HERODES DIE GROTE: ‘N BOODSKAP VAN HOOP

Written by Webmeester on December 6th, 2010. Posted in Eredienste, Gesprekke

Dis ‘n gewone dag êrens in die week. Soos so baie ander is ek ook maar besig met die daaglikse verpligtinge.  Die vibrasie op my lyf herinner my dat my selfoon lui en ek sit die skreeuende hoeksnyer op die werktafel neer.

Op die skerm van my selfoon staan “Chris predikant “ . Dis kerksake dink ek, min wetend dat hierdie oproep my gedagtegang en ook my lewe ingrypend gaan beïnvloed. Ons beweeg  deur die gewone vriendelike gemeenplase van welsyn en die weer. Toe kom die vraag. “ Frik, volgende Sondag, soos jy weet, is ons Kerssangdiens. Ons wil vanjaar fokus op die reaksies van ‘n aantal Bybelfigure op die geboorte van Christus. Sien jy kans om die reaksie van Herodes, die Grote, te verwoord”. Sonder om twee maal te dink het ek ingestem, effens gevlei  deur  die feit dat iemand gedink het dat ek so iets sou kon doen.  Ons groet en ek gaan voort om die ysters te sny.

Bevoorreg soos wat ek is, sit ek toe die son sak, onder’ n groot koorsboom en kyk hoe die son sy laaste kwasstrepe trek oor die pers van die jakarandas, die kopergeel van die silwereike en die wisselende groen van die sitrusbome. Ek drink rustig aan ‘n witwyntjie en laat my gedagtes gaan oor die gebeure van die dag . Chris het van Herodes gepraat, en wat weet ek van Herodes.

Vir die volgende paar dae was dit ek en Herodes en die Christuskind. Skielik het ek die insluiting van die reaksie van ‘n monster soos Herodes in ons Christusfees begin  bevraagteken. Hierdie man wat niks sou ontsien  om sy eie posisie as koning te beveilig nie, al was dit ook ten koste van die lewens van talle klein kindertjies. Ek het dit  selfs oorweeg om te onttrek ,of te vra dat ek ‘n ander karakter doen.

Leef Waarderend

Written by Rethie on November 28th, 2010. Posted in Eredienste, Gesprekke, Preke

Al 4 die evangelies vertel die verhaal van ‘n vrou wat Jesus gesalf het:  Markus 14:3-9; Matt 26:6-13; Lukas 7:36-50; Joh 12:1-8.  Die Evangelie-skrywers het soms van dieselfde mondelinge en geskrewe bronne gebruik gemaak, ander kere weer nie.  Hulle het ook elkeen verskillende teikengehore en doelwitte in gedagte gehad.  Daarom verskil die besonderhede van die vier weergawes so dat sommige wonder of hulle na dieselfde insident verwys!  In 2 gevalle word Jesus se kop gesalf (Mark & Matt) en in die ander twee sy voete (Luk & Joh).  By Markus en Matteus speel die toneel af “in Betanië in die huis van Simon die melaatse.” By Lukas gebeur dit aan huis van Simon, “een van die Fariseërs”.  Johannes sê net dat dit in Betanië was en dat Marta, Maria en Lasarus teenwoordig was.  Almal behalwe Johannes beskryf die vrou wat Jesus gesalf het, bloot as “’n vrou” (sonder ‘n naam.)  Net Lukas beskryf haar as ‘n vrou “wat ‘n sondige lewe gelei het”.  (Dalk is dit hier waar die skinderstories wat sommige mense vandag oor Maria glo, vandaan kom?)  Johannes is die enigste wat sê dit was Maria.  In drie gevalle (behalwe Lukas) word daar met verontwaardiging op die vrou se optrede gereageer – deur onderskeidelik die dissipels, omstanders en Judas.

(Verwys “Moed om Mens te Wees” – Elna Mouton e.a.)

