FAMILIEDIENS: Verskeidenheid of geskeidenheid (Frik Buys)
n Sondagoggend is een van daardie oggende waar alles so n uur later begin gebeur. Instede van agtuur gebeur dinge eers nege-uur. In die winter dus so n lekker rustige uurtjie voor dat die aksie volg van gereedmaak om kerk toe te gaan. n Nederlandse professor het in sy wysheid n boek geskryf met die titel: “Dertien redes waarom ik na de kerk sal gaat” . Verbasend was die eerste rede heeltemal anders as wat ek gedink het. Nie die woordverkondiging of gemeenskaplike samesein of lering of verootmoediging en noem dit maar op, maar skryf hy : “Dat is een goeie gewoonte “ Dis alleen wanneer jy in die kerk is wat jy God se teenwoordigheid op n besondere manier sal en kan ervaar. MAAR en dis belangrik jy moet daar wees.
So maak ek en vroulief dan ook gereed om kerk toe te gaan . Ons is verbaas oor die hoeveelheid mense en kry nie eers ons gewone sitplek nie. So sit ons byna heelagter met n goeie uitsig oor die gemeente. Ons word bewus van dat dit n familiediens is. Die liturgiese orde wys dat daar kindertjies gedoop gaan word. Ek merk dat die orrel onoopgemaak staan en dat die liedere aanduiding uit Vlam en Vonk bestaan. Die gemeente groet is baie bedrywiger as normaalweg en kon vir sekere lidmate aan raserig grens wat inbreek kon maak op hulle gewyde voorgang tot die erediens.
En toe gebeur dit. Die eerste lied en die luide vooraf orkesmusiek laat van die ouergarde na hulle bybels en bybehore gryp en die kerk verlaat. Een van die heel oues in die gemeente so skuinslinks voor my se kop het so vir n oomblik gesak asof n groot gewig haar afdruk voordat sy uitstap. Ek is vir n oomblik ontsteld oor die reaksie ek saam daarmee ken ek ook nie die lied met sy dawerende ritme nie. Ek voel half vreemd in my eie gemeente toe my oog iets vang wat in die paaidjie regsvoor gebeur.
n Seuntjie van so ongeveer vierjaar se gesiggie straal van vreugde terwyl hy na sy ma opkyk en terselfdetyd met sy regtervoet absoluut ritme hou op die maat van die musiek. Ek trek vir vroulief nader om vir haar te wys en die lidmate nuskierig soos wat ons maar is sien waarna ons kyk en n wonderlike gemeensaamheid trek lang die paadjie af terwyl die mannetjie homself oorgee aan die musiek.
Kerk toe gaan en ons Godsdiensbelewing in die kerk tydens die erediens is n baie ernstige en ook n emosionele saak,
Die doop is n belewenis . n Seuntjie en n dogtertjie en n propvol liturgiese ruimte van meelewende ouers, grootouers , famllie en vriende word saam met die gemeente gemeensaam voor God saam gebind.
Die prediking beklemtoon Jesus se gebed dat Sy kinders saamgebind, gemeensaam sal wees in Sy liefde tot God en tot mekaar. Met n eenvoudige beeld van lekkergoed word die verskeidenheid van smake gebruik vir dieselfde soort lekker om aan te toon dat verkillrnde voorkeure vir n lekker bestaan sonder dat die lekker weggegooi word. Almal eet van die lekkers maar met n bepaalde voorkeur. Wie se smaak is die regte smaak. Die verskeidenheid van smake bring nie n geskeidenheid in die eet van lekkers mee nie.
Ingedagtehoudend dat die voorgaande n baie vereenvoudigde voorbeeld vir n baie komplekse probleem van erediensbelewing is bring dit tog een duidelik gemeensaamheid navore. Almal hou van lekkers maar met verskillende voorkeure.
In die geloofsbelewing is die liefde van en vir God en sy skepsels die gemeensaamheid. Hoe elkeen van ons dit doen behoort nie ons gemeenskaplike liefde vir God te beinvloed nie en moet ons as gelowiges ruimte skep vir die verskeidenheid .
