|
17 Februarie 2012
Posted in
Gebed -
Gebedsriglyne
Sondag:
Gerrit en Sonja Brink. Dank die Here dat die operasie agter die rug is. Bid vir sy volkome herstel en krag om weer met sy werk voort te gaan.
Maandag:
'n Nuwe week lê voor. Sê vir die Here dankie dat jy God se handewerk is en dat Hy ons in ons verhouding met Hom so gemaak het dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.
Dinsdag:
Bid dat die Gees van die Here ons gemeente sal inspireer om uit liefde te leef en te dien omdat ons Sy kinders is wat Hy so liefgehad het dat Hy sy lewe vir ons opgeoffer het.
Woensdag:
Vandag is dit Aswoensdag, die begin van Lydenstyd. Bely jou sonde en dank Jesus vir sy vergifnis.
Donderdag:
Dank die Here vir geleenthede soos die Bybelskool, Sel- en Bybelstudiegroepe en Dissipelskapbediening waar lidmate kan groei in hulle verhouding met Christus. Bid dat onbetrokke lidmate sal inskakel.
Vrydag:
Bid vir ds Rethie se voorbereiding vir die erediens waar die jongmense belydenis van geloof gaan aflê. Dat dit vir hulle 'n geestelike hoogtepunt in hulle lewe sal wees en hulle verantwoordelikheid as lidmaat van die gemeente sal aanvaar.
Saterdag:
Bid vir seën op die Vriendskapsevangelisasie by Vistarus.
| < Vorige | Volgende > |
|---|






