1 Samuel 14 – Hy kan red, deur baie of deur min

Written by Webmeester on November 4th, 2009. Posted in Samuel

Jonatan tree hier na vore as ‘n dapper vegter wat in voeling is met wat die Here wil.  Hoe pragtig sê Jonatan nie:

“Hy kan red, deur baie of deur min.”

Let op hoe die oorwinning kom deur sowel Jonatan se heldedade en die Here wat paniek en verwarring saai onder die vyand.  Selfs Hebreërs wat eintlik aan die Filistyne se kant was, kom oor na Israel toe!

Saul darenteen kan selfs met die ark by hom nie in kontak met God kom nie: “Maar God het hom nie toe geantwoord nie.”  Sy opdrag aan die manskappe om nie te eet voor die aand nie, illustreer sy dwaasheid deurdat dit die oorwinning beperk én sy seun se lewe bedreig (onthou Jefta en sy dogter!).

Die manskappe keer dat Saul vir Jonatan kwaad aandoen, interessant genoeg deur Jonatan se heldedaad aan God se hulp te verbind.

If you enjoyed this post, make sure you subscribe to my RSS feed!

Tags:

Trackback from your site.

Comments (4)

  • Vinie Furstenberg
    11/04/2009 at 06:44 |

    Oordeel oor Eli se nageslag: 1Sam 14

    Ten spyte van die boodskap van die man van God aan Eli in 1Sam 2, tref ons vir Agija, die agterkleinseun van Eli, as priester aan by Silo. 1Sam 14:3

    Is daar `n moontlikheid dat verskillende tradisies in omloop was en dat die twee hoofstukke nie van dieselfde bron afkomstig was nie?

  • Vinie Furstenberg
    11/04/2009 at 06:45 |

    `n Vertalingsfout? 1 Sam 14:32 – 33

    “ by die bloed geëet” Volgens Lev 7:26 was dit nie veroorloof om vleis MET die bloed daarin te eet nie.

  • 11/04/2009 at 12:39 |

    Nee, dit is een tradisie. Die vervulling sou nog kom met die uitwissing van die priesters van Nob in 1 Sam 22 en later selfs van die laaste oorblywende een, Abjatar, wat verban is na sy landgoed (1 Kon 2). Let op dat daar van Eli gepraat word wat priester in Silo was, nie van Agija nie.

  • 11/04/2009 at 12:44 |

    Die woordjie wat met “by” vertaal word, kan ook met “met” vertaal word. Dit is heel moontlik 'n vertalingsfout (Klein).

Leave a comment