Die hoof fokus in die erediens bly die woordverkondiging. Tog is die diens nie volledig sonder gebed musiek en lied nie en dis juis hierdie bykomstighede “voorkeur smake “ wat n probleem kan skep as ons nie in liefde en verdraagsaamheid met mekaar daarin omgaan nie.
Van die bykomstighede “voorkeure “ wat spanning kan meebring is die volgende: orrelmusiek of orkesmusiek ? Vonk of Vlam teenoor die bekende liedboek. Informele omgaan met die Woord van agter die kateder of formeel van die preekstoel.
Ons leef in n wëreld van verandering en dis onvermydelik dat die kerk en so ook ons gemeente dit sal vryspring. Verandering is in die reel die onderbou vir groei en oorlewing. Die vraag is hoe bestuur ons dit. Dit is jou en my gemeente. Ek nooi jou om individueel en kollektief gedryf deur die liefde van Christus te help werk aan n oplossing om jonk en oud saam te laat aanbid. Niemand behoort die erediens te verlaat, tespyte van ons gebroke menswees nie
n Klein seuntjie beleef met vreugde die gebeure in die erediens, terwyl van ons ouer lidmate uitstap. Beide moet saam kan aanbid . Bid saam vir wysheid om tot n metode te kom om oud en jonk vanwee hulle gemeensaamheid in die liefde van God en tenspyte van ons verskeidenheid geskeidenheid te voorkom.
Dankie dat ek my gedagtes met jou kon deel
Vrede en vreugde
Frik
‘n Christelike lewenstyl
Die Christelike lewe kan op verskillende maniere beskryf word. ‘n Mens kan sê dat dit oor God gaan wat hierdie wêreld met sy liefde en genade wil oorrompel – die sogenaamde Missio Dei. ‘n Mens kan sê dat dit gaan oor die koninkryk van God gaan waaraan ons as gemeente meewerk.
Maar, in die praktyk van elke dag gaan dit doodgewoon oor ‘n Christelike lewenstyl. Dit is wat mense van ons raaksien. Dit is die cutting edge van die Christelike lewe, nie wat ons sê oor God of oor die kerk of oor die koninkryk nie, maar wat ons leef.
Paulus sê op ‘n kol: “Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees” (Fil 1:27).
Een van die maniere waarop die kerk deur die eeue hierdie Christelike lewenstyl aangeleer en gekoester het, was deur praktiese geestelike gewoontes.
En dit is met dié bril wat ek na hierdie perikoop in Jesaja wil kyk, om agter te kom, wat se lewenstyl verwag God van ons? Hoe wil Hy hê moet ons lewe? Of anders gestel, wat wil God hê moet ander in my lewe raaksien?
En daar is drie dinge wat vir my hier uitstaan van die tipe lewenstyl wat God van ons vra, drie geestelike gewoontes wat ons moet beoefen – dit het met die onderhouding van die sabbat te make, met die insluiting van anderse mense, en met gebed.
Die weduwee se leë kruike
Die gedagte dat gebed eintlik maar net is om met jouself te gesels, terwyl God daarna luister, is nie nuut nie. Immanuel Kant het reeds so gedink en geleer dat in jou gebed jy eintlik met jou eie morele vorming besig is. Dit maak van jou ’n beter mens. Dit is ’n vorm van self-terapie (Miles).
Vincent Brümmer (What are we doing when we pray?) sê dat ‘n mens ‘n sekere waardering vir sulke terapeutiese gebed kan hê, omdat dit inderdaad is wat baie keer in gebed gebeur, dat gebed ons help om reg te lewe (Augustinus en Calvyn het dit ook gesê). Maar die probleem is, as dit al is wat gebed vir jou is, dan is jy eintlik net intellektueel besig en nie eksistensieel nie. So ’n gebed kan jy bid sonder om te glo. God is eintlik glad nie nodig vir só ’n gebed nie. Jy is eintlik maar net met jouself en wat jy kan doen, besig.
Daarom dat gebed ook smeking is, vra vir, worstel met … want die ervaring van gelowiges – ten spyte van negatiewe ervarings en gebede wat in hulle oë nie beantwoord is nie – is dat God tog uitkomste gee, dat dit inderdaad in sy plan vir ons is, om goeie goed vir ons te gee.
