header10.jpg

Nuusflitse

My Man het Dementia

Christine Veldsman het 'n aangrypende boek geskryf oor dementia, vanuit haar eie persoonlike belewenis daarvan.  Lees meer ...

Bestel by 041 583 3341.

AANDDIENS:  PREKE

Jy kan ons aanddienste se preke aflaai by www.klema.co.za of deur hier te klik.

BIDDEND LUISTER

As jy onderneem om elke week 'n uur opsy te sit om vir ons gemeente te bid en graag die gebedsriglyne wil ontvang, kontak ds Rethie by rethie@global.co.za vir Biddend Luister, of gee jou naam in by Liésl by die kerkkantoor of laai dit hier af.

Somerstrand Blog

Lewende Hawe
gesprekke in, met en oor die NG Kerk Somerstrand

Bybelskool

Bybelskool
Die Woord is 'n huis om in te woon
Haloweb

Gemeentestories

AddThis Social Bookmark Button

Gemeentestories - Lidmaat inisiatiewe

AddThis Social Bookmark Button

Die storie van die begin van die nuwe hoërskool (Global Leadership Academy) op Jeffreysbaai

Op Jeffreysbaai is daar verskeie Christen organisasies werksaam, en hulle vorm ‘n duidelike netwerk, wat soms met mekaar skakel, en soms deur hulle lede kontak hou. Ons is betrokke by ‘n organisasie genaamd Global Challenge Expeditions (GCEX), wat hulle dit ten doel stel om jongmense op reise oral oor die wêreld te stuur om te gaan diens lewer.

2 jaar gelede het ons begin dink oor die aanwending van die jongmense wat terugkom, en wat sê dat hulle graag by iets wat buite die gewone lê, betrokke wil wees. Omdat meeste opleiding het, het die gedagte van ‘n skool na vore gekom. Van toe af is daar baie gepraat, gebid, opsies van akkommodasie en finansiering ondersoek. In Augustus verlede jaar was die gevoel dat ons van die Here ‘n mandaat moes kry, en het so 20 van ons ‘n retraite gehou om die wil van die Here te soek, en daarna was die algemene gevoel positief.

Een persoon sien daarna die Equinox Mall wat net 50% beset is, en gaan praat met die agent. Heeltyd bly ons in kontak met mekaar, gaan kyk en gesels. Hulle bied toe vir ons die middelste deel van die Mall aan teen ‘n baie billike huur. ‘n Ontwikkelaar van Rustenburg laat weet dat hy die huur sal borg. Een van ons groep bly egter sê dat die deel wat ons kan kry, nie goed genoeg is nie, en sit haar kop op ‘n ander deel, waarin die winkels voltooid is. Die agent sê daar is geen kans dat die eienaars dit vir ons sal gee nie.

Dis begin Oktober, en een persoon moet bedank uit haar bestaande betrekking, sonder dat daar enigiets op die tafel is. Die geld wat die ontwikkelaar vir die huur geborg het, maak dit vir haar makliker om die stap te neem, omdat sy dit sien as bevestiging van die Here. Deur Oktober en die grootste deel van November loop niks reg nie, kom daar geen werklike deurbrake nie. Intussen moet ons oueraande hou, en mense oortuig dat dit ‘n goeie opsie gaan wees om hulle kind aan ons toe te vertrou. Ons sê vir mekaar dat dit die moeilikste geloofstog is wat ons nog ervaar het.

Ons begin die skool bemark, en spandeer baie geld, sonder dat daar iets tasbaars op die tafel is. Op die 25ste November bereik ons ‘n doodloopstraat met die agent van die Mall, en voel ons ons weer by ‘square 1'. In hierdie vergadering is daar ‘n verteenwoordiger van die eienaars, ‘n christen, en ons ervaar ‘n openheid by haar vir ons.  Die volgende dag bel die agent ons en sê dat ons elf winkels (waarvoor daar geen verbouings nodig is nie, net die teëls en die plafonne, wat hulle sal doen in Desember!), vir nog steeds dieselfde huur kan kry (wat ‘n ontwikkelaar vir ons sê, omtrent 10% van die huurwaarde verteenwoordig). Dis presies die gedeelte wat die een persoon die hele tyd oor gepraat het, gebid en gevas het (‘against all odds!'). Ons ervaar die vreugde van mense wat deur ‘n toetstyd, ‘n absolute wonderwerk beleef; ons sê vir mekaar hoe ons die geloofslewe in ‘n totaal ander dimensie beleef.

Deur Desember werk ons hard. Vyftien van die GCEX jongmense bied hulself aan as onderwysers teen ‘n salaris wat wissel tussen R3000,00 en R5000,00 per maand. Baie dinge moet in plek kom soos die afhandeling van onderhandelinge met die Departement van Onderwys en met die Stadsraad van Jeffreysbaai, die opstel van die skoolbeleid en -kurrikulum, skoolrooster, boeke, meubels, inskrywing van kinders, inrigting van klaskamers, en veral, gesprekke met ouers.

Op die 13de Januarie open die skool met 82 kinders en 16 onderwysers, met omtrent 300 mense wat opdaag om die wonderwerk eerstehands te aanskou! Ons staan verslae en verwonderd oor die ongelooflike goedheid, getrouheid en almag van die Here.

Johann McFarlane