Nuts en Bolts en die kerk

Written by Webmeester on November 23rd, 2010. Posted in Gesprekke, God

As jy skuins kyk, is jy normaal. Nee ek wil nie die kerk herstel nie. Ek wil gewoon iets vir jou vertel wat op ‘n  blou Maandagoggend my pad in ‘n parkeerterein gekruis het.

Soos enige aardse bewandelaar van my jare word daar maar in paaiemente uit die bed gerol. As daar nog pyne is, dan lewe jy nog. Al die nodige word gedoen ten einde die buitewêreld in die gesig te kan kyk. Gespitpolish en gedres ry ek na die winkelsentrum en en trek niksvermoedend langs ‘n paneelwa in.

Met die oopmaak slag van die deur hoor ‘n man wat opgewek sing.  Nuskierig is my tweede naam en ek loer om die paneelwa se deure om my te vergewis van die vrolike gesingery. En wie sing so vrolik, vra ek versigtig. Dis ek, sir , en ‘n vriendelike, laggende ronde gesig kyk my reguit in die oë. ‘N Kort op die been stewig geboude bruinman staan voor my. Sy kop is blinkgeskeer en sy oë glinster.

As lewensblyheid verbeeld kon word, het dit voor my gestaan. Nou wat laat ‘n man op Maandag so vreugdevol die week tegemoet gaan, vra ek.

Sir, lat ek jou vertel. Gister was Sondag en ek het gaan worship by my kerk. Ek was lanklaas daar, maar gister het die preacher net met my gepraat. Hy raak ‘n oomblik stil. Hy bring sy regterhand so van sy maag af teen sy bors langs sy keel na sy mond toe op en laat sy vingerpunte oopmaak terwyl hy sê. Sir, ek kan nie vir jou vertel wat gister gebeur het nie, dis kompleet of die Lord my nuts en bolts weer opgelyn het. Die wat te vas was, het Hy losgemaak  en die wat te los was weer vasgemaak . Toe ek vamôre wakker word, sir, wou ek net rejoice en worship en nie een van my nuts of bolts het gerattle nie.

Ek was stom geslaan . Die vrede en die vreugde wat op die Maandag oor my gekom het, was wonderlik. Ek wat dit altyd vir ander sê, vrede en vreugde, kry dit toe ongevraagd en dit omdat ‘n totale vreemdeling my herinner het aan die belangrikheid van die samesyn van die gelowiges onder die geklank van God se Woord.

Vrede en vreugde.

Frik Buys

Leef luisterend

Written by Webmeester on November 12th, 2010. Posted in Gesprekke, Preke

Jesus is vasbeslote op reis na Jerusalem.  Hy weet dat sy lyding die kruis sal insluit.  Hy het dus ‘n behoefte aan gasvryheid.  Op sy reis deur ‘n dorp van die Samaritane weier hulle egter om Hom te ontvang en Hom verblyf te gee (Luk 9:51-56).  “Die Seun van die mens het nie eers ‘n rusplek vir sy kop nie,” sê Jesus (9:58).

Hy stuur 72 van sy dissipels na ander dorpe om die evangelie te verkondig.  Hy spel spesifiek uit dat hulle hul op die gasvryheid van die mense moet verlaat (10:1-15).  In die mense se gasvryheid en luister, al dan nie, word hulle gehoorsaamheid aan God sigbaar: “Wie na julle luister, luister na My; Wie julle verwerp, verwerp My” (10:16).

Op ‘n vraag van ‘n wetsgeleerde: “wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” antwoord Jesus met ‘n samevatting van die wet, dat jy God en jou naaste moet liefhê (10:25-28).  En vertel dan die verhaal van die Gasvrye Samaritaan, om die wetsgeleerde te leer dat gasvryheid vir die vreemdeling naasteliefde is.  Hy betoon immers gasvryheid aan die man wat onder rowers deurgeloop het deur hom in die herberg te laat versorg, in sy barmhartigheid (10:29-37).

