Author Archive

FAMILIEDIENS: Verskeidenheid of geskeidenheid (Frik Buys)

Written by Rethie on May 31st, 2011. Posted in Eredienste, Gesprekke

n Sondagoggend is een van daardie oggende waar alles so n uur later begin gebeur. Instede van agtuur gebeur dinge eers nege-uur. In die winter dus so n lekker rustige uurtjie voor dat die aksie volg van gereedmaak om kerk toe te gaan. n Nederlandse  professor het in sy wysheid n boek geskryf  met die titel: “Dertien redes waarom  ik na de  kerk sal gaat” . Verbasend was die eerste rede heeltemal anders as wat ek gedink het. Nie die woordverkondiging of gemeenskaplike samesein of lering of verootmoediging en noem dit maar op, maar skryf hy : “Dat is een goeie gewoonte “ Dis alleen wanneer jy in die kerk is wat jy God se teenwoordigheid op n besondere manier sal  en kan ervaar. MAAR en dis belangrik jy moet daar wees.

So maak ek en vroulief dan ook gereed om kerk toe te gaan . Ons is verbaas oor die hoeveelheid mense en kry nie eers  ons gewone sitplek nie. So sit ons byna heelagter met n goeie uitsig oor die gemeente. Ons word bewus van dat dit n familiediens is. Die liturgiese orde wys dat daar  kindertjies gedoop gaan word. Ek merk dat die orrel onoopgemaak staan en dat die liedere aanduiding uit Vlam en Vonk bestaan. Die gemeente groet is baie bedrywiger as normaalweg en kon vir sekere lidmate aan raserig grens wat inbreek kon maak op hulle gewyde voorgang tot die erediens.

En toe gebeur dit. Die eerste lied en die luide vooraf orkesmusiek laat van die ouergarde na hulle bybels en bybehore gryp en die kerk verlaat. Een van die heel oues in die gemeente so skuinslinks voor my se kop het so vir n oomblik gesak asof n groot gewig haar afdruk voordat sy uitstap. Ek is vir n oomblik ontsteld  oor die reaksie  ek saam daarmee ken ek  ook nie die lied met sy dawerende ritme nie. Ek voel half vreemd in my eie gemeente  toe my oog iets vang wat in die paaidjie regsvoor gebeur.

n Seuntjie van so ongeveer vierjaar se gesiggie straal van vreugde terwyl hy na sy ma opkyk en terselfdetyd met sy regtervoet absoluut ritme hou op die maat van die musiek. Ek trek vir vroulief nader om vir haar te wys en die lidmate nuskierig  soos wat ons maar is sien waarna ons kyk en n wonderlike gemeensaamheid trek lang die paadjie af terwyl die mannetjie homself oorgee aan die musiek.

Kerk toe gaan en ons Godsdiensbelewing in die kerk tydens die erediens is n baie  ernstige en ook n  emosionele saak,

Die doop is n belewenis . n Seuntjie en n dogtertjie en n propvol liturgiese ruimte van meelewende ouers, grootouers , famllie en vriende word saam met die gemeente gemeensaam voor God saam gebind.

Die prediking beklemtoon Jesus se gebed dat Sy kinders saamgebind, gemeensaam sal wees in Sy liefde tot God en tot mekaar. Met n eenvoudige beeld van lekkergoed word die verskeidenheid van smake gebruik vir dieselfde  soort lekker om aan te toon dat verkillrnde voorkeure vir n lekker bestaan   sonder dat die lekker  weggegooi word. Almal eet van die lekkers maar met n bepaalde voorkeur.  Wie se smaak is die regte smaak. Die verskeidenheid van smake bring nie n geskeidenheid in die eet van lekkers mee nie.

Ingedagtehoudend  dat die voorgaande  n baie vereenvoudigde voorbeeld vir n baie komplekse probleem van erediensbelewing is bring dit tog een duidelik gemeensaamheid navore. Almal hou van lekkers maar met verskillende voorkeure.

In die geloofsbelewing is die liefde van en vir God en sy skepsels die gemeensaamheid. Hoe elkeen van ons dit doen behoort nie ons gemeenskaplike  liefde vir God te beinvloed nie en moet ons as gelowiges ruimte skep vir die verskeidenheid .

