Posted in Gebed - Geestelike Gewoontes
Daar is ‘n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is ‘n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is ‘n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. Aan elkeen afsonderlik word ‘n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. 1 Kor 12:4-7
- Bid dat die leraars daagliks vir God sal ontmoet en met hom verbind sal bly. Bid dat hulle wysheid sal hê om te lei en te versorg.
- Bid dat God vir sy mense visie sal gee om te aanbid, groei en dien.
- Bid dat God se gasvrye Gees individue en spanne met harte om uit te reik na ander met God se liefde, sal vorm.
- Bid vir rentmeesterskap van die tyd, geld en bronne wat God vir die gemeente gegee het.
- Bid vir deursettingsvermoë om te groei en dien in plaaslike en internasionale bedieninge.
- Wat dink jy is Christus se begeerte vir ons gemeente? Bid vanuit daardie begeerte.
| < Vorige | Volgende > |
|---|