Dit laat ‘n mens die verhaal van Marta en Maria met ‘n gans ander bril lees.

  • Marta ontvang Jesus as gas. Sy doen dus dít wat die Samaritane nie vir Hom wou gee nie.  Sy is die Gasvrye en Barmhartige Samaritaan!  Sy maak alles klaar om Hom te bedien.  En daarin is sy reg.  Dit is gasvry.
  • Maar dan wil Marta hê dat Maria ook soos sy moet optree.  Dit laat haar ongasvry optree deur Jesus te berispe asook haar suster.  Jesus wys haar tereg daaroor tereg!
  • Maria ontvang Jesus op ‘n ander manier as gas.  Sy doen wat Jesus verwag het die ander dorpe moet doen, om te luister na die dissipels.  Hier luister sy egter net na Homself.  Sy ontvang só die koninkryksboodskap, en in die proses God self!

Daarom dat Jesus vir Maria prys, want sy het die beste deel gekies, iets wat nie van haar weggeneem kan word nie – die koninkryk van God.

Ons leer hier dat gasvryheid nie net is om vreemdelinge te ontvang en te dien of te “help” nie.  Ons kan ook iets by hulle leer.  Ons móét trouens ook by hulle leer, want dit is baie keer die manier hoe God self onder ons teenwoordig is, soos ons ook by die Emmausgangers leer!

Leef Vrygewig

Written by Rethie on November 7th, 2010. Posted in Uncategorized

Self-ontlediging – kenosis - is die teenoorgestelde van selfhandhawing en selfvervulling.  Dit is ‘n gesindheid om ter wille van ander, of in die plek van ander, te gaan staan en leef – soos wat Christus mens geword het, slaaf geword het en in ons plek gesterf het, om só ‘n nuwe gemeenskap met God moontlik te maak.

Die aard van die gemeenskap binne die Drie-eenheid is dié van ontlediging. Die Vader gee (offer) die Seun, die Seun gee (stuur) die Gees, die Gees gee gawes aan die kerk om ‘n inklusiewe  gemeenskap van self-ontlediging te wees. Gasvryheid teenoor die vreemdeling is daarom wesenlik tot die geloofsgemeenskap. (Frederick Marais)

We must relinquish die social status that belongs to our past: the comfortable relationships with ruling classes; the continuous confirmation of accepted social values and norms by means of which we sustain those relationships; the espousal of “charities” that ease our guilty consciences while allowing us to maintain neutrality with respect to the social structures that make such “charities” necessary; the silent acceptance of racial, sexual, gender and economic injustices, or their trivialization through tokenism; the failure to probe die depths of human and creaturely pathos by confining sin to petty immorality or doctrinal refinements drawn from die past, and so on.  We must disengage from the dominant culture. This is the necessary precondition for a meaningful engagement of that same dominant culture or society. (Douglas Hall)

Leef inklusief

Written by Webmeester on October 30th, 2010. Posted in Eredienste, Gesprekke, Preke

Saggeus

In Lukas 19 is Jesus teen die einde van sy reis van Galilea na Jerusalem, waar Hy sou sterf.  Saggeus, die kort, skatryk mannetjie, tollenaar en hoofskurk van Jerigo, word die laaste dissipel wat Jesus op sy reis na Jerusalem werf.

Tollenaars het nie net hulleself verryk met belastings nie, hulle was ook die loan sharks van die tyd.  Deur die toedoen van Saggeus het mense verarm,  en het hy waarskynlik nie die einde van sy skatte geken nie.

Wat doen God met Saggeus? Jesus sien vir Saggeus raak in die boom en begin ’n gesprek, en dring daarop aan dat Hy by hom wil gaan eet.  God reik dus uit en dring Saggeus se ruimte in om die gemeenskap tussen hulle te herstel.

Hoekom?  Want God is ’n inklusiewe God.  En uiteraard vra Hy van ons om op dieselfde manier te leef.