Die hoof fokus in die erediens bly die woordverkondiging. Tog is die diens nie volledig sonder gebed musiek en lied nie en dis juis hierdie bykomstighede “voorkeur smake “ wat  n probleem kan skep as ons nie in liefde en verdraagsaamheid met mekaar daarin omgaan nie.

Van die bykomstighede “voorkeure “ wat spanning kan meebring is die volgende: orrelmusiek of orkesmusiek ? Vonk of Vlam teenoor die bekende liedboek. Informele omgaan met die Woord van agter die kateder of formeel van die preekstoel.

Ons leef in n wëreld van verandering en dis onvermydelik dat die kerk en so ook ons gemeente dit sal vryspring. Verandering is in die reel  die onderbou vir groei en oorlewing. Die vraag is hoe bestuur ons dit.  Dit is jou en my gemeente. Ek nooi jou om individueel en kollektief gedryf deur die liefde van Christus te help werk aan n oplossing om jonk en oud saam te laat aanbid. Niemand behoort die erediens te verlaat, tespyte van ons gebroke menswees nie

n Klein seuntjie beleef met vreugde die gebeure in die erediens, terwyl  van ons ouer lidmate   uitstap. Beide moet saam kan aanbid . Bid saam vir wysheid om tot n metode te kom om oud en jonk vanwee hulle gemeensaamheid in die liefde van God en tenspyte van ons  verskeidenheid geskeidenheid te  voorkom.

Dankie dat ek my gedagtes met jou kon deel

Vrede en vreugde

Frik

Leef Waarderend

Written by Rethie on November 28th, 2010. Posted in Eredienste, Gesprekke, Preke

Al 4 die evangelies vertel die verhaal van ‘n vrou wat Jesus gesalf het:  Markus 14:3-9; Matt 26:6-13; Lukas 7:36-50; Joh 12:1-8.  Die Evangelie-skrywers het soms van dieselfde mondelinge en geskrewe bronne gebruik gemaak, ander kere weer nie.  Hulle het ook elkeen verskillende teikengehore en doelwitte in gedagte gehad.  Daarom verskil die besonderhede van die vier weergawes so dat sommige wonder of hulle na dieselfde insident verwys!  In 2 gevalle word Jesus se kop gesalf (Mark & Matt) en in die ander twee sy voete (Luk & Joh).  By Markus en Matteus speel die toneel af “in Betanië in die huis van Simon die melaatse.” By Lukas gebeur dit aan huis van Simon, “een van die Fariseërs”.  Johannes sê net dat dit in Betanië was en dat Marta, Maria en Lasarus teenwoordig was.  Almal behalwe Johannes beskryf die vrou wat Jesus gesalf het, bloot as “’n vrou” (sonder ‘n naam.)  Net Lukas beskryf haar as ‘n vrou “wat ‘n sondige lewe gelei het”.  (Dalk is dit hier waar die skinderstories wat sommige mense vandag oor Maria glo, vandaan kom?)  Johannes is die enigste wat sê dit was Maria.  In drie gevalle (behalwe Lukas) word daar met verontwaardiging op die vrou se optrede gereageer – deur onderskeidelik die dissipels, omstanders en Judas.

(Verwys “Moed om Mens te Wees” – Elna Mouton e.a.)

Leef Vrygewig

Written by Rethie on November 7th, 2010. Posted in Uncategorized

Self-ontlediging – kenosis - is die teenoorgestelde van selfhandhawing en selfvervulling.  Dit is ‘n gesindheid om ter wille van ander, of in die plek van ander, te gaan staan en leef – soos wat Christus mens geword het, slaaf geword het en in ons plek gesterf het, om só ‘n nuwe gemeenskap met God moontlik te maak.

