Archive for May, 2011

FAMILIEDIENS: Verskeidenheid of geskeidenheid (Frik Buys)

Written by Rethie on May 31st, 2011. Posted in Eredienste, Gesprekke

n Sondagoggend is een van daardie oggende waar alles so n uur later begin gebeur. Instede van agtuur gebeur dinge eers nege-uur. In die winter dus so n lekker rustige uurtjie voor dat die aksie volg van gereedmaak om kerk toe te gaan. n Nederlandse  professor het in sy wysheid n boek geskryf  met die titel: “Dertien redes waarom  ik na de  kerk sal gaat” . Verbasend was die eerste rede heeltemal anders as wat ek gedink het. Nie die woordverkondiging of gemeenskaplike samesein of lering of verootmoediging en noem dit maar op, maar skryf hy : “Dat is een goeie gewoonte “ Dis alleen wanneer jy in die kerk is wat jy God se teenwoordigheid op n besondere manier sal  en kan ervaar. MAAR en dis belangrik jy moet daar wees.

So maak ek en vroulief dan ook gereed om kerk toe te gaan . Ons is verbaas oor die hoeveelheid mense en kry nie eers  ons gewone sitplek nie. So sit ons byna heelagter met n goeie uitsig oor die gemeente. Ons word bewus van dat dit n familiediens is. Die liturgiese orde wys dat daar  kindertjies gedoop gaan word. Ek merk dat die orrel onoopgemaak staan en dat die liedere aanduiding uit Vlam en Vonk bestaan. Die gemeente groet is baie bedrywiger as normaalweg en kon vir sekere lidmate aan raserig grens wat inbreek kon maak op hulle gewyde voorgang tot die erediens.

En toe gebeur dit. Die eerste lied en die luide vooraf orkesmusiek laat van die ouergarde na hulle bybels en bybehore gryp en die kerk verlaat. Een van die heel oues in die gemeente so skuinslinks voor my se kop het so vir n oomblik gesak asof n groot gewig haar afdruk voordat sy uitstap. Ek is vir n oomblik ontsteld  oor die reaksie  ek saam daarmee ken ek  ook nie die lied met sy dawerende ritme nie. Ek voel half vreemd in my eie gemeente  toe my oog iets vang wat in die paaidjie regsvoor gebeur.

n Seuntjie van so ongeveer vierjaar se gesiggie straal van vreugde terwyl hy na sy ma opkyk en terselfdetyd met sy regtervoet absoluut ritme hou op die maat van die musiek. Ek trek vir vroulief nader om vir haar te wys en die lidmate nuskierig  soos wat ons maar is sien waarna ons kyk en n wonderlike gemeensaamheid trek lang die paadjie af terwyl die mannetjie homself oorgee aan die musiek.

Kerk toe gaan en ons Godsdiensbelewing in die kerk tydens die erediens is n baie  ernstige en ook n  emosionele saak,

Die doop is n belewenis . n Seuntjie en n dogtertjie en n propvol liturgiese ruimte van meelewende ouers, grootouers , famllie en vriende word saam met die gemeente gemeensaam voor God saam gebind.

Die prediking beklemtoon Jesus se gebed dat Sy kinders saamgebind, gemeensaam sal wees in Sy liefde tot God en tot mekaar. Met n eenvoudige beeld van lekkergoed word die verskeidenheid van smake gebruik vir dieselfde  soort lekker om aan te toon dat verkillrnde voorkeure vir n lekker bestaan   sonder dat die lekker  weggegooi word. Almal eet van die lekkers maar met n bepaalde voorkeur.  Wie se smaak is die regte smaak. Die verskeidenheid van smake bring nie n geskeidenheid in die eet van lekkers mee nie.

Ingedagtehoudend  dat die voorgaande  n baie vereenvoudigde voorbeeld vir n baie komplekse probleem van erediensbelewing is bring dit tog een duidelik gemeensaamheid navore. Almal hou van lekkers maar met verskillende voorkeure.

In die geloofsbelewing is die liefde van en vir God en sy skepsels die gemeensaamheid. Hoe elkeen van ons dit doen behoort nie ons gemeenskaplike  liefde vir God te beinvloed nie en moet ons as gelowiges ruimte skep vir die verskeidenheid .

Die hoof fokus in die erediens bly die woordverkondiging. Tog is die diens nie volledig sonder gebed musiek en lied nie en dis juis hierdie bykomstighede “voorkeur smake “ wat  n probleem kan skep as ons nie in liefde en verdraagsaamheid met mekaar daarin omgaan nie.

Van die bykomstighede “voorkeure “ wat spanning kan meebring is die volgende: orrelmusiek of orkesmusiek ? Vonk of Vlam teenoor die bekende liedboek. Informele omgaan met die Woord van agter die kateder of formeel van die preekstoel.

Ons leef in n wëreld van verandering en dis onvermydelik dat die kerk en so ook ons gemeente dit sal vryspring. Verandering is in die reel  die onderbou vir groei en oorlewing. Die vraag is hoe bestuur ons dit.  Dit is jou en my gemeente. Ek nooi jou om individueel en kollektief gedryf deur die liefde van Christus te help werk aan n oplossing om jonk en oud saam te laat aanbid. Niemand behoort die erediens te verlaat, tespyte van ons gebroke menswees nie

n Klein seuntjie beleef met vreugde die gebeure in die erediens, terwyl  van ons ouer lidmate   uitstap. Beide moet saam kan aanbid . Bid saam vir wysheid om tot n metode te kom om oud en jonk vanwee hulle gemeensaamheid in die liefde van God en tenspyte van ons  verskeidenheid geskeidenheid te  voorkom.

Dankie dat ek my gedagtes met jou kon deel

Vrede en vreugde

Frik