Die Pottebakker en jy

Written by Chris on September 6th, 2009. Posted in Preke

God is die Pottebakker en ons die klei.  So leer ons uit Genesis 2:7, Jeremia 18, Jesaja 45 en nog baie ander Skrifgedeeltes.

Ons het vanoggend oor die betekenis hiervan nagedink in die gesinsdiens.  Elkeen het ‘n stukkie klei gehad, en kon daarmee iets maak.  En ek het die gemeente begelei om dieper daaroor na te dink.

‘n Mens moet natuurlik versigtig wees om alles hiervan op God en ons van toepassing te maak.  Maar, van my gedagtes was die volgende:

  • God is net so intiem by jou lewe betrokke as wat jy nou met die klei gespeel en daarvan iets gemaak het. Hy werk nie van ‘n afstand af met jou nie.  Hy hou sy hand op jou.  Hy is bewus van elke gedagte, van elke beweging, van elke besluit wat jy maak.  Soos die Psamdigter sê, Hy omvou my van agter en van voor.  En Hy gee om oor wat met jou gebeur.  Niks wat met jou gebeur, is toevallig nie, en niks is onbelangrik vir God nie.
  • Daar is ‘n spontane interaksie tussen jou en God, tussen jou gawes en vermoëns en wat God daarvan kan maak.  Dit is iets wat my van verlede week se teksgedeelte die meeste getref het.  Die eerlike interaksie tussen Moses en God in die woestyn (Numeri 11).  Jy kan maar praat met God, jy kan selfs verskil van wat God doen, en dit eerlik vir Hom sê.  En Hy sal daarna luister, en daarop reageer.  Uiteraard is dit Hy wat jou vorm, so sy wil sal altyd die deurslag gee.  Maar reg deur die Bybel is daar gedeeltes wat ons oortuig, God verander dinge in reaksie op jou, en jou gebede, en jou wense en behoeftes.  Jy kan Hom daarvoor vertrou.
  • Soms is daar ‘n groot stuk breiwerk nodig in jou lewe.  Om jou voor te berei vir dié voorwerp wat God van jou wil maak.  Niemand van ons hou van die druk van moeilike besluite of moeilike omstandighede nie.  Dit sou masochisties wees!  Maar, dit is nou eenmaal so, as die druk nie daar is nie, bereik ons minder.  Van die groot leiers in die wêreld is dit waar, so sê navorsing by Harvard, dat hulle een of ander tyd in hulle lewe deur ‘n tyd van stres en disoriëntasie gegaan het, waarna hulle gewoonlik meer kon bereik.
  • Daarom is dit so belangrik dat ek plooibaar in die hand van God se werk bly.  Op die wiel, in sy hande, in gesprek met Hom, maar sonder om teë te stribbel, sonder om self te besluit wat ek wil word, maar in die interaksie met God te groei en te floreer.  Dit is eintlik die heel belangrikste perspektief van alles.  Sonder hierdie onmiddellike reaksie op God, kan ‘n mens nie ontplooi in die instrument wat God van jou wil maak nie.

Hoe ervaar jy God in jou lewe?  Watter betekenis het dit vir jou?

Gesels met ons hier dat ons kan leer uit mekaar se stories.

Skakel na preek en liturgie

Klei-resep

If you enjoyed this post, make sure you subscribe to my RSS feed!

Tags: ,

Trackback from your site.

Comments (3)

  • admin
    09/06/2009 at 15:41 |

    Ek plaas hier, met haar toestemming, ‘n gesprek wat ek en Evelyn oor Facebook gehad het.

    Evelyn
    Hi Verstaan ek reg, jy het 500 klei potte gemaak vir die gemeente?
    5:13pm

    Chris
    ja!
    5:14pm

    Evelyn
    Wow, dit is commitment!
    5:14pm

    Chris
    Praat jy!
    Ek en Lynette en Arno het 8 uur lank dié week klei op die stoof gemaak, gebrei, in houertjies gepak en toe vanoggend gebruik!
    5:14pm

    Chris
    Maar dit was ‘n ervaring om met die klei die hele tyd in my hand te preek en te demonstreer hoe God met ons werk.
    5:15pm

    Evelyn
    So waaroor het jy gepreek?
    Wat het jy daardeur ervaar?
    5:17pm

    Chris
    Ek het oor God as die Pottebakker gepreek, gedemonsreer hoe intiem Hy by ons lewens betrokke is, hoe Hy dit in interaksie met ons doen, hoe dit baie keer nodig is om ons te brei om ons bruikbaar te kry, en hoe dit nodig is om plooibaar in sy hand te bly