Die aard van die gemeenskap binne die Drie-eenheid is dié van ontlediging. Die Vader gee (offer) die Seun, die Seun gee (stuur) die Gees, die Gees gee gawes aan die kerk om ‘n inklusiewe  gemeenskap van self-ontlediging te wees. Gasvryheid teenoor die vreemdeling is daarom wesenlik tot die geloofsgemeenskap. (Frederick Marais)

We must relinquish die social status that belongs to our past: the comfortable relationships with ruling classes; the continuous confirmation of accepted social values and norms by means of which we sustain those relationships; the espousal of “charities” that ease our guilty consciences while allowing us to maintain neutrality with respect to the social structures that make such “charities” necessary; the silent acceptance of racial, sexual, gender and economic injustices, or their trivialization through tokenism; the failure to probe die depths of human and creaturely pathos by confining sin to petty immorality or doctrinal refinements drawn from die past, and so on.  We must disengage from the dominant culture. This is the necessary precondition for a meaningful engagement of that same dominant culture or society. (Douglas Hall)

Leef Bedagsaam

Written by Rethie on October 24th, 2010. Posted in Uncategorized

Salvation is a meal.  Salvation is sitting at the table of the Lord, with the risen Christ as our host.  But if salvation is a meal – and if this meal is marked by God’s own koinonia – and if there is more than enough to go around – and if our host is himself the one who ate with tax collectors, prostitutes and sinners – what else is there to do but to go out and invite others to this extra-ordinary meal! -Brad East

Eugene  Peterson, skrywer van The Message vertaling van die Bybel, skryf in sy boek Living the Resurrection oor Resurrection Meals:

The common meal is probably the primary way by which we take care of our physical need for food and our social need for conversation and intimacy and our cultural need to carry on traditions and convey values.  The meal – preparation, serving, eating, cleaning up – has always been a microcosm of the intricate realities that combine to make up even the       simplest life of men, women and children.  Because it is so inclusive (anyone and everyone is included in the meal) and because it is so comprehensive (taking in the entire range of our existence – physical, social, cultural), the meal provides an endless supply of metaphors for virtually everything we do as human beings.  These metaphors nearly always suggest something deeply personal and communal – giving and receiving, knowing and being know (“taste and see that the Lord is good”), accepting and being accepted, bounty and generosity (“land flowing with milk and honey”).

Gasvryheid en armoede

Written by Rethie on October 19th, 2010. Posted in Bybel, Eredienste, Gesprekke

Jy kan ‘n aangrypende artikel genaamd “Creating Space: Hospitality as a metaphor for mission” hier gaan lees. Die artikel praat oor:

  • Gasvryheid as verwelkoming van die gas en vreemdeling.
  • Gasvryheid as raaksien van ander
  • Gasvryheid vanuit die kantlyne.
  • Gasvryheid as ruimte skep.

N.a.v. die gesprek elders op die blog oor die verband tussen gasvryheid en armoede, haal ek die derde deel van die artikel hier redelik volledig aan:

Hospitality from the Margins

Pohl contends that the “periods in church history when hospitality has been most vibrantly practised have been times when the hosts were themselves marginal to their larger society.” This may be because they were a persecuted minority, hidden away in convents, or poorer sectors of society such as the early Methodists. The Israelites knew what it meant to be marginal – they were strangers and sojourners utterly dependent on God. So should we be, as resident aliens. But for most of us, in the West at least, this is not the case as we are among the wealthy and powerful. Somehow wealth and status seem to be counter-intuitive to offering hospitality. In a slightly different vein + John V Taylor reflects on this in a sermon entitled “Strangers with Camels.” He notes how Jesus came to his own people who were mostly “poor and unlearned” and that it was amazingly good news that God had more in common with “the uncomplicated, the humble and the generous than with the proud and self-satisfied.” This is where the Son of God feels most truly at home. But the rich rulers of the earth, symbolised by the magi, may come to Him also – they just have further to travel than the shepherds. “…it is a long hard way to those who have grown used to doing anything they want in the world from their huge resources of tradition, knowledge, wealth and power. They have so much more to leave behind. Yet the journey can be made.” It is the same with hospitality. Somehow it is harder for the wealthy and powerful to offer hospitality – we can do it, of course, but perhaps we have further to travel.