Spiritualiteit

Ons dink baie keer oor ons geestelike volwassenheid uit die hoek van ons stiltetyd en ons kerkbywoning en hoe ons met die Bybel en God omgaan.  Ons beskryf dit baie keer as ons spiritualiteit – en in die lig van Galindo se onderskeiding, as ons gedeelde taal.

Maar gasvryheid, soos ons nou al vele kere gehoor het in dié reeks die kwartaal, is net so ’n belangrike eienskap van geestelike volwassenheid, van ons spiritualiteit.  Soos Jimmy Dorrell (Pass the Potatoes, Please) skryf:

“Who sits at our dinner tables is an important indicator of our spiritual condition”

Die Bybel is vol daarvan dat ons geloof gemeet kan word aan doodgewone goed soos om die hongeriges kos te gee, die siekes en die gevangenes te besoek, en vreemdelinge gasvry te ontvang (Dink maar net aan die skeiding tussen die skape en die bokke aan die einde van die tyd, wat op grond van sulke goed gedoen word – Matt 25:34-36).

Ons naaste is nie die een wat langs ons bly nie. Ons IS ’n naaste as ons stilstaan by die mens in nood en iets aan sy lot doen.  Dit is die gemengde ras Samaritaanse man wat vir ons ’n model word van hoe in die koninkryk van God opgetree word.  Ons ken hom as die Barmhartige Samaritaan (Luk 10:25-37) wat vir ons wys hoe ’n naaste is, en wat ’n naaste doen, en hoe gasvryheid werk.

Jesus leef inklusief

Jesus is hier vir ons die model wat ons moet navolg, want HY leef inklusief.  En let op dat dit op ’n  ongeskeduleerde spontane  manier gebeur – Jesus was immers op pad deur die stad (19:1) na Jerusalem toe (9:51; 10:38; 13:22; 17:11; 18:31; 19:28).  Dit gaan dus nie net oor die voorbereide etes met uitgesoekte gaste nie, ook die spontane ontmoetings van elke dag waar uitgereik word, ingesluit word, bederf word.

En dit sal altyd ’n grens van een of ander aard oorsteek sosiaal, ekonomies, selfs moreel, as ons Jesus en die Samaritaanse vrou (Joh 4) en die vrou wat in owerspel gevang is (Joh 8) in gedagte hou.

En, laat ons eerlik wees, dit is ’n risiko, dit kan jou kos – soos ek ’n tyd terug gepreek het.

Maar, en dit is ’n belangrike maar, dit is ook die begin van ’n geestelike avontuur, van ’n ervaring van die Heilige Gees se werking, wat verlore mense deur ons aksies van gasvryheid weer insluit in die kring, die gemeenskap van gelowiges.

Elke ontmoeting van elke dag raak ’n potensiële punt waar God se werk sigbaar word.

Geestelike gewoonte – Leef inklusief

Dit is nie nodig om te begin met groot treë nie.  Nooi ’n nuwe intrekker na jou sel of Bybelstudiegroep. Besoek ons bosslapers se sopkombuis op Woensdae.  Gaan Barcelona toe en kyk wat daar gebeur.  Neem jou kinders saam na MTR Smit toe en begin uitreik na kinders wat nie dieselfde gemeenskapsvoorregte as jy en joune het nie.  Kies een persoon uit die talle wat voor jou deur verbykom en maak ’n verskil aan sy of haar lewe – deur nie net kos te gee nie, maar uit te vra na ware behoeftes en betrokke te raak.

Natuurlik is dit ’n risiko, natuurlik gaan jy soms jou vingers verbrand, gaan jy soms mislei word.  In die proses is jy egter besig om die Here se werk te begin raaksien, en bring dit ’n energie in jou geestelike lewe wat kosbaar en kragtig is.

Leef inklusief … soos God inklusief leef.

