel te wees. Gevolglik kies ons om die nodige vaardighede aan te leer waar ons dit nog nie het nie en om die gewoonte te ontwikkel om oral multi-generasioneel te funksioneer.
Missionêr
Ons gemeente se taak is nie om die kerk in stand te hou nie, maar om die evangelie te verkondig en die wêreld te dien. Alles wat die kerk doen, is “sending”. Ons gemeente is geleë in ‘n sendingveld en elkeen van ons lidmate leef en werk in ‘n sendingveld. Sending is dus nie een van ons programme nie, maar die wese van en bestaansreg vir die kerk. Daarom praat ons van onsself as ‘n “missionêre gemeente”. Ons gemeente hét nie net sendelinge nie, ons ís ook sendelinge. Lidmate is nie die objek van die bediening nie, maar die subjek daarvan.
Die doel van ons bediening is om lidmate toe te rus. Die Gees wil mense transformeer sodat hy hulle in die wêreld kan gebruik. Ons wil mense begelei om van die luister-, dophou- en leer-stadium te groei na gestuurdes. Die kerk werk aan transformasie deur aanbidding, geloofsontwikkeling [of lering en opleiding] en deur Christen gemeenskap [fellowship] in ‘n Christelike omgewing. Vir mense om te verander, om geroep te word tot bediening, moet elkeen van bogenoemde in plek wees en is van kardinale belang.
Die res van die Bedieninge se inligting, wat ook in die Bedieningsplan vervat word, kan hier afgelaai word. Die Bestuursraad se plan kan hier afgelaai word. Klik hier vir die Ouderlingeraad se beplanning.
Kontak ons vir 'n volledige kopie van die Bedieningplan.
| < Vorige | Volgende > |
|---|



AANDDIENS: PREKE
BIDDEND LUISTER








