As God ver is

Written by Rethie on September 11th, 2009. Posted in God

Lees die artikel “Luther and the Hidden God” hier.

If you enjoyed this post, make sure you subscribe to my RSS feed!

Trackback from your site.

Comments (3)

  • 10/06/2009 at 10:44 |

    Interessante blik op die verborge God (Stephen Paulsen) – 'n mens sien dit alreeds in Genesis dat God se sigbare teenwoordigheid in die Skepping, die tuin, by (letterlik “voor”) Abraham algaande verborge raak totdat Josef God net in drome ervaar. Dit maak Hom nie minder werklik nie, maar meer verborge. En die NT verhaal is dieselfde – van die sigbare vleeswording van Jesus na die verborge inwoning van die Gees in elke gelowige. Tog bly God steeds soewerein, en kan selfs in die intieme inwoning in ons, Homself verborge hou om sy doel met ons te bereik.

  • 10/06/2009 at 15:15 |

    Een van die redes vir God se afwesigheid is dat sekere dinge nie daarsonder sou kon gebeur nie. Ek dink bv. aan die verhaal van Hanna, die kinderlose vrou van Elkana. Dit is IN die worsteling wat sy het met 'n afwesige God, wat nie vir haar aanvanklik kinders gee nie, dat 'n hele paar karakters ingetrek word in God se verhaal met Israel:
    * Eli, wat dink dat sy mal is, en kort voor lank iets van God se nuwe weg sou agterkom;
    * Elkana wat wonder hoekom sy nie tevrede is net met hom alleen nie, d.w.s. sonder kinders nie, en met die geboorte in die wonder van God se voorsiening kan deel;
    * Samuel, wat as hy gebore word vir haar, DIE man van God in Israel word, wat beide die profeteskool as die monargie instel onder God se leiding.
    Sou dit in elk geval gebeur het, selfs sonder God se afwesigheid – ek dink nie so nie.

  • 10/08/2009 at 21:14 |

    Vannaand het ek weer in ons gemeentesel iets ervaar van die wonder van gebedsverhoring. Ons het vir 'n spesifieke probleem gebid wat een ons sellede gehad het, en 'n halfuur later die sms gekry dat die probleem opgelos is. Dit is nie asof die Here die probleem nie voor die tyd kon opgelos het of nog beter kon gesorg het dat die probleem in die eerste plek nie ontstaan het nie. Maar Hy kies om dit op te los terwyl ons saam daarvoor bid, en dit verstrek almal van ons se geloof.

Leave a comment