Gebed is daarom vir my soos die leë kruike van die weduwee in Elisa se tyd (2 Konings 4) wat gereed staan, voorbereid is, om te ontvang wat God ook al wil gee.
Ek sou nie graag ‘n Moabiet wou wees nie
Ek sou nie graag deel wou wees van die nageslag van Moab nie.
- Gebore uit bloedskande. Na die ramp van Sodom en Gomorra, met Lot se vrou wat in ‘n soutpilaar verander, het Lot en sy twee dogters in ‘n grot in die berg gaan woon. Omdat die twee dogters se verloofdes ook gesterf het in Sodom en Gomorra – hulle wou nie vlug nie; gedink dit alles was net ‘n grap – besluit Lot se dogters om hulle pa dronk te maak en kinders by hom te verwek. Die oudste dogter het die voorbeeld gestel, en die jongste dogter het haar voorbeeld gevolg. En die Moabiete is die nageslag van Lot en sy oudste doger – soos Gen 19 ons vertel (die Ammoniete was die nageslag van Lot en sy jongste dogter).
- ‘n Volk van ongasvry vervloekers – ‘n Volk met leiers wat geen gevoel het vir mense in nood nie. Toe Israel – en onthou hulle was bloed-familie, Lot se nageslag, die broerskind van Abraham – toe Israel op pad was deur die woestyn na Kanaän toe om die Beloofde Land in te neem, wou hulle nie eers vir die Israeliete brood en water gee nie. Let op hulle was nie ‘n bedreiging nie, net maar honger en dors, maar Oosterse gasvryheid gee die leiers van Moab nie vir hierdie swerwers deur die woestyn nie. Om die waarheid te sê, hulle voel so min vir Israel, dat hulle ‘n profeet huur, Bileam, om die volk in die naam van die Here te vervloek. Praat van arrogansie, ‘n God wat hulle nie dien nie, word ingeroep om hulle vuilwerk vir hulle te doen – soos Numeri 22-24 ons vertel.
- En op die koop toe was hulle ‘n volk van verleiers, soos hulle oermoeder. Numeri 25 vertel die gru verhaal van Moabitiese vrouens wat die Israeliete verlei het met seks om vir Baäl-Peor te dien, wat ‘n ramp oor die Israeliete gebring het.
Geen wonder die Here het die reël gemaak, geen Moabiet se kind, of sy kleinkind, of dié se kind en dié se kleinkind, of dié se kind, en dié se kleinkind, 10 geslagte ver, mag in Sy teenwoordigheid verskyn nie. Dit beteken eenvoudig – NOOIT! Bloedskandelik, Ongasvry, Verleiers – nie welkom in die geloofsgemeenskap van Israel nie (Deut 23).
Soos ek sê, ek sou nie deel van die nageslag van Moab wil wees nie.
Lees meer en lewer kommentaar
Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue
- vers 2 die volk het “gebewe soos die bome in die bos bewe in die wind”;
- vers 4: “Moet jou nie ontstel oor hierdie twee stukke brandhout nie, hulle rook net” (die 2 nasies is letterlik in 732 en 722 v C onderskeidelik deur Assirië verwoes);
- en die metafore wat Assirië as vlieë en ’n skeermes en Egipte as bye beskryf (vers 18-20).
Jesaja tref Agas aan waar hy sy watertoevoer na die noorde, vanwaar hulle die aanval verwag het, wil beveilig (vers 3). Sy seun is saam en is op sy beurt ook al reeds ’n boodskap aan Agas, want sy naam, Sear-Jasub, beteken “’n Oorblyfsel kom terug”. Maar die boodskap beweeg Agas nie van vrees na vertroue nie. Lees meer oor Agas in my bydrae oor 2 Konings 16.
Die Here gee aan hom die opsie van ‘n teken – anders as met Gideon (Rigt 6), is dit die Here wat die teken aanbied – maar hy weier. Sy vroom verweer – ek wil die Here nie tart nie (Deut 6:16) – is eintlik gemaskeerde ongeloof. Hy vertrou die Here nie, eerder sy eie alliansie planne met Assirië (2 Kon 16:7).