Soos Jimmy Dorrell, Pass the Potatoes, Please, sê:

In the mystery of God’s upside-down ways, God uses common acts of hospitality to strangers to  overcome cultural barriers with others and bring us closer to Him.

Volledig erediens en prediking vir dié wat meer wil lees.

Leef Bedagsaam

Written by Rethie on October 24th, 2010. Posted in Uncategorized

Salvation is a meal.  Salvation is sitting at the table of the Lord, with the risen Christ as our host.  But if salvation is a meal – and if this meal is marked by God’s own koinonia – and if there is more than enough to go around – and if our host is himself the one who ate with tax collectors, prostitutes and sinners – what else is there to do but to go out and invite others to this extra-ordinary meal! -Brad East

Eugene  Peterson, skrywer van The Message vertaling van die Bybel, skryf in sy boek Living the Resurrection oor Resurrection Meals:

The common meal is probably the primary way by which we take care of our physical need for food and our social need for conversation and intimacy and our cultural need to carry on traditions and convey values.  The meal – preparation, serving, eating, cleaning up – has always been a microcosm of the intricate realities that combine to make up even the       simplest life of men, women and children.  Because it is so inclusive (anyone and everyone is included in the meal) and because it is so comprehensive (taking in the entire range of our existence – physical, social, cultural), the meal provides an endless supply of metaphors for virtually everything we do as human beings.  These metaphors nearly always suggest something deeply personal and communal – giving and receiving, knowing and being know (“taste and see that the Lord is good”), accepting and being accepted, bounty and generosity (“land flowing with milk and honey”).

Gasvryheid en armoede

Written by Rethie on October 19th, 2010. Posted in Bybel, Eredienste, Gesprekke

Jy kan ‘n aangrypende artikel genaamd “Creating Space: Hospitality as a metaphor for mission” hier gaan lees. Die artikel praat oor:

  • Gasvryheid as verwelkoming van die gas en vreemdeling.
  • Gasvryheid as raaksien van ander
  • Gasvryheid vanuit die kantlyne.
  • Gasvryheid as ruimte skep.

N.a.v. die gesprek elders op die blog oor die verband tussen gasvryheid en armoede, haal ek die derde deel van die artikel hier redelik volledig aan:

Hospitality from the Margins

Pohl contends that the “periods in church history when hospitality has been most vibrantly practised have been times when the hosts were themselves marginal to their larger society.” This may be because they were a persecuted minority, hidden away in convents, or poorer sectors of society such as the early Methodists. The Israelites knew what it meant to be marginal – they were strangers and sojourners utterly dependent on God. So should we be, as resident aliens. But for most of us, in the West at least, this is not the case as we are among the wealthy and powerful. Somehow wealth and status seem to be counter-intuitive to offering hospitality. In a slightly different vein + John V Taylor reflects on this in a sermon entitled “Strangers with Camels.” He notes how Jesus came to his own people who were mostly “poor and unlearned” and that it was amazingly good news that God had more in common with “the uncomplicated, the humble and the generous than with the proud and self-satisfied.” This is where the Son of God feels most truly at home. But the rich rulers of the earth, symbolised by the magi, may come to Him also – they just have further to travel than the shepherds. “…it is a long hard way to those who have grown used to doing anything they want in the world from their huge resources of tradition, knowledge, wealth and power. They have so much more to leave behind. Yet the journey can be made.” It is the same with hospitality. Somehow it is harder for the wealthy and powerful to offer hospitality – we can do it, of course, but perhaps we have further to travel.

Poverty may be a good place to start with hospitality. Poverty of heart and mind creates space for the other. Poverty makes a good host – poverty of mind, heart and even resources where one is not constrained by one’s possessions but is able to freely give. Hospitality from the margins reminds us of the paradoxical power of vulnerability and the importance of compassion. … To make oneself vulnerable reminds us that both hospitality and engagement in mission require authentic compassion and genuine love. Somehow these are more freely expressed and experienced from a context of poverty – poverty both within and without. Poverty of heart and mind reminds us that we are the needy ones, that our hands were empty before God filled them, that we are in need of grace, forgiveness, healing and newness of life. Then genuine hospitality as well as genuine engagement in mission can begin as we realise our own emptiness and our own need for God. As we experience the divine welcome born out of divine compassion, so then we can share this grace and hospitality with others.

