Lidmate
|
19 April 2011
Posted in
Getuienis -
Lidmate
Dis so rustig as wat net ‘n Sondagmiddag kan wees. Vroulief sit met ‘n boek in haar gemakstoel, die radio speel saggies in die agtergrond, ‘n gospel program. Buite is die son besig om water te trek en met sy laaste strale verf hy die reuse kapokboom se pienk blomme nog pienker en verander hy die groene van die jakarandas, silwer eike, koorsbome en sitrusbome in ‘n sagte kombers wat hom gereed maak vir die nag. Die koffietjie langs my kry so af en toe aandag, terwyl my gedagtes terug versit na die gebeure van die oggend.
Die gemeente het vanoggend sy Lydens- en Paassangdiens gehou ,en die tema was die “Ek is ...” leringe van Jesus.
Lees meer... Lewer kommentaar






