FAMILIEDIENS: Verskeidenheid of geskeidenheid (Frik Buys)

Written by Rethie on May 31st, 2011. Posted in Eredienste, Gesprekke

n Sondagoggend is een van daardie oggende waar alles so n uur later begin gebeur. Instede van agtuur gebeur dinge eers nege-uur. In die winter dus so n lekker rustige uurtjie voor dat die aksie volg van gereedmaak om kerk toe te gaan. n Nederlandse  professor het in sy wysheid n boek geskryf  met die titel: “Dertien redes waarom  ik na de  kerk sal gaat” . Verbasend was die eerste rede heeltemal anders as wat ek gedink het. Nie die woordverkondiging of gemeenskaplike samesein of lering of verootmoediging en noem dit maar op, maar skryf hy : “Dat is een goeie gewoonte “ Dis alleen wanneer jy in die kerk is wat jy God se teenwoordigheid op n besondere manier sal  en kan ervaar. MAAR en dis belangrik jy moet daar wees.

So maak ek en vroulief dan ook gereed om kerk toe te gaan . Ons is verbaas oor die hoeveelheid mense en kry nie eers  ons gewone sitplek nie. So sit ons byna heelagter met n goeie uitsig oor die gemeente. Ons word bewus van dat dit n familiediens is. Die liturgiese orde wys dat daar  kindertjies gedoop gaan word. Ek merk dat die orrel onoopgemaak staan en dat die liedere aanduiding uit Vlam en Vonk bestaan. Die gemeente groet is baie bedrywiger as normaalweg en kon vir sekere lidmate aan raserig grens wat inbreek kon maak op hulle gewyde voorgang tot die erediens.

En toe gebeur dit. Die eerste lied en die luide vooraf orkesmusiek laat van die ouergarde na hulle bybels en bybehore gryp en die kerk verlaat. Een van die heel oues in die gemeente so skuinslinks voor my se kop het so vir n oomblik gesak asof n groot gewig haar afdruk voordat sy uitstap. Ek is vir n oomblik ontsteld  oor die reaksie  ek saam daarmee ken ek  ook nie die lied met sy dawerende ritme nie. Ek voel half vreemd in my eie gemeente  toe my oog iets vang wat in die paaidjie regsvoor gebeur.

n Seuntjie van so ongeveer vierjaar se gesiggie straal van vreugde terwyl hy na sy ma opkyk en terselfdetyd met sy regtervoet absoluut ritme hou op die maat van die musiek. Ek trek vir vroulief nader om vir haar te wys en die lidmate nuskierig  soos wat ons maar is sien waarna ons kyk en n wonderlike gemeensaamheid trek lang die paadjie af terwyl die mannetjie homself oorgee aan die musiek.

Kerk toe gaan en ons Godsdiensbelewing in die kerk tydens die erediens is n baie  ernstige en ook n  emosionele saak,

Die doop is n belewenis . n Seuntjie en n dogtertjie en n propvol liturgiese ruimte van meelewende ouers, grootouers , famllie en vriende word saam met die gemeente gemeensaam voor God saam gebind.

Die prediking beklemtoon Jesus se gebed dat Sy kinders saamgebind, gemeensaam sal wees in Sy liefde tot God en tot mekaar. Met n eenvoudige beeld van lekkergoed word die verskeidenheid van smake gebruik vir dieselfde  soort lekker om aan te toon dat verkillrnde voorkeure vir n lekker bestaan   sonder dat die lekker  weggegooi word. Almal eet van die lekkers maar met n bepaalde voorkeur.  Wie se smaak is die regte smaak. Die verskeidenheid van smake bring nie n geskeidenheid in die eet van lekkers mee nie.

Ingedagtehoudend  dat die voorgaande  n baie vereenvoudigde voorbeeld vir n baie komplekse probleem van erediensbelewing is bring dit tog een duidelik gemeensaamheid navore. Almal hou van lekkers maar met verskillende voorkeure.

In die geloofsbelewing is die liefde van en vir God en sy skepsels die gemeensaamheid. Hoe elkeen van ons dit doen behoort nie ons gemeenskaplike  liefde vir God te beinvloed nie en moet ons as gelowiges ruimte skep vir die verskeidenheid .

Die hoof fokus in die erediens bly die woordverkondiging. Tog is die diens nie volledig sonder gebed musiek en lied nie en dis juis hierdie bykomstighede “voorkeur smake “ wat  n probleem kan skep as ons nie in liefde en verdraagsaamheid met mekaar daarin omgaan nie.

Van die bykomstighede “voorkeure “ wat spanning kan meebring is die volgende: orrelmusiek of orkesmusiek ? Vonk of Vlam teenoor die bekende liedboek. Informele omgaan met die Woord van agter die kateder of formeel van die preekstoel.

