Om Christus se liefde te beliggaam met Geregtigheid

Written by Rethie on February 20th, 2009. Posted in Gesprekke, God

Ruth Ann Foster skryf in Christian Ethics Today ‘n goeie verduidelikende artikel oor geregtigheid, genaamd Dangerous Waters of Justice and Righteousness.  Jy  kan dit hier lees.

Opsommend sê sy:

Biblical justice can be characterized as being:

1. based on the theology of God’s justice
2. related to relational, covenant community issues
3. partial to the marginalized and lowly
4. based on Old Testament covenant responsibilities
5. based on Jesus’ proclamation and mission in the New Testament, which is worked out in the ethical teachings of Acts and the Epistles
6. based on Jesus’ “upside-down kingdom” values
7. drawn from biblical teachings rather than based on perceived cultural needs or natural law/philosophy
8. never self-serving, condescending, patronizing, or manipulative
9. most concerned with the value of persons and their place in the community
10. an aspect of humankind’s role as stewards of God’s creation
11. a safeguard against the danger of reducing the Bible to a manual of personal piety.”
12. the heart of true religion, found in active attention to the poor, the oppressed, the widow and orphan, the helpless, the weak, the outsider, the marginalized of society.

The waters of justice and righteousness are dangerous to those of us who have promised to follow Christ and to live in covenant with His people. God’s justice is dangerous because:

  • to ignore it reveals we are not truly his;
  • to misunderstand it can lead to depersonalizing and compartmentalizing those made in God’s image;
  • to rationalize away its demands hardens our hearts to God;
  • to seek to live out the demands of God’s justice is risky and goes against the grain of normal behavior and cultural norms;
  • to pray for God’s justice calls us into involvement with those who need justice.
  • Die Vanilla Faktor

    Written by Rethie on October 25th, 2008. Posted in Gesprekke, Preke

    Die Bybel is die “Vanilla Faktor” vir ons geestelike groei.

    “Om die dieptes van die Bybel te probeer peil is soos om die bodem van die see met ‘n spons te probeer opdroog”  -Onbekend-

    “Die Bybel is ‘n lewende boek, ‘n boek wat die hele tyd groter en groter word.”  -James McClure-

    Waar is jy?

    Written by Rethie on October 13th, 2008. Posted in Gesprekke, Preke


    Praat gerus saam oor die volgende stellings.


    “The vast majority of people say they believe in God.  But it’s abundantly clear in the so-called Crhistian nations of the Western world that professing belief in God and allowing that belief to make any discernible difference in your life are two entirely different things.

    As obvious as this lapse of logic is, few seem to notice it.  To believe in an all-powerful supreme being  to whom you owe your very existence and yet to live as if you are the one in control doesn’t appear strange.  In fact, it feels normal.”  (Jan Hettinga, Follow Me, 1996:22).

     

    “Ons word geroep om al meer gelykvormig te wees aan die beeld van hierdie ewige, selfopofferende, ontfermende, gemeenskapstigtende, lewegewende, omgee-vir-die-ander God. Maar ook in ons dag en omgewing is selfopoffering ter wille van die ander; is ontferming, barmhartigheid en geregtigheid; is gemeenskapstigting, solidariteit en behoort-aan; is lewe-gee en lewe-gun en lewe-skenk en lewe-bevorder; ja, is omgee-vir-die-ander nié die waardes waarna allerweë gestrewe word nie, nie die soort mensbeeld wat ons graag aan onsself en ander voorhou nie. (D Smit, Neem Lees! 2006:179).

    Missionêr-diakonale Gemeentes

    Written by Rethie on September 16th, 2008. Posted in Gesprekke

    Nota:  Hierdie verslag is ‘n uittreksel uit Boek 1 van die Agenda Algemene Sinode 2007, bl 84vv. Boek 1 is op die web beskikbaar by www.ngkok.co.za/as2007.

