Groei oor Grense

Written by Webmeester on May 16th, 2009. Posted in Gesprekke, Nuus

Die Christendom – anders as Islam en die Judaïsme – het van die begin af uitgebreek uit die spesifieke kulturele en taalkonteks waarin dit oorspronklik gekom het. In beide die Judaïsme en Islam kom die godsdienskant altyd saam met `n bepaalde taal en kultuurvorm – wat beteken dat bekering tot hierdie gelowe eintlik ook die aanvaarding van `n bepaalde kultuur en taal behels.
In die Christendom was dit van die begin af anders. En dit sien ons nêrens so duidelik as in Handelinge 10 nie! Handelinge 10:44-48 vorm deel van ‘n baie belangrike storie van die eerste gemeente in Handelinge.  Dit is die storie van hulle insluiting van nie-Jode, d.w.s. heidene in die gemeente van die Here.

In my preek vra ek die vraag of ons bereid is om saam met die Gees te gaan as Hy oor ons mensgemaakte grense heen beweeg na mense en groepe wat Hy liefhet ten spyte van ons vooroordele?  Wat sê jy?

Die perikoop bevestig ook dat die ervaring van die Heilige Gees ‘n onontbeerlike faset van elke gelowige en elke gemeente se lewe was.

Ons sien dit in die 3 woorde wat Lukas gebruik om die ervaring van die Heilige Gees te beskryf.

  1. Hy sê dat die Heilige Gees gekom (letterlik geval) het op almal wat na die woord wat Petrus verkondig het, geluister het.  Dit is presies soos Jesus die ervaring van die Heilige Gees in hoofstuk 1 belowe het.
  2. Hy sê ook dat die Joodse gelowiges  die ervaring beskryf as ‘n uitstorting van die Heilige Gees.  Daarom weet hulle onmiddellik dat dit dieselfde tipe gebeure is as op Pinksterdag.
  3. Lukas sê ook dat Petrus die gebeure interpreteer as ‘n ontvangs van die Heilige Gees.  Dit kom ooreen met wat hy aan die eerste gelowiges verduidelik in hoofstuk 2, bekeer julle, laat julle doop en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Sal graag wil hoor hoe julle ervaring hiermee ooreenstem.

Onthou:

Ons het ‘n geleentheid hierdie Pinkster om mense te nooi in ons gemeenskap en saam te kom gesels oor grense en hoe die Gees ons oor grense stuur.  Reik dus uit in gasvryheid en nooi mense saam om te luister en te deel en met ons in gesprek te gaan.

If you enjoyed this post, make sure you subscribe to my RSS feed!

Trackback from your site.

Leave a comment