Indeling van 1 en 2 Konings – leesplan
WEEK 1: 1 KONINGS 1-11
- Salomo word koning ná Dawid se dood – hfst. 1-2 – Donderdag 22 April.
- Salomo se gebed om wysheid – hfst. 3-4 – Vrydag 23 April.
- Salomo bou die tempel van God en sy paleis – hfst. 5-7 – Maandag 26 April.
- Salomo wy die tempel aan God en vernuwe die verbond – hfst. 8-9 – Dinsdag 27 April.
- Salomo spog met sy rykdom; hy bewerk sy eie ondergang met vroue uit vreemde volke – hfst. 10-11 – Woensdag 28 April.
WEEK 2: 1 KONINGS 12-16:20
- Rehabeam se optrede laat die ryk skeur – hfst. 12 – Donderdag 29 April
- Jerobeam se afgodediens word veroordeel – hfst. 13 – Vrydag 30 April
- Jerobeam se huis word veroordeel – hfst. 14 – Maandag 3 Mei
- Abia, Asa en Nadab – hfst. 15:1-32 – Dinsdag 4 Mei
- Baesa, Ela en Simri – hfst. 15:33-16:20 – Woensdag 5 Mei
WEEK 3: 1 KONINGS 16:21-2 KONINGS 1
- Omri, Agab, Elia en die droogte – hfst. 16:21- 18 – Donderdag 6 Mei
- Elia op die berg Horeb – hfst. 19 – Vrydag 7 Mei
- Agab en die Arameërs – hfst. 20 – Maandag 10 Mei
- Nabot se wingerd – hfst. 21 – Dinsdag 11 Mei
- Agab se einde, Josafat en Ahasia – hfst. 22 – 2 Konings 1 – Woensdag 12 Mei
WEEK 4: 2 KONINGS 2-10
- Elia se mantel val op Elisa – hfst. 2-3 – Donderdag 13 Mei
- Elisa dien gewone en vername mense – hfst. 4-5 – Vrydag 14 Mei
- Elisa en die Arameërs (Sirië) – hfst. 6-7 – Maandag 17 Mei
- Elisa en Damaskus – hfst. 8 – Dinsdag 18 Mei
- Elisa en Jehu – hfst. 9-10 – Woensdag 19 Mei
WEEK 5: 2 KONINGS 11-17
- Joas word koning oor Juda – hfst. 11-12 – Donderdag 20 Mei
- Joahas word koning oor Israel en die dood van Elisa – hfst. 13 – Vrydag 21 Mei
- Amasia word koning oor Juda en Jerobeam II oor Israel – hfst. 14 – Maandag 24 Mei
- Verskeie konings van die 8ste eeu vC – hfst. 15 – Dinsdag 25 Mei
- Agas word koning van Juda en Hosea koning oor Israel tot met die Noordelike ryk se ballingskap – hfst. 16-17 – Woensdag 26 Mei
WEEK 6: 2 KONINGS 18-25
- Die verhaal van koning Hiskia – hfst. 18-20 – Donderdag 27 Mei
- Die sonde van Manasse – hfst. 21 – Vrydag 28 Mei
- Josia word koning oor Juda – hfst. 22 – Maandag 31 Mei
- Josia se hervormings – hfst. 23 – Dinsdag 1 Junie
- Nebukadnesar neem Jerusalem in en voer die volk in ballingskap weg – hfst. 24-25 – Woensdag 2 Junie
Blog
Soos in die verlede, gaan ek ‘n Gesprekforum op hierdie blog bedryf, waar ek elke weeksdag gaan skryf oor my eie lees van Konings. Julle kan dit lees vir meer inligting en ook julle vrae daar vra. Ek kan dit ook per e-pos vir julle stuur. Maar, ek sal dit veral waardeer as julle ook julle eie leeswerk daar as kommentaar – ook kommentaar op ons ander se leeswerk – sal skryf, sodat ons almal daarin kan deel en in die saamgesels verryk kan word.
Metodiek
Ek het al baie verskillende Bybelstudie metodes in die loop van die Bybelskool voorgestel, sommige meer informatief van aard en ander meer formatief (luister-metodiek of Lectio Divina bv.) van aard.
Die idee is om beide die breë lyne van bv. die verhaal van Salomo, Elia of Elisa as die fyner detail daarvan raak te lees en die betekenis en die impak daarvan vir ons lewe te oorweeg. Elke week sal ons dus die groeptyd gebruik om ook daaroor te gesels. Dit is juis in die refleksie en nadenke oor die betekenis van die Bybel dat geestelike groei plaasvind.
Jy kan enige sisteem gebruik om vir jou aantekeninge te maak, selfs kort aantekeninge in die kantlyn van die Bybel:
Een manier is om met drie simbole te werk waaroor jy dan kan reflekteer en in die groep kan bespreek:
! – IETS WAT JOU GETREF HET
? – IETS WAAROOR JY ‘N VRAAG HET
↓ – IETS VAN GROOT BETEKENIS
Julle kan self kies hoe julle wil lees met enige van die vorige metodes.
Ek gee hier ook weer vir julle die vier metodes van Adele Calhoun. Sy stel 4 metodes vir Bybelstudie voor (Spiritual Disciplines Handbook, 164), sommige meer formatief en ander meer informatief:
- Lees soos ‘n Kunstenaar
- Wat tref my?
- Watter nuwe gedagtes kry ek?
- Wat moet ek daarmee doen?
- Lees soos ‘n Speurder
- Wat gebeur hier (wie, wat, wanneer, waar)?
- Wat beteken dit (hoekom, met watter doel)?
- Wat nou (aksie, met wie)?
- Lees soos ‘n Skatkisjagter
- Watter skat lê hier opgesluit (voorbeeld, belofte, opdrag, toepassing, gebed, belydenis, vraag)?
- Wat moet ek hiermee doen?
- Lees soos ‘n Vakleerling
- Wat doen Jesus (doen, dink, sê, reageer, vermy, vra, beveel, uitnooi)?
- Wat moet ek hiermee doen?
Kies een van hierdie metodes (of kies elke week ‘n ander een!) en gebruik dit om diep in die teks te delf na die rykdom wat God vir jou daarin opgesluit het. En elke week kom ons dan bymekaar om saam te gesels oor wat ons gehoor het, vrae wat ons miskien het uit te pluis, en ons eie verstaan te verdiep vir die reis wat ons saam met God in die lewe onderneem.
Tags: Konings
Trackback from your site.