    9.  VERDERE OMSKRYWING VAN MISSIONÊR-DIAKONALE GEMEENTES

    9.1  Diens en Getuienis, die wesenstaak van die Kerk
    GOD SE SENDING EN ONS SENDING
    Een van die mees inspirerende ontdekkings – herontdekkings sou waarskynlik ‘n beter woord wees – van ons tyd is dat sending nie in die eerste plek die verantwoordelikheid van van mense of selfs kerke is nie, maar van God self. Sending moet eerstens as missio Dei, God se sending, gesien word. Dis die drieënige God wat die eerste inisiatief geneem het, leer die Bybel ons. Die Vader het in liefde na die mensdom uitgereik en sy Seun gestuur. Die Seun het as eerste Gestuurde na die aarde gekom om God se heilsplan bekend te maak en in werking te stel. En toe Jesus se werk voltooi is, het die Vader en die Seun die Heilige Gees na die wêreld gestuur om God se heilswerk te bevestig.
    Vir baie eeue het die kerk dit nie raakgesien nie. Diens en getuienis is as die werk van die kerk gesien – óf van indiwidue, óf organisasies – wat die verlossingsboodskap na al die nasies moes uitdra. Die verantwoordelikheid het op ons skouers gerus om dit te doen. Soms, skryf David Bosch, is sending in soteriologiese terme verstaan – ons moes uitgaan om mense van ‘n ewige verdoemenis te red. Ander kere was sending as ‘n kultuuraksie gesien – om die “seëninge” van die Weste aan mense van die Suide en Ooste deur te gee. In baie kringe is sending ekklesiologies beskou, as die uitbreiding van die kerk oor ses kontinente, of heilshistories, as ons bouwerk aan God se komende ryk.
    Dit was Karl Barth wat reeds in 1932 by ‘n sendingkonferensie daarop gewys het dat sending nie in die eerste plek uit ons menslike aktiwiteit bestaan nie, maar dat dit God se werk is. Gaandeweg het meer missioloë en teoloë met Barth begin saamstem, totdat daar vandag onder vrywel alle kerke en tradisies eenstemmigheid oor die saak is. Sending is bowe-al missio Dei. Jare gelede reeds het die NG Kerk die oortuiging in sy Sendingreglement (18:1) ingeskryf:
    “Sending is die heilshandeling van die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees met die wêreld, waardeur Hy uit die ganse menslike geslag vir Hom ‘n gemeente deur sy Woord en Gees vergader”.
    Maar as sending God se werk is, wat van ons? Sluit die missio Dei die missio ecclesiae, die sending van die kerk, uit? Natuurlik nie! Die sending van God mond uit in die sending van die kerk. God maak ons sy medewerkers in die saak. “Soos die Vader my gestuur het, stuur Ek julle”, het Jesus aan sy dissipels ná sy opstanding gesê (Joh 20:21). Met sy afskeid van sy dissipels Hy dit duidelik gestel: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels” (Matt 28:18v). Volgens Lukas het die Here die missio ecclesiae as ‘n eenvoudige stelling geponeer: “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees…” (Hand 1:8). Die getuienistaak van die kerk is ‘n omvattende taak wat op die nood van die wêreld in al sy dimensies gerig moet wees. Die liefde van die Here moet in woord en daad verkondig word, én in die lewe van die kerk gedemonstreer word. Daarom vervolg die sendingreglement met die volgende woorde:
    Deur die gemeente

    • laat God sy Woord aan die gevalle wêreld verkondig (kerugma)
    • bring Hy die gemeenskap van die heiliges uit alle nasies tot stand (koinonia)
    • laat Hy diens aan die wêreld in nood lewer (diakonia),
    • laat Hy sy opdrag om die skepping te bewaar en te bewerk sigbaar tot uitdrukking kom,
    • en word sy geregtigheid aan die samelewing en die wêreld verkondig.

    So laat Hy sy koninkryk kom tot by die voleinding van die wêreld.

    9.2  Getuienis, die Bestaansrede van die Kerk
    Kerk en sending kan nooit van mekaar geskei word nie. Die kerk leef vir die sending; dit is die bestaansrede van die kerk. Dit het baie eeue geduur voordat die sentrale Bybelse gedagte herontdek is dat die kerk nie ter wille van homself leef nie, maar ter wille van die wêreld, dat God sy gemeente roep en bemagtig om sy verteenwoordiger op aarde te wees.
    “Julle is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, sodat julle die verlossingsdade van God sal verkondig…”, was Petrus se woorde aan die gemeentes in Klein-Asië (1 Pet 2:9,10, vgl die Griekse teks).
    Natuurlik is die opbou van die gemeente – eredienste, kategese, pastorale versorging, ensovoorts – van groot belang. Maar dit alles moet in diens staan van die uitbou van die kerk, om die gelowiges te inspireer en toe te rus vir hulle getuienis in die wêreld. Die kerk is alleen die kerk van Christus as dit vir ander mense, vir die wêreld, bestaan, het Dietrich Bonhoeffer vanuit sy tronksel geleer. En, het aartsbiskop illiam Temple bygevoeg, die kerk is die enigste maatskappy op aarde wat ter wille van diegene wat nie aandeelhouers is nie, funksioneer.
    Die oortuiging dat die kerk van nature missionêr is, het sedert die Tweede Wêreldoorlog veld gewen. Een teoloog na die ander het dit beklemtoon. In ekumeniese diskussies en besluite is dit met dik hale onderstreep. Die afgelope jare het die oortuiging vanuit die VSA nuwe stukrag gekry deur verskillende publikasies oor “the missional church”. Indrukwekkende programme om gemeentes te motiveer om na buite te leef, om hul verantwoordelikheid teenoor die wêreld as hoogste prioriteit te aanvaar, is van stapel gestuur. In ons eie land, ook in die kring van die NG Kerk, word heelwat in die verband gedoen.