Ons leef in n wëreld van verandering en dis onvermydelik dat die kerk en so ook ons gemeente dit sal vryspring. Verandering is in die reel  die onderbou vir groei en oorlewing. Die vraag is hoe bestuur ons dit.  Dit is jou en my gemeente. Ek nooi jou om individueel en kollektief gedryf deur die liefde van Christus te help werk aan n oplossing om jonk en oud saam te laat aanbid. Niemand behoort die erediens te verlaat, tespyte van ons gebroke menswees nie

n Klein seuntjie beleef met vreugde die gebeure in die erediens, terwyl  van ons ouer lidmate   uitstap. Beide moet saam kan aanbid . Bid saam vir wysheid om tot n metode te kom om oud en jonk vanwee hulle gemeensaamheid in die liefde van God en tenspyte van ons  verskeidenheid geskeidenheid te  voorkom.

Dankie dat ek my gedagtes met jou kon deel

Vrede en vreugde

Frik

Pilatus – ons “redder”

Written by Webmeester on April 19th, 2011. Posted in Gesprekke

Dis so rustig as wat net ‘n Sondagmiddag kan wees.  Vroulief sit met ‘n boek in haar gemakstoel, die radio speel saggies in die agtergrond, ‘n gospel program.  Buite is die son besig om water te trek en met sy laaste strale verf hy die reuse kapokboom se pienk blomme nog pienker en verander hy die groene van die jakarandas, silwer eike, koorsbome en sitrusbome in ‘n sagte kombers wat hom gereed maak vir die nag.  Die koffietjie langs my kry so af en toe aandag, terwyl my gedagtes terug versit na die gebeure van die oggend.

Die gemeente het vanoggend sy Lydens- en Paassangdiens gehou ,en die tema was die “Ek is …” leringe van Jesus.

Eers terug na Saterdagmiddag. “Dress rehearsel”soos die ou boer gesê het.  Daar’s ‘n benouderige, afwagtende atmosfeer. Dit sal die eerste en die enigste keer wees, more is D-dag.  Petrus, Pilatus, die moordenaar, Maria Magdalena en Tomas moet die boodskap oordra.  Lynette probeer ons op haar besondere manier gerus stel.  Chris wat as liturg sal voorgaan, is ontspanne want hy het die teks voor hom, en is daarom ook die “backup” as jou woorde uit jou kop sou  ontsnap.

So tussen die ligte geskerts deur is daar ‘n dringende erns wat waarskynlik sy wortels het in die diepe besef van die boodskap wat ons moet bring. Die dood en opstanding van Christus. Ek is die weg, die waarheid, die lewe en die opstanding.

Ek moes die skoene van Pilatus inklim. Dit val my op dat Pilatus die buitestander in die gesprek is. Behalwe vir die moordenaar is almal aan Jesus se “kant”, maar sonder enige mag om die verloop van die gebeure te beïnvloed nie. Pilatus daarenteen het al die mag gehad en moes instaan vir die waarheid.  Die LEWE van Jesus was in sy hande.

Pilatus bely: “Ek vind geen skuld in die man nie”. Sy vrou smeek hom om niks aan Jesus te doen nie. Voor hom staan die lewende Christus,  die Verlosser van die mensdom, wie se enigste woorde was: “U het dit gesê”, op die vraag of Hy wel die Koning van die Jode is.

Pilatus beskik oor al die kennis wat hom tot die waarheid moet lei, maar hy verkies om die blaam vir sy besluit op Jesus en die skare te pak. Jesus vir sy stilte, die skare vir hulle  dikvellige rumoerigheid. Nog nooit in die geskiedenis is die waarheid so verkrag soos met daardie ter dood veroordeling, toe Pilatus opdrag gegee het dat Jesus gekruisig moet word, nie.

Dit was hierdie  deel wat vir my die moeilikste was. My oë soek oor die gemeente, asof vir enige soort regverdiging vir hierdie bevel.  In die voorste ry sit twee pragtige jongmense wat die gesprek in alle erns gevolg het.  En presies op hierdie punt het sy haar kop op sy skouer laat sak en haar oë toegemaak asof sy daarmee wou sê: dis nie moontlik nie, kan ‘n mens werklik so wreed en selfsugtig wees?

Pilatus het in sy hande die mag gehad om die hele verloop van die Christendom te verander. Indien hy Christus sou vrygespreek het, wat dan?

MAAR hy het nie. Ons verstand te bowe, het hy slegs God se wil uitgevoer.  En so het Jesus aan die kruis vir ons sondes gesterf sodat hy die dood kon oorwin deur sy opstanding.

Toe ek dit besef, het ek vrede gemaak met Pontius Pilatus, die selfsugtige swakkeling.  omdat hy in die plan van God ons “Redder” was.

Vrede en Vreugde

Frik Buys / Pontius Pilatus.

Sabbat as geestelike gewoonte

Written by Webmeester on March 20th, 2011. Posted in Gesprekke

In Jesaja 56 word die sabbat as belangrike deel van Israel se godsdiens bevestig. God vra van Israel dat hulle reg sal laat geskied, self reg sal doen en hulleself eksplisiet tot die onderhouding van die sabbat verbind.

