header14.jpg

Nuusflitse

My Man het Dementia

Christine Veldsman het 'n aangrypende boek geskryf oor dementia, vanuit haar eie persoonlike belewenis daarvan.  Lees meer ...

Bestel by 041 583 3341.

AANDDIENS:  PREKE

Jy kan ons aanddienste se preke aflaai by www.klema.co.za of deur hier te klik.

BIDDEND LUISTER

As jy onderneem om elke week 'n uur opsy te sit om vir ons gemeente te bid en graag die gebedsriglyne wil ontvang, kontak ds Rethie by rethie@global.co.za vir Biddend Luister, of gee jou naam in by Liésl by die kerkkantoor of laai dit hier af.

Somerstrand Blog

Lewende Hawe
gesprekke in, met en oor die NG Kerk Somerstrand

Bybelskool

Bybelskool
Die Woord is 'n huis om in te woon
109835
VandagVandag232
GisterGister280
Hierdie weekHierdie week1571
Hierdie maandHierdie maand1018
TotaalTotaal109835

Aantal Besoekers

Haloweb

Diens van Barmhartigheid - Gemeenskapsaksies

Gemeenskapsaksies

Druk PDF
AddThis Social Bookmark Button

Barcelona Voedingskema

Ongeveer 350 kinders ontvang 2 maal per week ’n warm maaltyd (samp & bone gemeng met wortels, aartappels, tamatie-puree, vleisbene en 2 snye brood) Ons begin met ‘n geestelike boodskap en sang onder leiding van jeugleiers, opgelei deur “Street Evangelism”.

Sporadiese uitstappies, asook ‘n Kersfunksie word gereël met ‘n kersboodskap, geskenke en lekkernye. Woensdae word die 2 vraghouers gebruik as munisipale kliniek vir die gemeenskap.

Barcelona
 Barcelona rye
Lang toue wag vir kos.
Barcelona Evangelisasie
Evangelisasie
Gasstoof in houer
Ons gasstoof in die vraghouer
Houer
Die houer geverf deur Somerstrand se jongmense
Barcelona kerspartytjie
Kerspartytjie
Komberse Barcelona
Komberse van Somerstrand gemeente
Barcelona uitstappie
Uitstappie na die Lughawe
 

Reach Uitreikgroep

 

Geleë in Highfield Straat, Korsten. Reach se vrywilligers hanteer verskeie programme vanaf disipelskap, veiligheid in die gemeenskap, voorkoming van gesinsgeweld, programme oor dwelm misbruik, berading en heelwat meer projekte met die kinders van die omgewing as diens aan hierdie gemeenskap. Ons verleen finansiële hulp met die huur vir perseel, ‘n voedingskema aan die kinders en  borg ook “life skills” kampe. By die Ouetehuis borg ons een jaarlikse goeie ete.

 Reach Korsten
Zosastraat in Korsten.  Geen spoeltoilette of aangelegde water nie.
Reach kinders
Aktiwiteite vir kinders.
 

Sydenham Ouetehuis

 

Summerbreeze Super Spar in Somerstrand verskaf hulp met kos om 42 hulpbehoewende senior burgers wat hier woon se finansiele las te verlig. Ander materiële hulp soos klere, ens word baie waardeer.

Sydenham kamers
Netjiese skoon kamers in die ouetehuis
Sydenham ouetehuis
 

Maranatha - Siyakathala

Sporadiese hulp met verskaffing van klere en kos soos en wanneer ons kan.

Maranatha ingang
Veilige ingang om oornag besoekers te beskerm
 

Bedelaars

 

Betrokke by opspoor van families of hulp met vervoer na plekke waar hulle weet hulle werk kan kry, vir die wat gehelp wil word. Siyakathala, die oornag plek, is tot hulle beskiking waar hulle kan stort, eet en in ‘n skoon bed slaap. Kaartijes vir oornag verblyf by Siyakathala beloop slegs R10

 

Bosslapers

Meeste van die bosslapers by Noordhoek is ontruim en terug in samelewing.Tans besig met ‘n nuwe werksverskaffing projek deur hulp te verleen aan hulle om vuurmaakhout verspreidings besigheid te begin.

 
Bosslaper
Kinders blyplek
Hier het vir 18 maande 'n familie met drie kinders gebly.  Die kinders is gehelp om terug te gaan skool toe en die oudste word drie jaar later onder-hoofseun!
Danie & Ulrich
Danie en Ulrich lewer hout vir Spar. 
 

Gemeentehulp

 

Sporadies word kospakkies aan gesinne in die omgewing verskaf wat nie kos het nie.

 
Raak betrokke!  Kontak die Kerkkantoor.