    9.3  Plaaslike Gemeentes
    Maar wie is die kerk wat die opdrag ontvang het? Met die Bybel in die hand is dit duidelik dat die kerk primêr op plaaslike vlak bestaan. Natuurlik is denominasionele en sinodale strukture belangrik, maar die eintlike gestalte van die kerk is die plaaslike gemeente. Al die mooi beelde wat in die Nuwe Testament vir die kerk gebruik word (volk van God, uitverkore geslag, liggaam van Christus, lig, sout, aangename geur, briewe van Christus, ensovoorts) verwys in die eerste plek na plaaslike gemeentes. Paulus se briewe is aan gemeentes op spesifieke plekke geskrywe. Die plaaslike gemeente is die belangrikste rolspeler in die getuienistaak, wat deur God as sy agent in die gemeenskap aangestel is.

    9.4  Elke Lidmaat
    Daarby moet dit duidelik gestel word dat elke lidmaat ‘n verantwoordelikheid het. In die kerk is daar altyd ‘n behoefte aan voltydse sendelinge, professionele gemeenskapswerkers, tentmaker-sendelinge en korttermyn-sendelinge. Maar hulle staan tweede in die ry. Die algemene amp van alle gelowiges staan eerste. Elke Christen, elkeen wat Jesus as Verlosser leer ken het, word geroep om ‘n getuie te wees, om sy Naam met woord en daad te bely – tuis, in die huwelik, by die werkplek, in jou vriendekring, in elke sfeer van die samelewing.

    9.5  Dimensie en Intensie
    Wanneer daar oor die verantwoordelikheid van gemeentes om Diens en Getuienis te lewer gepraat word, is dit nodig om tussen ‘n missionêre dimensie en ‘n missionêre intensie te onderskei. As die kerk dáár is vir die wêreld, as die kerk in alles wat hy doen die liefde van die Here wil uitstraal, spreek dit vanself dat élke aksie van die kerk ‘n missionêre dimensie moet hê. Of eredienste gehou word of kategese bedryf word, of pastorale sorg ter sprake is of ‘n kerkbouprogram, of daar kermis gehou word of oor die jaarlikse begroting besluit moet word, telkens moet die vraag gevra word: dien dit ons getuienis? Lok dit mense na Christus – of stoot dit af? Maar die kerk het nog meer as dit nodig: ‘n missionêre intensie. In die program van die gemeente moet voortdurend plek gemaak word vir spesifieke getuienis- en diensaksies en projekte. Die evangelie-liefde van die Here moet verkondig word en ook gedemonstreer word. En daarvoor is planne en strukture nodig.

    9.6  Missionêre Strukture
    Dit alles bring mee dat elke gemeente eerlik voor die spieël van die Here sal moet gaan staan en vra: watter dinge verhoed ons om ons taak behoorlik na te kom? Dra die gemeentelike strukture ons missionêre aksie, of pootjie ons tradisionele strukture ons? Is die gemeente hoofsaaklik na binne gerig, bo alles op hul eie oorlewing ingestel? Of lewe dié gemeente na buite, na die wêreld, waarheen die Here hul geroep het om as Sy getuies op te tree? In die verlede het die kerk met reg teen ketterse leerstellings gewaak, wat dit vir mense onmoontlik gemaak het om die evangelie behoorlik te hoor en te aanvaar. Met net soveel erns moet die kerk ook teen ketterse strukture waak, wat die vrye verkondiging van die evangelie kniehalter. Dit kan ‘n ongemaklike oefening wees, maar dis broodnodig!

    * * * *

    Vir die NG Kerk is sy roeping in die wêreld – veral in Suid-Afrika én in Afrika met hul geweldige uitdagings en probleme – sy erns. Daarvoor is dit nodig dat ons met nuwe moed en oortuiging aanmeld, dat gemeentes in elke Sinode opgeroep word om in die lig van die missio Dei en die missio ecclesiae hul verantwoordeliheid raak te sien en na te kom. As ons werklik deel uitmaak van die kerk van die Here, sal dit ook nie anders kan nie. Emil Brunner, die Switserse teoloog, het dit rég gesê: “Soos ‘n vlam nie anders kan as om te brand nie, kan ‘n gemeente nie anders as om te getuig nie”.

    Gesels saam:  Hoe help ons bedieninge & kommissies ons om missionêr te leef?  Hoe kan hulle dit nog meer doen?

    (Lees ook ons Getuienisbeleid hier.)


    Erediensgesprek

    Written by Webmeester on July 8th, 2008. Posted in Eredienste, Gesprekke

    Title: Erediensgesprek
    Location: Konsistorie
    Start Time: 18:00
    Date: 2008-07-16
    End Time: 18:30