Nou voor ek oor die sabbat self gesels, een opmerking: Let op dat regdoen hier nie ‘n verdienstelike karakter aanneem nie, maar ‘n voorbereidende karakter.  Die sabbat berei die volk voor om God se uitkoms te kan verwelkom.   Dit help hulle om die redding wat die Here bring, te verwelkom.

Waarom is die sabbat dan so belangrik vir Jesaja?

Ons moet eers ‘n entjie teruggaan in die geskiedenis om die betekenis reg te kan interpreteer.

  • Die sabbat (in Hebreeus beteken die woord: rus) was aanvanklik ‘n rusdag waardeur ‘n gesonde ritme van werk en rus gevestig is (Gen 1).  Dit was ’n noodsaaklike verposing in ’n harde week se werk, wat jou laat asem skep het, weer die lewe laat waardeer het, weer ’n lied in jou hart gebring het na die swaar van jou daaglikse arbeid.
  • Na die Uittog uit Egipte het dit ‘n ekstra betekenis gekry deurdat dit die volk moes laat terugdink aan die vryheid wat God hulle van hulle slawerny in Egipte gegee het (Deut 5).  Dit was dus die teken van die verbond (Eks 20:22).  Hulle het rus gekry van die swaar las wat in Egipte op hulle gelê is.  Dit het nes aan die begin weer ’n lied in hulle hart gesit.
  • Dit het ook ‘n kultiese betekenis gekry deurdat dit ‘n dag geword het waarop gewyde byeenkomste gehou is (Lev 23).  Hulle het die Here opgesoek, Hom geloof, na Sy Woord geluister, gebid om sy uitkoms vir allerlei, en hulle offers gebring waardeur hulle die ervaring van skuldvergifnis geniet het.  Dit het ook ’n lied in hulle hart gesit, deurdat hulle vryheid van hulle sondes kon ervaar.
  • Maar in Jesaja se tyd, en dan meer spesifiek in die tyd van die ballingskap, het die sabbat ‘n ekstra betekenis bygekry.  Die sabbat het ‘n gemeenskapskeppende funksie gekry, waardeur hulle as ‘n volk in die vreemde saamgebind is, en mense uit die onderhouding van die sabbat kon sien dat hulle Jode was wat God gedien het.  En laat ons vir geen oomblik dié funksie onderskat nie.  Dit het in ’n vreemde wêreld – waar hulle vreemd was, en min invloed in die samelewing gehad het – vir hulle ’n identiteit gegee, ’n samebindende krag wat hulle week na week kon laat volhard het in die geloof.
  • Daarom het die sabbat ook ‘n godsdiensbevestigende funksie gehad, deurdat die onderhouding daarvan gesorg het dat die ballinge nie van God afvallig raak nie.  Vandaar die baie belangrike opdrag in Jesaja hier rondom.

Die onderhouding van die sabbat het dus eintlik simbolies van die nakom van die hele wet geword. En dit het ‘n spesifieke lewenstyl gevestig by die Jode – hulle het ‘n gesonde ritme gehad tussen werk en rus, hulle het God se uitkoms in die verlede gevier, hulle het hulle eredienste op die sabbat gehou, hulle het hulle gemeenskap met mekaar gevier, en hulle het hulle geloof gevier en bevestig.

Die sabbat was hulle lewensreël, hulle lewenspraktyk, hulle lewenstyl.  Jy kon hulle uitken daaraan, en hulle is saamgebind daardeur.

Hoekom vier ons dan nie vandag die sabbat nie?

Wel, weer ‘n bietjie inligting:

Oor die volgende paar eeue na die ballingskap het die Fariseërs ‘n magdom wette vir die korrekte nakoming van die sabbat geskep.  Hulle het as’t ware oorboord gegaan en die vreugde uit die onderhouding van die sabbat geneem.  Dit het ‘n sware las geword, en nie meer iets wat lewe gegee het nie.  Jy mag net so ver loop, en nie dit of dat of die volgende doen nie.

Met Jesus se koms in die Nuwe Testamentiese tyd reageer Hy hierop en maak mense weer vry van die benepe reëlbeheptheid.  Hy herstel die oorspronklike betekenis van die sabbat deur te sê dat die sabbat ter wille van die mens gemaak is, nie die mens ter wille van die sabbat nie (Mark 2:27).  Hy genees bv. ‘n man wat 38 jaar lank siek was by die bad van Betesda op ‘n sabbatdag (Joh 5).  Hy herstel dus die oorspronklike betekenis daarvan as ‘n dag waar op God en mense gefokus kan word op vryword en vryheid, nie beperkings nie.

En omdat Hy self God was, en is, bring Hy in sy persoon die sabbat tot sy volle vervulling.  Hy is in ‘n sekere sin die sabbat van die nuwe bedeling.  Waar ons in sy teenwoordigheid lewe, ervaar ons die sabbat.

Daarom het die kerk na die opstanding begin om die sabbat as vervuld in Jesus self te vier.  En omdat Jesus op die eerste dag van die week opgestaan het, het hulle dié dag as ‘n besondere dag begin vier.  Die opstandingsdag het die sabbat geword.