Poverty may be a good place to start with hospitality. Poverty of heart and mind creates space for the other. Poverty makes a good host – poverty of mind, heart and even resources where one is not constrained by one’s possessions but is able to freely give. Hospitality from the margins reminds us of the paradoxical power of vulnerability and the importance of compassion. … To make oneself vulnerable reminds us that both hospitality and engagement in mission require authentic compassion and genuine love. Somehow these are more freely expressed and experienced from a context of poverty – poverty both within and without. Poverty of heart and mind reminds us that we are the needy ones, that our hands were empty before God filled them, that we are in need of grace, forgiveness, healing and newness of life. Then genuine hospitality as well as genuine engagement in mission can begin as we realise our own emptiness and our own need for God. As we experience the divine welcome born out of divine compassion, so then we can share this grace and hospitality with others.

Leef Gasvry

Written by Rethie on October 10th, 2010. Posted in Eredienste, Gesprekke, Preke, Uncategorized

In die verhaal van die Emmaus-gangers word die verhaal van die sondeval (Genesis 3) omgekeer.  ‘n Egpaar, Kleopas en Maria (Joh. 19:25), se oë word oopgemaak.  Eerder as hul sonde, herken hulle vir Jesus.  (Die Grieks in Luk 24:31 is baie na aan die Griekse Ou Testament – Septuagint – se vertaling van Gen. 3:7.)

Christelike gasvryheid behels méér as die gesellige saamkuier waarin vriende en familie hulle harte en huise vir mekaar oopstel.  Dit is ook, en veral, gasvryheid aan vreemdelinge en vervreemdes.  Die Griekse woord wat die Nuwe Testament vir gasvryheid gebruik, is philoxenia.  Dit dui op “liefde vir die vreemdeling”.  Dit staan direk teenoor xenophobia. Christelike gasvryheid gaan dus nie net oor die verwelkoming van hulle wat “soos ons” is nie, maar oor die openheid vir hulle wat “anders as ons” is.  In die proses betree jy ‘n ander wêreld en só verbreed jy jou eie kyk op die lewe.  Gasvryheid vra ten diepste dat ons ons identiteit sal oopstel vir die ander en hulle andersheid;  dat ons sal raaksien dat die openheid vir die ander nie beteken dat ons ons eie identiteit prysgee nie, maar dit juis verruim.  (Robert Volsoo – Engele as Gaste)

In die Emmaus-verhaal word die gas die Gasheer.  En dié wat gysvryheid bewys, word die ontvangers.  Ware gasvryheid is om midde-in ons weerloosheid en afhanklikheid ook gas te wees, om te leer om te ontvang.  (Robert Vosloo – Engele as Gaste)

In ‘n artikel genaamd “Untamed Hospitality” skryf Elizabeth Newman:

Many in our culture equate hospitality with a generic friendliness.  The picture of God that sustains such hospitality, if there is one, is that God is a kind of therapeutic nice guy who asks only that we be nice too.

Sy bespreek dan verwronge beelde van gasvryheid en sê dat Christelike gasvryheid nié ‘n privaat praktyk is nie.  Dit is eerder ‘n openbare manier van saamwees wat alle lewensfere raak.   Sy herinner ons ook daaraan dat aanbidding ‘n vorm van gasvryheid is:

…worship itself is hospitality.  We do not gather ourselves; God gathers us; God invites us in.  More fully, we are brought by the power of the Holy Spirit into a worship already taking place in the life of God.  … Worship is the primary place where we learn to be guests and hosts in God’s Kingdom.

Sy bespreek ook gasvryheid as ekonomies en polities.  Gaan lees die volledige artikel hier.

Voorbeeld van vertroue

Written by Rethie on September 12th, 2010. Posted in Gesprekke

Die storie van Hiskia gaan oor vertroue:  op wie vertrou jy?  Hiskia was bekend as ‘n koning wat God vertrou het.  Die hoofadjudant van Assirië het egter die paleisamptenare gespot deur juis hul vertroue te bevraagteken: geen land, koning of God kan hulle help nie.  Maar Hiskia bly vertrou.  Al 11 verwysings na “vertroue” in Konings en Kronieke, verwys na Hiskia en sy vertroue in God.  Sy vertroue was sigbaar daarin dat hy getrou was aan die Here (18:6).  Hier staan letterlik dat hy God “aangekleef” (דּבק dâbaq) het – dieselfde woord wat in Gen. 2:24 gebruik word vir ‘n man wat saam met sy vrou leef.

