Markus 6:1-6 – Sy tuisdorp se mense wil niks van Hom weet nie
Markus
Let weereens op hoe belangrik geloof is, of dan hier die gebrek aan geloof. Waar Jesus die vrou en Jaïrus net tevore kon help, en hulle geloof ‘n rol daarin gespeel het, kan Jesus hier min uitrig, weens die gebrek aan geloof van sy tuisdorp se mense. Die feit dat Hy aan hulle bekend was as kind beteken dat hulle Hom etiketteer en ignoreer, tot hulle ewige skade. Selfs sy familiekring en gesin wou nie op dié stadium in Hom glo nie.
Interessant dat die dorpie nie by sy naam Nasaret genoem word nie.
Matteus en Lukas
Matteus plaas die verhaal weereens in ‘n ander situasie, na ‘n aantal gelykenisse wat Jesus vertel het. Lukas doen dieselfde, maar plaas die verhaal reg aan die begin van Jesus se openbare bediening en brei op beduidende wyse uit op Markus se verhaal. Hy gebruik die verhaal van Jesaja as invalshoek vir Jesus se aanvangsbediening, hoewel hy ook verwys na sy vorige bediening in Kapernaum, wat dit verseker nie sy eerste openbare optrede maak nie. En Lukas gee ‘n goeie sinopsis van die res van Jesus se prediking waarin uitvoerig na OT verhale verwys word.
Trackback from your site.