Toe die kerk bv. moes besluit watter dinge die gelowiges uit die heidene moet nakom, was die Joodse sabbat op Saterdag nie een van die voorskrifte nie (Hand 15).  Dit sou immers van heidense gelowiges Jode maak, hulle ‘n Joodse lewenstyl aanleer en nie ‘n Christelike lewenstyl nie.  Daardeur sou die evangelie ingeperk en eksklusief gemaak word.  Jy sou eers ‘n Jood moes word, voor jy ‘n Christen sou word.

Daarom dat Paulus gelowiges in sy brief aan die Kolossense aanraai om nie te luister na mense wat die sabbat voorskriftelik wil maak  nie (Kol 2:19).  Hy gaan selfs so ver om te sê, dat as jy alle dae tot eer van die Here wil leef, voel vry om dit te doen, en dié wat een dag as belangriker as die ander wil vier, maak so, maar moet net nie die ander daaroor verag of veroordeel nie (Rom 14).

Wat vier ons dan?

Ons vier daarom nie meer die sabbatdag as die dag van die Here nie, maar wel die Sondag as ‘n rus- en aanbiddingsdag, onder andere op voetspoor van die eerste gelowiges wat op die eerste dag van die week, Sondag, begin bymekaar kom het om die opstanding van Jesus Christus op Sondag (Mark 16:2; Matt 28:1; Luk 24:1; Joh 20:1) te vier.

Terloops, Johannes het die eerste dag van die week die eerste keer “die dag van die Here”(Open 1:10) genoem, wat deur latere vroeg-kerklike geskrifte verklaar is as die eerste dag van die week (bv. die Didage), en wat later Sondag genoem is op voetspoor van die Romeine se name vir die dae van die week.

Die Christene het dus begin om die nagmaal op Sondae te vier (Hand 20:7) en die dankoffers in te samel (1 Kor 16:2).  Dit het die voorkeur dag vir hulle byeenkomste geword, ‘n gebruik wat tot vandag toe die hoofstroom keuse is.

Maar, dieselfde gedagtes wat deel van die sabbat was, is vandag nog deel van die Christelike lewenstyl wat ons op die Sondag, of ‘n ander dag soos die Here jou lei, of op alle dae, vier: ‘n gesonde ritme tussen werk en rus, om God te loof vir sy uitkomste, om ons eredienste te hou, om ons gemeenskap met mekaar te vier, en ons geloof te vier en te bevestig.

Dit is dus ‘n belangrike geestelike gewoonte  wat ons lewenstyl as Christene moet vorm.

‘n Christelike lewenstyl

Written by Webmeester on March 20th, 2011. Posted in Eredienste, Gesprekke

Die Christelike lewe kan op verskillende maniere beskryf word.  ‘n Mens kan sê dat dit oor God gaan wat hierdie wêreld met sy liefde en genade wil oorrompel – die sogenaamde Missio Dei.  ‘n Mens kan sê dat dit gaan oor die koninkryk van God gaan waaraan ons as gemeente meewerk.

Maar, in die praktyk van elke dag gaan dit doodgewoon oor ‘n Christelike lewenstyl.  Dit is wat mense van ons raaksien.  Dit is die cutting edge van die Christelike lewe, nie wat ons sê oor God of oor die kerk of oor die koninkryk nie, maar wat ons leef.

Paulus sê op ‘n kol: “Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees” (Fil 1:27).

Een van die maniere waarop die kerk deur die eeue hierdie Christelike lewenstyl aangeleer en gekoester het, was deur praktiese geestelike gewoontes.

En dit is met dié bril wat ek na hierdie perikoop in Jesaja wil kyk, om agter te kom, wat se lewenstyl verwag God van ons?  Hoe wil Hy hê moet ons lewe?  Of anders gestel, wat wil God hê moet ander in my lewe raaksien?

En daar is drie dinge wat vir my hier uitstaan van die tipe lewenstyl wat God van ons vra, drie geestelike gewoontes wat ons moet beoefen – dit het met die onderhouding van die sabbat te make, met die insluiting van anderse mense, en met gebed.

Lees meer in die Woordverkondiging oor Jesaja 56:1-7

Die weduwee se leë kruike

Written by Webmeester on March 6th, 2011. Posted in Eredienste, Gesprekke, Preke

Die gedagte dat gebed eintlik maar net is om met jouself te gesels, terwyl God daarna luister, is nie nuut nie.  Immanuel Kant het reeds so gedink en geleer dat in jou gebed jy eintlik met jou eie morele vorming besig is.  Dit maak van jou ’n beter mens.  Dit is ’n vorm van self-terapie (Miles).