Hiskia het geglo dat God Assirië sal straf (יכח  yâkach 19:4).  Dit is die eerste keer dat ons hierdie woord vir straf in die Bybel lees.  God neem egter Assirië se dreigement selfs ernstiger op as Hiskia.  God gebruik konsekwent die woord “belaster” (גּדף gâdaph 19:6,22).  Behalwe vir Hiskia se verhaal, word hierdie woord net nog  3 keer in die Bybel gebruik.

Om tot verhaal te kom in ‘n wêreld waar mense maklik uitbrand

Written by Rethie on August 15th, 2010. Posted in Eredienste, Gesprekke, Uncategorized

Ons leef almal onder ontsettende druk – soveel so dat mense maklik uitbrand.

God, wat ons geskape het, weet dat ons maklik kan uitbrand.  Daarom het hy vir ons die Sabbat gegee, sodat ons tot verhaal kan kom.

Adele Calhoun haal in haar boek vir Wayne Muller aan, wat sê:

Sabbath is not dependant upon our readiness to stop.  We do not stop when we are finished.  We do not stop when we complete our phone calls, finish our project, get through this stack of messages, or get out this report that is due tomorrow.  We stop because it is time to stop.

Deur die Sabbat heilig te hou, word ons verhoudings vernuwe.  Ons word geestelik en fisies vernuwe.  Dit is nie ‘n teken van luiheid of selfsug nie.  Dit is ‘n opdrag van God – en God self het op die sewende dag gerus!

Tog is Sabbat nie ‘n geestelike dissipline wat noodwendig meer vir ons soveel waarde het nie.  Ons sukkel om ‘n dag af te staan vir die Here, om tot verhaal te kom.

Dit is belangrik dat ons elkeen hierdie spesiale dag op ‘n gepaste manier vier: deur op God te fokus, doelbewus te rus, met die regte hoeveelheid mense en aktiwiteite om ons gewone roetine te breek en tot verhaal te kom.

Hoe vier jy die Sabbat?  Hoe kan ons hierdie dissipline weer deel maak van ons lewens?

Om om te gee in ‘n wêreld waar daar baie onderdrukking is

Written by Rethie on July 25th, 2010. Posted in Eredienste, Gesprekke, Preke

1 Konings 12

Through worship, prophetic word, and protest, we are called to expose oppressive social realities and insist:  It could be otherwise. – Walter Brueggemann

Die sentrale verhaal van die Bybel, is die Eksodus-narratief:  God verlos uit  slawerny.  Dis nie iets wat maklik gebeur nie, maar gaan gepaard met pyn en opoffering.  Tog bly dit ‘n deurlopende tema:  God gee om vir onderdruktes.  Daarom is Jesus se volgelinge mense wat omgee.  Ons sien onderdrukking raak.  Ons het empatie.  Ons weet dat liefde altyd hande en voete het.

In ‘n artikel genaamd “Entitled neighbors” skryf Brueggemann:

We mock the poor when we imagine that they are not present to us and we make them invisible. We mock the poor when we imagine they are not entitled (simply because they are among us). We mock the poor if we blame them for their status which is created by hidden power arrangements and unacknowledged social advantage. We mock the poor when we resist viable ways through which to share the well-being of society. We mock the poor, and they are helpless to retaliate (except, of course, in random acts of violence). We mock the poor … and God is unsettled … and the stakes are upped severely.

The counter to mocking the poor is to take the poor with economic seriousness as entitled neighbors, as legitimate members of the community who are not going to go away. It is God’s practice to notice the poor. It is God’s delight when God’s powerful and blessed also notice … and act accordingly.

Lees die res van die artikel hier.

As God ver is

Written by Rethie on September 11th, 2009. Posted in God

Lees die artikel “Luther and the Hidden God” hier.