    Ek het ervaar dat die boodskap nie net verbaal by mense aangekom het nie, maar dat hulle dit kon ervaar, terwyl hulle self met die klei kon werk
    5:19pm

    Chris
    O – ek het natuurlik nie potte gemaak nie, net die klei, sodat mense dit kon self ervaar om iets met die klei te maak. Hulle kon dit ook huistoe neem om verder daarmee te werk
    5:19pm

    Evelyn
    Ok. Wat is plooibaar?
    5:20pm

    Chris
    Om jouself oor te gee aan God se wil, soos klei meegee en “saamwerk” dat ‘n pot of ‘n figuur daarvan gemaak kan word
    5:23pm

    Evelyn
    Hmm, dit is belangrik. Vir my het die kleiwerk twee implikasies. Yes, soos jy se is God intiem by my lewe betrokke en vorm my in iets baie moois, vir die mooiheid daarvan, maar ook vir die doel wat hy met my lewe het. Die ander kant is ek ‘n pottebakker met die kinders en moet ek God imiteer hoe hy dit doen.
    5:23pm

    Chris
    absoluut!
    Só ‘n diens neem natuurlik net ongelooflik baie tyd. Altesame ongeveer 35 uur – 10 uur voor my vakansie aan eksegese en beplanning saam met ‘n groep – en dié week 24 uur se werk om die klei te maak, die verskillende PowerPoints en al die ander reëlings – daar was ‘n regte pottebakkerswiel voor in die kerk en pragtige potte in die ingangsportaal, ensovoorts
    5:24pm

    Evelyn
    Ja, maar ek is seker dat dit vir jou die moeite werd was in jou eie lewe en ook sal jy nog lank die vrug daarvan pluk.
    5:28pm

    Chris
    Interessante ding noem Alida Stewart na die tyd – klei het ‘n geheue en jou vingerafdrukke bly daarop vir altyd. Verstaan nie lekker die eerste nie (blykbaar as jy iets herstel met ‘n ekstra stukkie klei, dan breek dit af in die bakproses, wat beteken, jy kan nie ‘n vreemde iets bysit nie, dit hou nie – of so iets!) maar die tweede betekenis is pragtig – wat jy met jou kinders doen het ‘n onuitwisbare uitwerking op hulle lewens. Jou vingerafdrukke bly op hulle siele en lewens! Groot verantwoordelikheid, maar ook die rede hoekom ‘n mens jou volledig daarvoor gee!
    5:30pm

    Chris
    Interesante gesprek dié. Kan ek dit plaas by ons blog?
    5:30pm

    Evelyn
    Die kerk s’n?
    5:30pm

    Chris
    ja
    5:31pm

    Evelyn
    why not.

    Ek dink nou so ‘n bietjie oor die ekstra stukkie klei…
    5:32pm

    Chris
    Thnx! Ek dink verder, hoe jonger die mens is met wie jy “soos met klei” werk, hoe beter!
    5:33pm

    Evelyn
    Ek dink ook so, maar partykeer los die lewe lelike letsels ook later.
    5:34pm

    Chris
    Ek sal weer met haar daaroor moet gesels – maar dit gaan daaroor dat ‘n stuk klei as dit gebrei is, ‘n eenheid vorm, en dat ‘n vreemde stuk wat nie ingebrei is daarmee nie, altyd ‘n add-on effek het. ‘n Mens moet nou nie te veel daarin lees nie, maar dit het te make met die integrasie van wat jy leer en wat jy doen. As dit nie geïntegreer is nie, het dit nie durende krag in jou lewe nie
    Jy is reg oor die letsels

  • admin
    09/06/2009 at 17:41 |

  • magdakopp
    12/02/2009 at 10:18 |

    Ja ons is inderdaad klei in God se hande en soms as Hy ons brei is dit seer want al die growwe deeltjies moet verywyder word. Vir my is God my Vader met wie ek lekker kan gesels veral as ek nie kan slaap nie en le en rondrol. Dit is in die stilte van die nag wat ek Hom ervaar en die liefde wat Hy vir sy kinders het. Dit is dan wat ek soms bid en se Vader maak van my n beter mens n mens wat u liefde aan ander kan oordra n agape liefde. Ek wonder soms oor die versie wat se: Jy moet God liefhe met jou hele hart, jou hele siel en jou hele verstand. Dan besef ek ek is nog nie daar nie maar ek begeer om God so lief te he stoot alles weg wat in die pad is en gee Hom 100%.

Leave a comment