Die jong vrou wat swanger word, was waarskynlik iemand wat Agas geken het, wat hom in lewende lywe kon herinner dat die Here sy Woord sal waarmaak, dat Hy inderdaad Immanuel, God-met-ons is (vgl Jes 8:8 waar Juda self Immanuel genoem word, die plek waar God-met-ons is, as hulle dit maar net wou glo! Dit kom ooreen met die Dawidiese belofte soos in 2 Sam 7 beloof).
Sommige geleerdes dink selfs dat die jong vrou op Agas se eie vrou gedui het, wat dan sou beteken dat Hiskia Immanuel sou wees (vgl Jes 36 vv), ‘n aantreklike interpretasie. Volgens sommige daterings was Hiskia teen die tyd egter al gebore, wat dit onwaarskynlik maak.
Wat wel seker is, is dat Agas die vrou geken het, anders sou die teken vir hom geen betekenis gehad het nie. En soos Watts sê, wat vir ons duister is, was nie noodwendig vir Agas duister nie!
Die Hebreeuse woord, ha-almâ, wat in Afrikaans vertaal word met jong vrou is interessant. Dit word in Grieks met een van twee woorde vertaal: 1) parthenos – maagd, en 2) neanis – jong vrou, wat volgens sommige geleerdes ook jong getroude vrouens insluit tot en met die geboorte van hulle eerste kind, hoewel só ‘n interpretasie nog nie ‘n breë aanvaarding geniet nie. Albei betekenisse word egter as ‘n interpretasie van die Hebreeuse woord gebruik.
In die OT word die woord ha-almâ in die eerste betekenis, maagd, bv. gebruik vir die meisies by die put waar die slaaf van Abraham vir Isak ‘n vrou soek (Gen 24:43) en vir Miriam (Eks 2:8); die tweede betekenis kom heel waarskynlik voor waar van vroue-sangers gepraat word (Ps 46:1; 68:26) en dit nie noodwendig op maagde hoef te dui nie. Dit is egter onseker wat dit hier in Jesaja beteken, hoewel die Griekse vertaling hier parthenos is. Die Afrikaanse vertaling het egter vir jong vrou gekies, wat ook maagd kan insluit.
Die boodskap van ‘n jong vrou wat sal swanger word, is natuurlik ook deur die evangelieskrywers van toepassing gemaak op Maria met Jesus se geboorte, wat op ‘n besondere wyse hierdie woord vervul het, en vir alle gelowiges die heersende interpretasie geword het, die Immanuel, God-met-ons (Mat 1:23).
Agas se ongeloof en gebrek aan vertroue laat ontvlam egter die toorn van die Here en versterk Sy voorneme om die oordeel oor die volk te voltrek.
Die boodskap in vers 9 tref my: “Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.” Letterlik staan daar: “Julle moenie vrees nie, net vertrou.” Dit bly ‘n uitnodiging ook aan my, veral wanneer ek self bewe vir die uitdagings in my lewe en gemeenskap.
En die Immanuel van Kersfees, Jesus, het natuurlik ook beloof dat Hy deur Sy Gees in my sal woon, wat op ‘n ander manier God-met-my geword het (Joh 14:16-17)!
God heilig ons vir ons roeping
En die ontmoetingsplek is nie net vir hulleself nie, maar vir die nasies, ‘n plek waar hulle in kontak kan kom met God.
Baie mense werk egter met die idee, dat hierdie God geen eise stel nie, dat Hy die vriendelike aanvarende goedige kondukteur omie is wat vir ons ‘n kaartjie hemel toe gee en sal sorg dat ons die trein nie verpas nie. Sommige dink dat God ook so teenoor die nasies en hulle gode is. Alle paaie lei mos na Rome? – ek bedoel die hemel!
Jesaja se herhalende oordeelboodskap oor mense wat só dink, deurbreek egter só ‘n idee. God wil mense ontmoet, maar Hy is ook heilig. Meer nog, Hy duld nie onheiligheid nie. Hy is ook rein. Daarom duld Hy nie onreinheid nie. En dit geld alle mense op die aarde …
Wat ons mooi moet verstaan van die Heiligheid van God is dat dit nie net ’n weggesteekte verborge iets is nie; iets wat jy kan vermy en ignoreer nie. Die woord wat die Bybel hier gebruik vir heiligheid het nie net die betekenis van afsondering nie, maar veral ook die betekenis van ’n suiwering, iets wat met ’n verblindende lig skyn en dinge en mense verander.
God se Heiligheid doen iets aan ons. Dié God heilig ons. Dit is die betekenis van die serafs wat met die kool vuur vir Jesaja reinig (Jes 6).
En dit het twee gevolge.
- Vir dié wat dit omhels en God toelaat om hulle aan te raak, maak dit dat ons ook begin skyn! Dit is sulke mense wat God begerig is om te stuur, al beteken dit dat die boodskap swaar op ore gaan val, en selfs min positiewe resultate gaan bring. Hy heilig ons vir ons roeping!
- Maar vir dié wat dit weerstaan en God uit hulle lewens wegdruk, is God se heiligheid ‘n vuur wat verbrand en vernietig, tot net ‘n stomp oorbly.
HERODES DIE GROTE: ‘N BOODSKAP VAN HOOP
Dis ‘n gewone dag êrens in die week. Soos so baie ander is ek ook maar besig met die daaglikse verpligtinge. Die vibrasie op my lyf herinner my dat my selfoon lui en ek sit die skreeuende hoeksnyer op die werktafel neer.
Op die skerm van my selfoon staan “Chris predikant “ . Dis kerksake dink ek, min wetend dat hierdie oproep my gedagtegang en ook my lewe ingrypend gaan beïnvloed. Ons beweeg deur die gewone vriendelike gemeenplase van welsyn en die weer. Toe kom die vraag. “ Frik, volgende Sondag, soos jy weet, is ons Kerssangdiens. Ons wil vanjaar fokus op die reaksies van ‘n aantal Bybelfigure op die geboorte van Christus. Sien jy kans om die reaksie van Herodes, die Grote, te verwoord”. Sonder om twee maal te dink het ek ingestem, effens gevlei deur die feit dat iemand gedink het dat ek so iets sou kon doen. Ons groet en ek gaan voort om die ysters te sny.
Bevoorreg soos wat ek is, sit ek toe die son sak, onder’ n groot koorsboom en kyk hoe die son sy laaste kwasstrepe trek oor die pers van die jakarandas, die kopergeel van die silwereike en die wisselende groen van die sitrusbome. Ek drink rustig aan ‘n witwyntjie en laat my gedagtes gaan oor die gebeure van die dag . Chris het van Herodes gepraat, en wat weet ek van Herodes.
Vir die volgende paar dae was dit ek en Herodes en die Christuskind. Skielik het ek die insluiting van die reaksie van ‘n monster soos Herodes in ons Christusfees begin bevraagteken. Hierdie man wat niks sou ontsien om sy eie posisie as koning te beveilig nie, al was dit ook ten koste van die lewens van talle klein kindertjies. Ek het dit selfs oorweeg om te onttrek ,of te vra dat ek ‘n ander karakter doen.
Leef Waarderend
Al 4 die evangelies vertel die verhaal van ‘n vrou wat Jesus gesalf het: Markus 14:3-9; Matt 26:6-13; Lukas 7:36-50; Joh 12:1-8. Die Evangelie-skrywers het soms van dieselfde mondelinge en geskrewe bronne gebruik gemaak, ander kere weer nie. Hulle het ook elkeen verskillende teikengehore en doelwitte in gedagte gehad. Daarom verskil die besonderhede van die vier weergawes so dat sommige wonder of hulle na dieselfde insident verwys! In 2 gevalle word Jesus se kop gesalf (Mark & Matt) en in die ander twee sy voete (Luk & Joh). By Markus en Matteus speel die toneel af “in Betanië in die huis van Simon die melaatse.” By Lukas gebeur dit aan huis van Simon, “een van die Fariseërs”. Johannes sê net dat dit in Betanië was en dat Marta, Maria en Lasarus teenwoordig was. Almal behalwe Johannes beskryf die vrou wat Jesus gesalf het, bloot as “’n vrou” (sonder ‘n naam.) Net Lukas beskryf haar as ‘n vrou “wat ‘n sondige lewe gelei het”. (Dalk is dit hier waar die skinderstories wat sommige mense vandag oor Maria glo, vandaan kom?) Johannes is die enigste wat sê dit was Maria. In drie gevalle (behalwe Lukas) word daar met verontwaardiging op die vrou se optrede gereageer – deur onderskeidelik die dissipels, omstanders en Judas.
(Verwys “Moed om Mens te Wees” – Elna Mouton e.a.)
Leef inklusief
Saggeus
In Lukas 19 is Jesus teen die einde van sy reis van Galilea na Jerusalem, waar Hy sou sterf. Saggeus, die kort, skatryk mannetjie, tollenaar en hoofskurk van Jerigo, word die laaste dissipel wat Jesus op sy reis na Jerusalem werf.
Tollenaars het nie net hulleself verryk met belastings nie, hulle was ook die loan sharks van die tyd. Deur die toedoen van Saggeus het mense verarm, en het hy waarskynlik nie die einde van sy skatte geken nie.
Wat doen God met Saggeus? Jesus sien vir Saggeus raak in die boom en begin ’n gesprek, en dring daarop aan dat Hy by hom wil gaan eet. God reik dus uit en dring Saggeus se ruimte in om die gemeenskap tussen hulle te herstel.
Hoekom? Want God is ’n inklusiewe God. En uiteraard vra Hy van ons om op dieselfde manier te leef.
Spiritualiteit
Ons dink baie keer oor ons geestelike volwassenheid uit die hoek van ons stiltetyd en ons kerkbywoning en hoe ons met die Bybel en God omgaan. Ons beskryf dit baie keer as ons spiritualiteit – en in die lig van Galindo se onderskeiding, as ons gedeelde taal.
Maar gasvryheid, soos ons nou al vele kere gehoor het in dié reeks die kwartaal, is net so ’n belangrike eienskap van geestelike volwassenheid, van ons spiritualiteit. Soos Jimmy Dorrell (Pass the Potatoes, Please) skryf:
“Who sits at our dinner tables is an important indicator of our spiritual condition”
Die Bybel is vol daarvan dat ons geloof gemeet kan word aan doodgewone goed soos om die hongeriges kos te gee, die siekes en die gevangenes te besoek, en vreemdelinge gasvry te ontvang (Dink maar net aan die skeiding tussen die skape en die bokke aan die einde van die tyd, wat op grond van sulke goed gedoen word – Matt 25:34-36).
Ons naaste is nie die een wat langs ons bly nie. Ons IS ’n naaste as ons stilstaan by die mens in nood en iets aan sy lot doen. Dit is die gemengde ras Samaritaanse man wat vir ons ’n model word van hoe in die koninkryk van God opgetree word. Ons ken hom as die Barmhartige Samaritaan (Luk 10:25-37) wat vir ons wys hoe ’n naaste is, en wat ’n naaste doen, en hoe gasvryheid werk.
Jesus leef inklusief
Jesus is hier vir ons die model wat ons moet navolg, want HY leef inklusief. En let op dat dit op ’n ongeskeduleerde spontane manier gebeur – Jesus was immers op pad deur die stad (19:1) na Jerusalem toe (9:51; 10:38; 13:22; 17:11; 18:31; 19:28). Dit gaan dus nie net oor die voorbereide etes met uitgesoekte gaste nie, ook die spontane ontmoetings van elke dag waar uitgereik word, ingesluit word, bederf word.
En dit sal altyd ’n grens van een of ander aard oorsteek sosiaal, ekonomies, selfs moreel, as ons Jesus en die Samaritaanse vrou (Joh 4) en die vrou wat in owerspel gevang is (Joh
in gedagte hou.
En, laat ons eerlik wees, dit is ’n risiko, dit kan jou kos – soos ek ’n tyd terug gepreek het.