Vincent Brümmer (What are we doing when we pray?) sê dat ‘n mens ‘n sekere waardering vir sulke terapeutiese gebed kan hê, omdat dit inderdaad is wat baie keer in gebed gebeur, dat gebed ons help om reg te lewe (Augustinus en Calvyn het dit ook gesê). Maar die probleem is, as dit al is wat gebed vir jou is, dan is jy eintlik net intellektueel besig en nie eksistensieel nie. So ’n gebed kan jy bid sonder om te glo.  God is eintlik glad nie nodig vir só ’n gebed nie.  Jy is eintlik maar net met jouself en wat jy kan doen, besig.

Daarom dat gebed ook smeking is, vra vir, worstel met … want die ervaring van gelowiges – ten spyte van negatiewe ervarings en gebede wat in hulle oë nie beantwoord is nie – is dat God tog uitkomste gee, dat dit inderdaad in sy plan vir ons is, om goeie goed vir ons te gee.

Gebed is daarom vir my soos die leë kruike van die weduwee in Elisa se tyd (2 Konings 4) wat gereed staan, voorbereid is, om te ontvang wat God ook al wil gee.

Lees my preek oor Voorbereiding vir die Uitkomste wat die Here vir ons voorberei – Hy is immers die herder wat vir sy skape sorg.

Ek sou nie graag ‘n Moabiet wou wees nie

Written by Webmeester on February 13th, 2011. Posted in Eredienste, Gesprekke

Ek sou nie graag deel wou wees van die nageslag van Moab nie.

  1. Gebore uit bloedskande.  Na die ramp van Sodom en Gomorra, met Lot se vrou wat in ‘n soutpilaar verander, het Lot en sy twee dogters in ‘n grot in die berg gaan woon.  Omdat die twee dogters se verloofdes ook gesterf het in Sodom en Gomorra – hulle wou nie vlug nie; gedink dit alles was net ‘n grap – besluit Lot se dogters om hulle pa dronk te maak en kinders by hom te verwek.  Die oudste dogter het die voorbeeld gestel, en die jongste dogter het haar voorbeeld gevolg.  En  die Moabiete is die nageslag van Lot en sy oudste doger – soos Gen 19 ons vertel (die Ammoniete was die nageslag van Lot en sy jongste dogter).
  2. ‘n Volk van ongasvry vervloekers – ‘n Volk met leiers wat geen gevoel het vir mense in nood nie.  Toe Israel – en onthou hulle was bloed-familie, Lot se nageslag, die broerskind van Abraham – toe Israel op pad was deur die woestyn na Kanaän toe om die Beloofde Land in te neem, wou hulle nie eers vir die Israeliete brood en water gee nie.  Let op hulle was nie ‘n bedreiging nie, net maar honger en dors, maar Oosterse gasvryheid gee die leiers van Moab nie vir hierdie swerwers deur die woestyn nie.  Om die waarheid te sê, hulle voel so min vir Israel, dat hulle ‘n profeet huur, Bileam, om die volk in die naam van die Here te vervloek.  Praat van arrogansie, ‘n God wat hulle nie dien nie, word ingeroep om hulle vuilwerk vir hulle te doen – soos Numeri 22-24 ons vertel.
  3. En op die koop toe was hulle ‘n volk van verleiers, soos hulle oermoeder.  Numeri 25 vertel die gru verhaal van Moabitiese vrouens wat die Israeliete verlei het met seks om vir Baäl-Peor te dien, wat ‘n ramp oor die Israeliete gebring het.

Geen wonder die Here het die reël gemaak, geen Moabiet se kind, of sy kleinkind, of dié se kind en dié se kleinkind, of dié se kind, en dié se kleinkind, 10 geslagte ver, mag in Sy teenwoordigheid verskyn nie.  Dit beteken eenvoudig – NOOIT!  Bloedskandelik, Ongasvry, Verleiers – nie welkom in die geloofsgemeenskap van Israel nie (Deut 23).

Soos ek sê, ek sou nie deel van die nageslag van Moab wil wees nie.

Lees meer en lewer kommentaar

Jesaja 7 – Uitgenooi van vrees na vertroue

Written by Webmeester on February 4th, 2011. Posted in Eredienste, Gesprekke

Die verhaal van Jesaja se ontmoeting met Agas op bevel van die Here word meesterlik vertel.  Dit wemel van beskrywende beelde en metafore wat die situasie  vertolk en die boodskap van die Here grafies oordra:
  • vers 2 die volk het “gebewe soos die bome in die bos bewe in die wind”;
  • vers 4: “Moet jou nie ontstel oor hierdie twee stukke brandhout nie, hulle rook net” (die 2 nasies is letterlik in 732 en 722 v C onderskeidelik deur Assirië verwoes);
  • en die metafore wat Assirië as vlieë en ’n skeermes en Egipte as bye beskryf (vers 18-20).

Jesaja tref Agas aan waar hy sy watertoevoer na die noorde, vanwaar hulle die aanval verwag het, wil beveilig (vers 3).  Sy seun is saam en is op sy beurt ook al reeds ’n boodskap aan Agas, want sy naam, Sear-Jasub, beteken “’n Oorblyfsel kom terug”. Maar die boodskap beweeg Agas nie van vrees na vertroue nie.  Lees meer oor Agas in my bydrae oor 2 Konings 16.

Die Here gee aan hom die opsie van ‘n teken – anders as met Gideon (Rigt 6), is dit die Here wat die teken aanbied – maar hy weier.  Sy vroom verweer – ek wil die Here nie tart nie (Deut 6:16) – is eintlik gemaskeerde ongeloof.  Hy vertrou die Here nie, eerder sy eie alliansie planne met Assirië (2 Kon 16:7).

Die jong vrou wat swanger word, was waarskynlik iemand wat Agas geken het, wat hom in lewende lywe kon herinner dat die Here sy Woord sal waarmaak, dat Hy inderdaad Immanuel, God-met-ons is (vgl Jes 8:8 waar Juda self Immanuel genoem word, die plek waar God-met-ons is, as hulle dit maar net wou glo!  Dit kom ooreen met die Dawidiese belofte soos in 2 Sam 7 beloof).

Sommige geleerdes dink selfs dat die jong vrou op Agas se eie vrou gedui het, wat dan sou beteken dat Hiskia Immanuel sou wees (vgl Jes 36 vv), ‘n aantreklike interpretasie.  Volgens sommige daterings was Hiskia teen die tyd egter al gebore, wat dit onwaarskynlik maak.

Wat wel seker is, is dat Agas die vrou geken het, anders sou die teken vir hom geen betekenis gehad het nie.  En soos Watts sê, wat vir ons duister is, was nie noodwendig vir Agas duister nie!

Die Hebreeuse woord, ha-almâ, wat in Afrikaans vertaal word met jong vrou is interessant.  Dit word in Grieks met een van twee woorde vertaal: 1) parthenos – maagd, en 2) neanis – jong vrou, wat volgens sommige geleerdes ook jong getroude vrouens insluit tot en met die geboorte van hulle eerste kind, hoewel só ‘n interpretasie nog nie ‘n breë aanvaarding geniet nie.  Albei betekenisse word egter as ‘n interpretasie van die Hebreeuse woord gebruik.

In die OT word die woord ha-almâ in die eerste betekenis, maagd, bv. gebruik vir die meisies by die put waar die slaaf van Abraham vir Isak ‘n vrou soek (Gen 24:43) en vir Miriam (Eks 2:8);  die tweede betekenis kom heel waarskynlik voor waar van vroue-sangers gepraat word (Ps 46:1; 68:26) en dit nie noodwendig op maagde hoef te dui nie. Dit is egter onseker wat dit hier in Jesaja beteken, hoewel die Griekse vertaling hier parthenos is.  Die Afrikaanse vertaling het egter vir  jong vrou gekies, wat ook maagd kan insluit.

Die boodskap van ‘n jong vrou wat sal swanger word, is natuurlik ook deur die evangelieskrywers van toepassing gemaak op Maria met Jesus se geboorte, wat op ‘n besondere wyse hierdie woord vervul het, en vir alle gelowiges die heersende interpretasie geword het, die Immanuel, God-met-ons (Mat 1:23).

Agas se ongeloof en gebrek aan vertroue laat ontvlam egter die toorn van die Here en versterk Sy voorneme om die oordeel oor die volk te voltrek.

Die boodskap in vers 9 tref my: “Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.” Letterlik staan daar: Julle moenie vrees nie, net vertrou.” Dit bly ‘n uitnodiging ook aan my, veral wanneer ek self bewe vir die uitdagings in my lewe en gemeenskap.

En die Immanuel van Kersfees, Jesus, het natuurlik ook beloof dat Hy deur Sy Gees in my sal woon, wat op ‘n ander manier God-met-my geword het (Joh 14:16-17)!

God heilig ons vir ons roeping

Written by Webmeester on January 30th, 2011. Posted in Eredienste, Gesprekke

Die volk van God is geroep om ’n ontmoetingsplek met God te wees.
En die ontmoetingsplek is nie net vir hulleself nie, maar vir die nasies, ‘n plek waar hulle in kontak kan kom met God.

Baie mense werk egter met die idee, dat hierdie God geen eise stel nie, dat Hy die vriendelike aanvarende goedige kondukteur omie is wat vir ons ‘n kaartjie hemel toe gee en sal sorg dat ons die trein nie verpas nie. Sommige dink dat God ook so teenoor die nasies en hulle gode is. Alle paaie lei mos na Rome? – ek bedoel die hemel!

Jesaja se herhalende oordeelboodskap oor mense wat só dink, deurbreek egter só ‘n idee. God wil mense ontmoet, maar Hy is ook heilig. Meer nog, Hy duld nie onheiligheid nie. Hy is ook rein. Daarom duld Hy nie onreinheid nie. En dit geld alle mense op die aarde …

Wat ons mooi moet verstaan van die Heiligheid van God is dat dit nie net ’n weggesteekte verborge iets is nie; iets wat jy kan vermy en ignoreer nie. Die woord wat die Bybel hier gebruik vir heiligheid het nie net die betekenis van afsondering nie, maar veral ook die betekenis van ’n suiwering, iets wat met ’n verblindende lig skyn en dinge en mense verander.

God se Heiligheid doen iets aan ons. Dié God heilig ons. Dit is die betekenis van die serafs wat met die kool vuur vir Jesaja reinig (Jes 6).

En dit het twee gevolge.

  • Vir dié wat dit omhels en God toelaat om hulle aan te raak, maak dit dat ons ook begin skyn! Dit is sulke mense wat God begerig is om te stuur, al beteken dit dat die boodskap swaar op ore gaan val, en selfs min positiewe resultate gaan bring. Hy heilig ons vir ons roeping!
  • Maar vir dié wat dit weerstaan en God uit hulle lewens wegdruk, is God se heiligheid ‘n vuur wat verbrand en vernietig, tot net ‘n stomp oorbly.

TERUGBLIK OP 2010

Written by Webmeester on December 7th, 2010. Posted in Gesprekke, Nuus

Ons gemeente werk al heel jaar lank by elke vergadering met Kolossense 3:12-16.  Deur hierdie teks beleef ons dat die Here met ons praat, ons vorm en ons stuur in dié rigting wat Hy ons wil hê.  Hieruit leer ons watter sentrale rol liefde en eenheid in ons gemeente moet speel – om nie eers te praat van die Bybel, aanbidding en danksegging nie!  Ons laat ons dus lei deur Kol 3:15c wanneer ons terug kyk op die jaar:  Wees altyd dankbaar.

Om met vreugde te leef…

Vanjaar was in baie opsigte ‘n geseënde jaar.  Nie net vir Suid-Afrika met die Sokker Wêreldbeker nie, maar heel spesifiek ook in ons gemeente.
In ‘n oomblik wat hulle beleef het as ‘n beweging van die Gees, het die Finansiële Kommissie besluit om lidmate uit te daag om 40 klein fondsinsamelings te hou, om elkeen R 1000 in te samel.  Nie een van ons sou die gevolge hiervan kon voorspel nie!  Altesaam R 58 861,15 is ingesamel.  Op die ou end is die geld amper ‘n bysaak, vergeleke met die heerlike kuiergeleenthede wat hierdie inisiatiewe tot gevolg gehad het.  Ons lidmate het nuwe mense leer ken en daar is oor generasie-grense heen gekuier.

Ook in ons verhouding met die VGK groei die liefde en eenheid.  Die Skakelkommissie het ‘n baie suksesvolle ontbyt met ons Kerkraad en die Kerkrade van die VGK Bloemendal, Booysenspark, Gelvendale en Seyesi gereël.  Na die gesamentlike Nagmaal (waartydens Bloemendal se koor ook gesing het), was daar ‘n heerlike saam-kuier wat al ons verwagtinge oortref het.  Ons gemeente en Bloemendal VGK het ook met ‘n proses begin om ander VG- en NG Gemeentes in soortgelyke verhoudings te mentor.

Om met liefde te dien…

Diensbaarheid is deel van ons gemeente se DNA.  Daarvan getuig die bykans 50 bedieninge en die magdom lidmate wat op verskillende plekke en verskillende maniere gereeld in liefde uitreik na hul naaste.  Vanjaar het hierdie diensbaarheid ‘n ekstra dimensie bygekry tydens die stakings in die staatsdiens.  ‘n Klompie lidmate het ingespring en staatshospitale help skoonmaak.  Op hierdie manier het ons weereens grense oorgesteek.  Die evangelie het hande en voete gekry en ons het beleef dat God ons terugneem na die basis van wat dit beteken om Kerk te wees.

Die Kerkraad is baie opgewonde oor die groei wat die Here in ons eredienste – met spesifieke verwysing na die informele eredienste – gebring het.  Die kinders is opgewonde daaroor en sien selfs uit na die eredienste.   Families kry ‘n geleentheid om die Here sáám te aanbid.  In die proses raak ons eredienste al meer gemoedelik en gasvry.

Vanuit ‘n vaste geloofsverbintenis met Jesus Christus, ons Hoof.

Besondere dinge gebeur binne die Jeugbediening.  Daar is ‘n aantal selgroepe waarin die tieners spontaan saamkom en saam Bybel lees.  Die Jeugbediening is ook betrokke by verskillende stadswye netwerke, waar ons jeug nie net saam werk nie, maar ook ‘n leidende rol speel.
Die Bybelskool is steeds ‘n hoogtepunt.  Elke Woensdag-aand kom ‘n groepie lidmate saam om indringend oor die Bybel te gesels.  Mense wat nie fisies die geleenthede kan bywoon nie, skakel op die internet in.  Sodoende het die Bybelskool ‘n baie breër impak as net ons gemeente.  Wêreldwyd neem mense deel en word die stof gebruik.

