Ons het aan die einde van 2009 gemeentelede se mening oor 4 sake getoets: 1) hulle betrokkenheid in die gemeente, 2) die wyse waarop ons eredienste ingerig word, 3) die inskakeling by kleingroepe en 4) 'n verhoging in dankoffers ter wille van die begroting.

Die vraelys is in samewerking met NMMU opgestel en verwerk en in verslagvorm aan die kerkraad beskikbaar gestel.  Die volledige dokument is hieronder beskikbaar.

Bevindings

Die belangrikste bevindings is die volgende:

  • Die menings verteenwoordig meesal dié van die ouer lidmate van die gemeente.
  • Die betrokkenheid van die ouer lidmate is besonder goed.
  • Ouer lidmate is tevrede met die kwaliteit van ons eredienste.  Die fokus op praktiese geestelike gewoontes in die erediens joernaal, sowel as om mense meer van God te leer, kom ooreen met die behoeftes van ons lidmate.
  • NB – Mense onder 50 jaar oud verkies ’n informele erediens, veral die groep 30-39 jaar – die mense bo 60 jaar oud verkies die gewone oggenddiens.
  • NB – Mense onder 50 jaar oud verkies kontemporêre musiek, veral die groep 30-49 jaar – die mense bo 60 jaar oud verkies die musiek soos tans.
  • Ouer lidmate waardeer die onderlinge sorg in kleingroepe.
  • Ouer lidmate wil graag deur leraars besoek word, hoewel die helfte self daarvoor wil vra.
  • Ouer lidmate het beloof om hulle dankoffers altesaam met R 20 760 te verhoog en net 36% betaal dit nog met ’n koevert.

Opmerkings oor die reponskoers

  • Ons het 455 ingevulde vraelyste teruggekry (uit 1425 gemeentelede, kinders ingesluit) – 32% van die gemeente.
  • Die gemiddelde ouderdom van die invullers was 58 jaar (teenoor 42 gemiddelde ouderdom vir die hele gemeente)
  • Die meeste van die invullers is Getroud met kinders uit die huis – 45%

Betrokkenheid in die gemeente

  • 28% se betrokkenheid het afgeneem; 40% se betrokkenheid het toegeneem.

Menings oor die erediens

  • 64% dink die kwaliteit van die oggend erediens is uitstekend; 10 % nie.
  • 69% dink die kwaliteit van die prediking is uitstekend; 7 % nie.
  • 77 % wil graag deur die prediking praktiese riglyne vir elke dag ontvang.
  • 92 % wil graag deur die prediking meer van God leer.
  • 46% dink die kwaliteit van die kommunikasie is uitstekend; 20 % nie.

Informele erediens

  • 25 % het ’n behoefte aan ’n meer informele oggenddiens; 46% het nie.
Omdat die response meesal die ouer lidmate verteenwoordig, het ons die menings van die verskillende ouderdomme gekruistabuleer.

Dit het die volgende resultate gelewer:

Mense onder 50 jaar oud verkies dus ’n informele erediens, veral die groep 30-39 jaar – die mense bo 60 jaar oud verkies die gewone oggenddiens.  Dit is ’n baie belangrike bevinding.

Kontemporêre musiek

  • 23 % het ’n behoefte aan ’n oggend erediens met kontemporêre musiek; 49% het nie.

Omdat die response meesal die ouer lidmate verteenwoordig, het ons die menings van die verskillende ouderdomme gekruistabuleer.

Dit het die volgende resultate gelewer:

 

Mense onder 50 jaar oud verkies dus kontemporêre musiek, veral die groep 30-49 jaar – die mense bo 60 jaar oud verkies die musiek soos tans.  Dit is ’n baie belangrike bevinding.

Menings oor kleingroepe

  • 42% dink die onderlinge sorg in kleingroepe is uitstekend; 14 % nie.

Menings oor pastorale bediening

  • 30% dink die pastorale bediening van die gemeente (leraars, ouderlinge, besoekspanne) is uitstekend; 36 % nie.
  • 84% wil deur ’n leraar besoek word.
  • 37% wil die besoek jaarliks ontvang; 48% wanneer hulle daarvoor vra.

Dankoffer verhoging

  • 42% het oorweeg om hulle dankoffer vir 2010 te verhoog – 17% met R50; 13% met R100; Totale verhoging: R20 760.
  • Van dié persone betaal 36% dit per koevert, 29% via die Internet, en 35% in die kollektebord.
Attachments:
FileBeskrywingFile size
Download this file (Vraelys - eerste verslag.doc)Vraelys - eerste verslag.docPersentasies ingevul op die vraelys74 Kb
AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar