Markus 12:38-44 – Die arm weduwee se gawe

Written by Webmeester on March 1st, 2010. Posted in Bybelskool, Didage, Markus

Markus

In hierdie kort paar verse, voor ons môre die profetiese rede begin lees, kontrasteer Jesus die skyn en huigelary van die skrifgeleerdes met die opregte oorgawe van die arm weduwee met haar gawe by die offergawekis.

Alles wat die skrifgeleerdes doen, is gemik op ‘n sosiale – en gemeenskap impak: klere, sitposisies en gebede (vgl Luk 18 vir die kontras tussen die gebed van die Fariseër en die tollenaar). Agter die skerms doen hulle egter kwaad, deur die huise van weduwees in te palm.  Omdat hulle nie vergoeding vir hulle dienste gekry het nie, het hulle blykbaar geteer op die gunste en gawes van mense, onder andere op dié van weduwees.  Dit is ook heel moontlik dat hulle met die regsprosesse van die boedels van weduwees betrokke was en hulle daardeur kon benadeel het (Fitzmyer).

Die arm weduwee, wat waarskynlik ook deur die skrifgeleerdes ingeloop is, kom gooi egter uit haar gebrek alles wat sy het in die offergawekis.  128 van dié muntstukkies was die dagloon van ‘n arbeider.  Dit was dus uiters min en kon volgens sommige ‘n handvol meel vir ‘n eenvoudige maal bekostig.  Sy gee egter wat sy het, in ‘n sekere sin haar lewe, en al weet sy ook haar gawe sal deur die Joodse Raad gebruik word, gee sy dit steeds, omdat sy aan God getrou wil bly.  Dit is dié tipe gelowiges op wie Jesus fokus en by wie se lot Hy betrokke raak.

Matteus en Lukas

Matteus het ‘n uitgebreide rede van Jesus oor die skrifgeleerdes wat uitbrei oor hulle slegte voorbeeld wat die dissipels soos die pes moet vermy.  Jesus spreek ‘n verdoemende oordeel oor hulle.  Matteus het egter nie die verhaal van die arm weduwee nie.  Lukas volg Markus se weergawe van albei verhale.

If you enjoyed this post, make sure you subscribe to my RSS feed!

Tags: ,

Trackback from your site.

Comments (2)

  • Alida Bothma
    03/03/2010 at 12:05 |

    Hi Chris, hierdie week se gedeeltes is baie gelaai met soveel uitsprake wat Jesus maak. Die gedeelte wat my die meeste aangegryp het, is eintlik die gedeelte in Matteus waar Jesus waarsku teen die skrifgeleerdes en Fariseers en waar Hy huigelary veroordeel. Ek het net so bewus geword daarvan hoe ons elkeen individueel, maar ook as gemeente en kerk as die liggaam van Christus moet self-ondersoek doen oor al hierdie eienskappe van die ingesteldheid van die Fariseërs en waar dit nie dalk by ons (onbewustelik) teenwoordig is nie. Wat van ‘n ‘kritiese gees’ wat so dikwels voorkom in die midde van die kerk, en hoeveel keer stenig ons nie ook profete wat ons nie as profete raaksien in ons gemeenskap nie (daar dink ek dadelik aan ons in die apartheidsdae) maar ons moet op onsself let dat dit nie oor en oor gebeur nie. Toe ek hierdie gedeelte gelees het, het ek weer gaan terugkyk na ‘n hoofstuk “The Pharisees’ struggle with the Holy Spirit” uit die boek “Communion with God” wat Mark Virkler geskryf het.(Die praktiese werkboek). Daar het hy o.a. ‘n vraelys om in diepte jou eie gedagtes en motiewe met ‘n fynkam deur te gaan – ‘n baie sinvolle oefening!

  • Kromvlei
    08/06/2010 at 05:07 |

    Goie werk hou so aan

Leave a comment