Personeel

Bo dit alles moet julle mekaar liefhê, sê Kol. 3:14a.  Daarom, al is ons dankbaar, sluit ons ook die jaar met effense weemoed af.  Ons groet vier van ons personeellede.  Deon Binneman het diep spore in ons gemeente getrap – nie net by die senior lidmate nie, maar ook met sy pastorale betrokkenheid by lidmate.  Charel, Jacomien en Deon Els laat reuse leemtes in Klema.

Hoewel ons hulle gaan mis, is ons natuurlik nie terneergedruk nie (2 Kor. 4:8).  Ons glo dat die Here hulle elders gaan gebruik en seën.  Intussen wag ons ook met opgehoue asems om te sien wat die Here vir ons gemeente beplan.  Die Kerkraad het reeds begin met die proses om ‘n nuwe pastorale hulp in Deon B. se plek aan te stel.  Ons bid dat die Here sal voorsien en ons so verder op sý pad sal neem.

Ook Frik Buys het vanjaar bedank as voorsitter van die Bestuursraad.  Frik het oor die jare hard gewerk om ‘n nuwe bestuursmodel te ontwikkel en ‘n klomp dinge in plek te kry.  Ook hier lê nou vir ons ‘n nuwe era onder nuwe leierskap voor.  Ook hier vertrou ons dat die Here se wil sal geskied.

Ons is natuurlik nie net hartseer nie.  Ons het ook die afgelope week Marlein van Deemter se 25ste jaar in diens van die gemeente gevier!  Ons is dankbaar vir die jare diens wat Marlein aan ons almal gelewer het en sien saam met haar uit na die volgende jare.

2011…

En so gaan ons die nuwe jaar tegemoet.  Wanneer ons terugkyk, is dit duidelik dat die Here ons gemeente vanjaar al meer oor grense geneem het.  Ons het toegeneem in gasvryheid.  Ons is oop vir ander en doen moeite om verwelkomend te wees.  Ons glo dat die Here volgende jaar sal voortgaan om ons op hierdie pad te neem.

Ook die Bybelskool gaan volgende jaar voort, saam met die ander bene van Didage:  Op pad met God en Immergroen Ouerskap.  Ons beplan ook ‘n paar ander kursusse – hou hierdie ruimte dop!

Die Kerkraad het besluit om in 2011 veral te fokus op die kleingroepe.  In lyn met Kol. 3:15 in The Message (Let the peace of Christ keep you in tune with each other, in step with each other. None of this going off and doing your own thing.)  wil ons werk na groter eenheid onder die kleingroepe.   Ons wil ook ‘n klomp nuwe kleingroepe begin – beplan solank hoe jy gaan deel raak hiervan!

En so sluit ons 2010 af.  Ons weet nie wat die nuwe jaar vir ons gaan inhou nie.  Wat ons wel weet, is dat God reeds daar op ons wag.  Daarom sluit ons die ou jaar af en gaan ons die nuwe jaar in met die woorde van Kol. 3:17:  En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.  Mag dit so wees en bly.

Rethie van Niekerk & Chris van Wyk

HERODES DIE GROTE: ‘N BOODSKAP VAN HOOP

Written by Webmeester on December 6th, 2010. Posted in Eredienste, Gesprekke

Dis ‘n gewone dag êrens in die week. Soos so baie ander is ek ook maar besig met die daaglikse verpligtinge.  Die vibrasie op my lyf herinner my dat my selfoon lui en ek sit die skreeuende hoeksnyer op die werktafel neer.

Op die skerm van my selfoon staan “Chris predikant “ . Dis kerksake dink ek, min wetend dat hierdie oproep my gedagtegang en ook my lewe ingrypend gaan beïnvloed. Ons beweeg  deur die gewone vriendelike gemeenplase van welsyn en die weer. Toe kom die vraag. “ Frik, volgende Sondag, soos jy weet, is ons Kerssangdiens. Ons wil vanjaar fokus op die reaksies van ‘n aantal Bybelfigure op die geboorte van Christus. Sien jy kans om die reaksie van Herodes, die Grote, te verwoord”. Sonder om twee maal te dink het ek ingestem, effens gevlei  deur  die feit dat iemand gedink het dat ek so iets sou kon doen.  Ons groet en ek gaan voort om die ysters te sny.

Bevoorreg soos wat ek is, sit ek toe die son sak, onder’ n groot koorsboom en kyk hoe die son sy laaste kwasstrepe trek oor die pers van die jakarandas, die kopergeel van die silwereike en die wisselende groen van die sitrusbome. Ek drink rustig aan ‘n witwyntjie en laat my gedagtes gaan oor die gebeure van die dag . Chris het van Herodes gepraat, en wat weet ek van Herodes.

Vir die volgende paar dae was dit ek en Herodes en die Christuskind. Skielik het ek die insluiting van die reaksie van ‘n monster soos Herodes in ons Christusfees begin  bevraagteken. Hierdie man wat niks sou ontsien  om sy eie posisie as koning te beveilig nie, al was dit ook ten koste van die lewens van talle klein kindertjies. Ek het dit  selfs oorweeg om te onttrek ,of te vra dat ek ‘n ander karakter doen.