|
# |
Web Skakel |
Treffers |
|
1 |
Padlangs met gemeentes - Frederick Marais blog Die bedoeling met die blog is om met wie ookal wil in gesprek te tree oor my ervarings met gemeentes soos wat hulle oor my pad kom. Dikwels sal daar meer vrae wees as antwoorde maar met die bedoeling om gesprek aan die gang te sit.
Ek vermoed dit sal meestal verwonderinge wees oor wat in gemeentes so onder ons neuse gebeur. Na ‘n dekade se intensiewe werk met gemeentes as fasiliteerder, let wel nie konsultant nie daarvoor weet ek eenvoudig te min, is ek meer as te vore gefasineer deur wat in gemeentes gebeur. Ek bly eenvoudig byna daagliks verras ten diepste oor hoe die Here deur sy Woord en Gees mense inspireer om selfloos te lewe, ‘n tweede myl te loop, dieper te luister as die eerste keer, op te offer al is daar geen ooglopende dividende nie, alles dinge wat ek in my eie lewe moeilik vind om te doen.
Met padlangs bedoel ek ook dat dit op die grond eerste gedagtes gaan wees van wat ek ervaar, gelees het, oor wonder en my verwonder.
Ek hoop daar sal van julle wees wat lus het om te deel in hierdie padlangse gesprek en dit sal aanvul met julle eie verwonderinge en vrese. Ek sien baie uit na julle opmerkings
Frederick Marais
|
818 |
|
2 |
Preekstudies - Chris Jones blog Chris Jones begin in sy Blog - Preekstudies - 'n gesprek oor die leesrooster tekse om 'n weeklikse interaksie tussen leraars te stimuleer.
|
785 |
|
3 |
Begelei mekaar - Pierre Goosen blog Pierre Goosen maak op sy Blog - Begelei mekaar - nuwe wêrelde oop vir die persoons- en roepingsontwikkeling van predikante.
|
870 |
|
4 |
Na-gedagtes - Coenie Burger blog Coenie Burger deel weekliks sy Na-gedagtes oor die bediening en die kerk, oor God en ons roeping saam met 'n paar ander skrywers.
|
580 |
|
5 |
Positiewe Ouerskap - Alta Marais se blog In hierdie blog beantwoord Alta Marais, bekende aanbieder van die Positiewe Ouerskap kursus, vrae wat ouers aan haar vra oor ouerskap. Ouers kan hier kommentaar daarop lewer en vertel hoe hulle die beginsels van positiewe deelnemende ouerskap in hulle gesin toepas. Vra ook hier julle vrae ingesluit in julle kommentaar!
|
852 |
|
6 |
Gebed - nagedink oor gebed en spiritualiteit - Quintus Heine se blog Neem hier deel aan ’n openhartige gesprek oor gebed en spiritualiteit. Deel met ons jou ervarings van die kragtige werking van gebed.
|
559 |