Interessante feite oor die Bybel

Written by Webmeester on November 29th, 2009. Posted in Bybel, Samuel

  • Die oudste manuskrip van die NT is ‘n papirus fragment wat verse uit Johannes 18 bevat.  Geleerdes dink dat dit uit ongeveer 125 n.C. dateer.
  • Vroeë Christene het ook die Bybel lukraak oopgeslaan, as hulle ‘n antwoord op ‘n probleem wou ontdek, en die eerste reël gelees waarop hulle oë val, en dit as ‘n goddelike boodskap aan hulle beskou.  Dit was so gewild dat dit gereeld deur die eerste kerklike konsilies veroordeel is.
  • Die woord Bybel kom van die ander Griekse woord vir die papirus plant, biblos, omdat die pit daarvan gebruik is as papier.  Die pit van die papirus plant (‘n soort biesieplant wat in die Nylrivier gegroei het) is kruis en dwars gelym en dan glad geskuur.  Lengtes hiervan is ook aan mekaar vasgelym om boekrolle te vorm.  Mettertyd is sulke papirusbladsye aan mekaar gebind in boekvorm, wat kodekse genoem is (bv. die Alexandrynse kodeks ens.).
  • Ons hoofstuk- en vers indeling kom uit die tyd toe die teks van die Vulgaat, die amptelike Bybel van die Roomse Katolieke Kerk in Latyn, verdeel is in hoofstukke in die 13de eeu deur Stephen Langton, ‘n professor van Parys, en in die 16de eeu ook in verse deur Robert Estienne, ‘n Franse uitgewer, wat verwysings na die Bybel makliker as tevore gemaak het.
  • Maar dit het natuurlik ook tot gevolg gehad dat mense die Bybel anders gesien en hanteer het as te vore.  In plaas daarvan dat die Bybel (of ‘n boek in die Bybel) in die eerste plek as ‘n geheel gelees is, kon mense nou makliker fokus op individuele verse om sekere dogmatiese punte te beklemtoon.  Lectio (lees) het baie makliker oorgegaan in Questio (bevraagteken).
If you enjoyed this post, make sure you subscribe to my RSS feed!

Tags:

Trackback from your site.

Comments (7)

  • Gawie
    01/24/2010 at 12:31 |

    Baie interessant! Ek het 'n volledige artikel oor Bybelfeite op my webwerf wat jy met jou selfoon ook kan besoek. Kliek net op my naam en registreer GRATIS!

  • Gawie
    01/24/2010 at 12:35 |

    Nou ja lyk my die skakel werk toe nie! Probeer taffywap dot com asb!

  • Annelize
    02/11/2010 at 11:41 |

    Dit is werklik baie interessant

  • Almero
    06/02/2010 at 17:52 |

    Jy seg:

    Ek dink verskeurdheid en verdeeldheid is altyd teen God se wil. Soos Hy, by gebrek aan 'n beter voornaamwoord!, EEN is, só wil Hy hê moet ons een wees. Dit sluit nie diversiteit uit nie, maar…

    mmmm … ek hou hiervan …. dis net jammer die kerk dink en leef nie so nie.
    Vir “vernuwende” gelowiges is daar nie staanplek in die kerk nie.

  • 06/11/2010 at 07:36 |

    Ons het 'n balans nodig tussen dogma en deernis. Ons het te veel mense in die kerk wat 'n deernislose dogma bedryf – wat die Bybel se boodskap reduseer tot 'n paar waarhede en ander daarmee veroordeel en wegdryf. Dit maak van die kerk 'n gevaarlike plek, een waar daar nie 'n veilige ruimte is waar oor God en mekaar en ons lewe in hierdie wêreld gesels en verskil kan word nie. Die antwoord lê egter ook nie in 'n dogmalose deernis nie – waar sentrale Bybelse waarhede opgeoffer word om die band met mense te behou nie. Dit maak van die kerk 'n rigtinglose instansie, een waar daar rondgedobber word tussen al die waarhede van die aanwesiges en die Godsbeeld verduister word. Dit was onder andere die probleem van die Noordryk van Israel, wat 'n eie pad rondom die aanbidding van God ingeslaan het, met beelde en hoogtes en pale wat God vervang het, en uiteindelik 'n eie God, dws 'n afgod, tot gevolg gehad het. Wat nodig is, is wat Josia bv. gedoen het – neem die hele volk saam en lees die Bybel en soek saam na die geestelike onderskeiding van die dinge waarop dit aankom. Net soos Paulus in Filippense 1:9-10 ook voorstel dat ons in liefde (deernis) EN begrip (dogma) moet toeneem.

  • Lizane
    12/28/2010 at 18:40 |

    Baie interessant en leersaam. Baie dankie vir die inligting!

  • John
    04/19/2011 at 12:38 |

    baie interessant! ek het dit baie geniet!

Leave a comment