header4.jpg

Nuusflitse

My Man het Dementia

Christine Veldsman het 'n aangrypende boek geskryf oor dementia, vanuit haar eie persoonlike belewenis daarvan.  Lees meer ...

Bestel by 041 583 3341.

AANDDIENS:  PREKE

Jy kan ons aanddienste se preke aflaai by www.klema.co.za of deur hier te klik.

BIDDEND LUISTER

As jy onderneem om elke week 'n uur opsy te sit om vir ons gemeente te bid en graag die gebedsriglyne wil ontvang, kontak ds Rethie by rethie@global.co.za vir Biddend Luister, of gee jou naam in by Liésl by die kerkkantoor of laai dit hier af.

Somerstrand Blog

Lewende Hawe
gesprekke in, met en oor die NG Kerk Somerstrand

Bybelskool

Bybelskool
Die Woord is 'n huis om in te woon
109820
VandagVandag217
GisterGister280
Hierdie weekHierdie week1556
Hierdie maandHierdie maand1003
TotaalTotaal109820

Aantal Besoekers

Haloweb

Kleingroepe

Kleingroepe - Materiaal

AddThis Social Bookmark Button

Lees 1 Konings 21

Luister na die teksgedeelte - wat tref jou?

  • Watter woord of frase het vir jou uitgestaan?
  • Waar het jou gedagtes vasgehaak?
  • Deel dit met mekaar.
  • Wat leer die gedeelte julle oor omgee in ‘n wêreld waar daar ongeregtigheid is?

Luister na die konteks - waar is ons?

  • Wat is die konteks van die verhaal? (Geografies, polities, sosiaal, maatskaplik, ekonomies)
  • Wat doen dit aan mense in die teksgedeelte - hoe reageer hulle daarop?
  • Wat is ons konteks?  (Geografies, polities, sosiaal, maatskaplik,     ekonomies)
  • Wat doen dit aan ons - hoe reageer ons daarop?
  • Watter raakpunte en verskille is daar tussen hulle konteks en ons eie?

Luister na God - wat doen God?

  • Waar is God in die verhaal besig om te werk?
  • Wat is God se goeie nuus (= evangelie) in die verhaal?
  • Hoe help die gedeelte jou om God se werk beter te verstaan?
  • Waar is God in ons konteks besig om te werk?
  • Wat is God se goeie nuus (= evangelie) vir ons konteks?
  • Hoe roep God jou om betrokke te raak by wat Hy doen in ons konteks?

Kleingroepe - Materiaal

AddThis Social Bookmark Button

RUS EN ONTVANG

  • Dink na oor jou kontak met mense die laaste week.
    • Waar het iemand iets kleins vir jou beteken wat ’n verskil in jou lewe gemaak het?
    • Waar kon jy iets kleins vir iemand doen wat ’n verskil in hulle lewe gemaak het?
  • Vertel dit vir mekaar en dank die Here vir wat Hy deur mense vir jou en deur jou vir ander beteken het.

HOOR EN ONTGIN

  • Lees die verhaal van die dogtertjie en Naäman in 2 Konings 5.
  • Sê vir mekaar wat die teks by jou wakker gemaak het.
    • Dit is belangrik dat mense kans kry om te deel wat hulle self gehoor het.
    • Ons val mekaar dus nie in die rede of kritiseer mekaar nie.
    • Julle kan “ eggo” wat julle gehoor het, deur kortliks op te som wat julle by mekaar gehoor het.
  • Hoe inspireer die verhaal jou?
  • Wat leer die teks vir jou oor dankbaarheid en erkentlikheid?

LEEF EN ONTPLOOI

  • Dink nou weer na oor jou kontak met mense die afgelope tyd.  Wat dink jy is God besig om deur die kontakte met jou te laat gebeur?
  • Wat is jy besig om te leer wat jy beter sou wou doen?
  • Na wie toe stuur die Here jou weer terug?
  • Sluit af met 'n gebed.
  • Onthou om die geestelike gewoonte van dankbaarheid en erkentlikheid te beoefen.  Voorstelle hier.