Maar, en dit is ’n belangrike maar, dit is ook die begin van ’n geestelike avontuur, van ’n ervaring van die Heilige Gees se werking, wat verlore mense deur ons aksies van gasvryheid weer insluit in die kring, die gemeenskap van gelowiges.
Elke ontmoeting van elke dag raak ’n potensiële punt waar God se werk sigbaar word.
Geestelike gewoonte – Leef inklusief
Dit is nie nodig om te begin met groot treë nie. Nooi ’n nuwe intrekker na jou sel of Bybelstudiegroep. Besoek ons bosslapers se sopkombuis op Woensdae. Gaan Barcelona toe en kyk wat daar gebeur. Neem jou kinders saam na MTR Smit toe en begin uitreik na kinders wat nie dieselfde gemeenskapsvoorregte as jy en joune het nie. Kies een persoon uit die talle wat voor jou deur verbykom en maak ’n verskil aan sy of haar lewe – deur nie net kos te gee nie, maar uit te vra na ware behoeftes en betrokke te raak.
Natuurlik is dit ’n risiko, natuurlik gaan jy soms jou vingers verbrand, gaan jy soms mislei word. In die proses is jy egter besig om die Here se werk te begin raaksien, en bring dit ’n energie in jou geestelike lewe wat kosbaar en kragtig is.
Leef inklusief … soos God inklusief leef.
Soos Jimmy Dorrell, Pass the Potatoes, Please, sê:
In the mystery of God’s upside-down ways, God uses common acts of hospitality to strangers to overcome cultural barriers with others and bring us closer to Him.
Gasvryheid en armoede
Jy kan ‘n aangrypende artikel genaamd “Creating Space: Hospitality as a metaphor for mission” hier gaan lees. Die artikel praat oor:
- Gasvryheid as verwelkoming van die gas en vreemdeling.
- Gasvryheid as raaksien van ander
- Gasvryheid vanuit die kantlyne.
- Gasvryheid as ruimte skep.
N.a.v. die gesprek elders op die blog oor die verband tussen gasvryheid en armoede, haal ek die derde deel van die artikel hier redelik volledig aan:
Hospitality from the Margins
Pohl contends that the “periods in church history when hospitality has been most vibrantly practised have been times when the hosts were themselves marginal to their larger society.” This may be because they were a persecuted minority, hidden away in convents, or poorer sectors of society such as the early Methodists. The Israelites knew what it meant to be marginal – they were strangers and sojourners utterly dependent on God. So should we be, as resident aliens. But for most of us, in the West at least, this is not the case as we are among the wealthy and powerful. Somehow wealth and status seem to be counter-intuitive to offering hospitality. In a slightly different vein + John V Taylor reflects on this in a sermon entitled “Strangers with Camels.” He notes how Jesus came to his own people who were mostly “poor and unlearned” and that it was amazingly good news that God had more in common with “the uncomplicated, the humble and the generous than with the proud and self-satisfied.” This is where the Son of God feels most truly at home. But the rich rulers of the earth, symbolised by the magi, may come to Him also – they just have further to travel than the shepherds. “…it is a long hard way to those who have grown used to doing anything they want in the world from their huge resources of tradition, knowledge, wealth and power. They have so much more to leave behind. Yet the journey can be made.” It is the same with hospitality. Somehow it is harder for the wealthy and powerful to offer hospitality – we can do it, of course, but perhaps we have further to travel.
Poverty may be a good place to start with hospitality. Poverty of heart and mind creates space for the other. Poverty makes a good host – poverty of mind, heart and even resources where one is not constrained by one’s possessions but is able to freely give. Hospitality from the margins reminds us of the paradoxical power of vulnerability and the importance of compassion. … To make oneself vulnerable reminds us that both hospitality and engagement in mission require authentic compassion and genuine love. Somehow these are more freely expressed and experienced from a context of poverty – poverty both within and without. Poverty of heart and mind reminds us that we are the needy ones, that our hands were empty before God filled them, that we are in need of grace, forgiveness, healing and newness of life. Then genuine hospitality as well as genuine engagement in mission can begin as we realise our own emptiness and our own need for God. As we experience the divine welcome born out of divine compassion, so then we can share this grace and hospitality with others.