Gasvryheid – God se teenwoordigheid

Written by Webmeester on October 15th, 2010. Posted in Gesprekke

Gasvryheidliefde vir die vreemdeling – is ’n risiko.  Dit kan jou duur te staan kom.  Dit kan jou in konflik bring.  Jy kan misbruik word.  Daarom is daar groot wysheid nodig om gasvryheid te beoefen.

Pat Keiffert skryf hieroor in Welcoming the Stranger (1992:59):

“Provision of hospitality to the stranger is full of dynamic conflict.  It requires a decentering of our self-centred lives that is most disturbing.  It requires risk and wisdom, since the stranger can and does do us harm.”

Waarom lê die Bybel dan soveel klem op liefde vir die vreemdeling?

Leef Gasvry

Written by Rethie on October 10th, 2010. Posted in Eredienste, Gesprekke, Preke, Uncategorized

In die verhaal van die Emmaus-gangers word die verhaal van die sondeval (Genesis 3) omgekeer.  ‘n Egpaar, Kleopas en Maria (Joh. 19:25), se oë word oopgemaak.  Eerder as hul sonde, herken hulle vir Jesus.  (Die Grieks in Luk 24:31 is baie na aan die Griekse Ou Testament – Septuagint – se vertaling van Gen. 3:7.)

Christelike gasvryheid behels méér as die gesellige saamkuier waarin vriende en familie hulle harte en huise vir mekaar oopstel.  Dit is ook, en veral, gasvryheid aan vreemdelinge en vervreemdes.  Die Griekse woord wat die Nuwe Testament vir gasvryheid gebruik, is philoxenia.  Dit dui op “liefde vir die vreemdeling”.  Dit staan direk teenoor xenophobia. Christelike gasvryheid gaan dus nie net oor die verwelkoming van hulle wat “soos ons” is nie, maar oor die openheid vir hulle wat “anders as ons” is.  In die proses betree jy ‘n ander wêreld en só verbreed jy jou eie kyk op die lewe.  Gasvryheid vra ten diepste dat ons ons identiteit sal oopstel vir die ander en hulle andersheid;  dat ons sal raaksien dat die openheid vir die ander nie beteken dat ons ons eie identiteit prysgee nie, maar dit juis verruim.  (Robert Volsoo – Engele as Gaste)

In die Emmaus-verhaal word die gas die Gasheer.  En dié wat gysvryheid bewys, word die ontvangers.  Ware gasvryheid is om midde-in ons weerloosheid en afhanklikheid ook gas te wees, om te leer om te ontvang.  (Robert Vosloo – Engele as Gaste)

In ‘n artikel genaamd “Untamed Hospitality” skryf Elizabeth Newman:

Many in our culture equate hospitality with a generic friendliness.  The picture of God that sustains such hospitality, if there is one, is that God is a kind of therapeutic nice guy who asks only that we be nice too.

Sy bespreek dan verwronge beelde van gasvryheid en sê dat Christelike gasvryheid nié ‘n privaat praktyk is nie.  Dit is eerder ‘n openbare manier van saamwees wat alle lewensfere raak.   Sy herinner ons ook daaraan dat aanbidding ‘n vorm van gasvryheid is:

…worship itself is hospitality.  We do not gather ourselves; God gathers us; God invites us in.  More fully, we are brought by the power of the Holy Spirit into a worship already taking place in the life of God.  … Worship is the primary place where we learn to be guests and hosts in God’s Kingdom.

Sy bespreek ook gasvryheid as ekonomies en polities.  Gaan lees die volledige artikel hier.