Kleingroepe - Materiaal

AddThis Social Bookmark Button

KLEINGROEP-MATERIAAL

Lees 1 Konings 17 en 18

 Luister na die teksgedeelte – wat tref jou?

•             Watter woord of frase het vir jou uitgestaan?

•             Waar het jou gedagtes gestop?

•             Deel dit met mekaar.

Luister na die konteks – waar is ons?

•             Wat is die konteks van die verhaal?  (Geografies, polities, sosiaal, maatskaplik, ekonomies)

•             Wat doen dit aan mense in die teksgedeelte – hoe reageer hulle daarop?

•             Wat is ons konteks?  (Geografies, polities, sosiaal, maatskaplik, ekonomies)

•             Wat doen dit aan ons – en hoe reageer ons daarop?

•             Watter raakpunte en verskille is daar tussen daardie konteks en ons eie?

Luister na God – wat doen God?

•             Waar is God in die verhaal besig om te werk?

•             Wat is God se goeie nuus in (= evangelie) in die verhaal?

•             Hoe roep God mense daar om betrokke te raak by wat Hy doen?

•             Hoe help die gedeelte jou om God se werk beter te verstaan?

•             Waar is God in ons konteks besig om te werk?

•             Wat is God se goeie nuus (= evangelie) vir ons konteks?

•             Hoe roep God mense om betrokke te raak by wat Hy doen in ons konteks?

Kleingroepe - Materiaal

AddThis Social Bookmark Button

Rus

  • Sit gemaklik.  Ontspan.  Konsentreer op jou asemhaling.
  • Dink na oor die afgelope 24 uur.  Wat het gebeur waarvoor jy dankbaar is?  Dank God daarvoor.
  • Wat het gebeur wat vir jou sleg was of jou seergemaak het?  Gee dit vir God oor.
  • Wees stil.  Konsentreer weer op jou asemhaling.  Wag op God, die “fluistering in die windstilte”.

Hoor

Lees 1 Konings 19
  • Dink na:  Wat in die teks tref jou, roer jou hart of verontrus jou? 
  • Gesels saam oor wat julle opval en aanspreek in die lees van die teks.
  • Hoekom brand mense vandag so maklik uit?  Beleef julle ook die gejaagdheid van die lewe?
  • Wat leer hierdie teks ons daaroor om “tot verhaal te kom”?

Leef

  • Hoe help die dissipline van Sabbat ons om tot verhaal te kom?
  • Hoe kan jy rus in jou lewe inbou?
  • Waartoe roep God jou nou?  
  • Besluit op ‘n gepaste reaksie op God en dra mekaar aan die Here op.

Kleingroepe - Materiaal

AddThis Social Bookmark Button

Lees 2 KRONIEKE 16

Luister na die teksgedeelte – wat tref jou?

  • Watter woord of frase het vir jou uitgestaan?
  • Waar het jou gedagtes gestop?
  • Deel dit met mekaar.
  • Wat leer die gedeelte julle oor vertroue/toerekenbaarheid?

Luister na die konteks – waar is ons?

  • Wat is die konteks van die verhaal? – geografies, polities, sosiaal, maatskaplik, ekonomies
  • Wat doen dit aan mense in die teksgedeelte – en hoe reageer hulle daarop?
  • Wat is ons konteks? – geografies, polities, sosiaal, maatskaplik, ekonomies
  • Wat doen dit aan ons – en hoe reageer ons daarop?
  • Watter raakpunte en verskille is daar tussen hulle konteks en ons eie?

Luister na God – wat doen God?

  • Waar is God in die verhaal besig om te werk?
  • Wat is God se goeie nuus in die verhaal (= evangelie)?
  • Hoe help die gedeelte jou om God se werk beter te verstaan?
  • Waar is God in ons konteks besig om te werk?
  • Wat is God se goeie nuus vir ons konteks (= evangelie)?
  • Hoe roep God jou om betrokke te raak by wat Hy doen in ons konteks?


Besoek ons webwerf:
Webtuiste: preke, hulpmiddels, inligting
Blog: gesprek
Dagstukkies: Tessalonisense en Korintiërs
E-pos