Leef Waarderend

Written by Rethie on November 28th, 2010. Posted in Eredienste, Gesprekke, Preke

Al 4 die evangelies vertel die verhaal van ‘n vrou wat Jesus gesalf het:  Markus 14:3-9; Matt 26:6-13; Lukas 7:36-50; Joh 12:1-8.  Die Evangelie-skrywers het soms van dieselfde mondelinge en geskrewe bronne gebruik gemaak, ander kere weer nie.  Hulle het ook elkeen verskillende teikengehore en doelwitte in gedagte gehad.  Daarom verskil die besonderhede van die vier weergawes so dat sommige wonder of hulle na dieselfde insident verwys!  In 2 gevalle word Jesus se kop gesalf (Mark & Matt) en in die ander twee sy voete (Luk & Joh).  By Markus en Matteus speel die toneel af “in Betanië in die huis van Simon die melaatse.” By Lukas gebeur dit aan huis van Simon, “een van die Fariseërs”.  Johannes sê net dat dit in Betanië was en dat Marta, Maria en Lasarus teenwoordig was.  Almal behalwe Johannes beskryf die vrou wat Jesus gesalf het, bloot as “’n vrou” (sonder ‘n naam.)  Net Lukas beskryf haar as ‘n vrou “wat ‘n sondige lewe gelei het”.  (Dalk is dit hier waar die skinderstories wat sommige mense vandag oor Maria glo, vandaan kom?)  Johannes is die enigste wat sê dit was Maria.  In drie gevalle (behalwe Lukas) word daar met verontwaardiging op die vrou se optrede gereageer – deur onderskeidelik die dissipels, omstanders en Judas.

(Verwys “Moed om Mens te Wees” – Elna Mouton e.a.)

If you enjoyed this post, make sure you subscribe to my RSS feed!

Trackback from your site.

Leave a comment