Ons is Koringkorrels wat Koringplante moet word!

Written by Chris on October 19th, 2008. Posted in Preke

In my oordenking van Johannes 12:22-26 het dit vir my ‘n deurslaggewende perspektief gegee op wat Handelinge 2:42 bedoel met: “hulle het hulle heelhartig toegelê”  In my verwoording van Jesus se voorbeeld van die koringkorrel wat in die grond moet val en sterwe, anders dra dit nie vrug nie, sê ek dit so:

Ons is Koringkorrels wat Koringplante moet word!‘n Koringkorrel, dit is nou jy en ek, kan besluit om vir jare sy kragte te spaar en in te span vir homself.  En dit kan hy suksesvol doen deur in die skuur te bly en te sorg dat die boer hom nie in die hande kry nie! Of ‘n koringkorrel, dit is nou jy en ek, kan besluit om die Here Jesus te volg … deur sy lewe vir ander te gee, in die grond geplant te word en te verander in ‘n koringplant wat are het en koringkorrels lewer, wat op hulle beurt geplant kan word om die lewe aan ander te gee sodat ander kan lewe en die lewe wat in hulle opgesluit is, te kan vermenigvuldig.

In my preek het ek die volgende gesê:

“Een van die beste maniere om Jesus te volg, as die Here vandag hierdie begeerte om Jesus te volg in jou hart weer aangeblaas het, is om die dissipline van stiltetyd te laat herleef, en meer spesifiek ‘n joernaal te hou sodat die pad wat jy met Hom stap met tyd vir jou meer sin kan begin maak.

“Wat doen ‘n mens met ‘n joernaal (scrapbook)?

Adele Calhoun sê: dis om jou in te stel: “to be alert to my life through writing and reflecting on God’s presence and activity in, around and through me”.  ‘n Joernaal help jou om jouself in te stel om raak te sien wanneer God opdaag in jou lewe.  Hy is natuurlik altyd daar, maar omdat ons nie onsself instel om Hom raak te sien nie, sien ons Hom nie raak nie!  In ‘n sekere sin help ‘n joernaal ons natuurlik eintlik om die waarheid oor onsself raak te sien … dat ons in God se hande is, dat Hy met ons ‘n pad stap … en dit gebeur wanneer ons ruimte maak in ons lewe om te kan agterkom wat aangaan.  En onthou: daar is eintlik niks waardeur God nie met ons praat nie!  Jy kan skryf oor dinge buite jou en dinge binne in jou.  Jy kan jou gebede neerskryf.  En soos wat ons herhalende temas, sondes, gevoelens, behoeftes, beperkings, bekommernisse, verwagtinge begin raak sien, kom ons in aanraking met die genesende teenwoordigheid van God.  En ons joernaal word ‘n reis van ons siel na God toe.  Daar is nie ‘n regte of verkeerde manier vir ‘n joernaal nie. Daarom het ek die voorbeeld van ‘n scrapbook gekies om met die kinders te behandel. Jy kan teken, skryf of plak. Jy kan sleutel woorde onderstreep om agter te kom watter dinge by herhaling vir jou betekenis het.  En baie gou sal jy agterkom dat jy met jou joernaal in ‘n gesprek met God betrokke raak waar jou joernaal nie net jou kreatiwiteit ten toon sal stel nie, maar ‘n getuienis van God se teenwoordigheid in jou lewe sal wees.  Jy moet jou eie ritme vind, daagliks, weekliks, maar verseker gereeld. En dit is absoluut noodsaaklik as daar veranderinge in jou lewe is, of jy besluite moet neem, of jy worstel met goed … asof dit nie elke dag is nie!?  En dit help as jy plek en tyd maak vir ander om saam met jou die pad te stap. Veral vir ons families: die dissipline van huisgodsdiens kan bestaan in die deel met mekaar van ons joernale. Dit kan ook ‘n welkome afwisseling vir kleingroepe wees om vir ‘n tyd spesifiek hierop te fokus. Laat elkeen kom met dié een ding wat die week in stiltetyd duidelik geword het, en dit met mekaar te deel. Dit kan soms ook ‘n vraag wees, of ‘n gebedsversoek, of ‘n stuk leed en hartseer waarmee geworstel word.  Maar dit begin by stiltetyd … en ‘n joernaal.

Christen wees is Volgeling wees.Volgeling wees is om ‘n Koringplant te word.Die koringkorrel moet in die grond val, en dit moet ‘n koringplant word, lewe ter wille van ander.Begin vandag met ‘n joernaal om dié reis neer te pen, sodat dit ‘n getuienis vir jouself kan wees van die proses waarin jy ‘n volwasse volgeling van Jesus Christus word.

“Hulle het hulle HEELHARTIG toegelê …”

If you enjoyed this post, make sure you subscribe to my RSS feed!

Trackback from your site.

Comments (6)

  • mariette
    10/26/2008 at 04:20 |

    Hello Chris
    Jy’t Joh. 4: 23 aangehaal. Ek het opgelet dat jy die nuwe vertaling kies, (deur die Gees) in plaas van die ou vertaling (in die gees). Die Jerusalem Bible stem saam met die lg. en as jy dit saam vestaan met 3: 6 maak dit sin. Wat sê die Grieks?
    Groetnis
    Mariette

  • mariette
    10/26/2008 at 06:20 |

    Hello Chris
    Jy’t Joh. 4: 23 aangehaal. Ek het opgelet dat jy die nuwe vertaling kies, (deur die Gees) in plaas van die ou vertaling (in die gees). Die Jerusalem Bible stem saam met die lg. en as jy dit saam vestaan met 3: 6 maak dit sin. Wat sê die Grieks?
    Groetnis
    Mariette

  • mariette
    10/26/2008 at 04:34 |

    Oor “In my verwoording van Jesus se voorbeeld van die koringkorrel wat in die grond moet val en sterwe, anders dra dit nie vrug nie”
    Dit haak aan by ons vorige gesprek oor “kruis opneem”. Wanneer jou eie energizer (watter vertaling verkies jy?) in die grond begrawe lê, staan ‘n nuwe mens op (“jy is ‘n nuwe mens”). Groter genade is daar nie……..

  • mariette
    10/26/2008 at 06:34 |

    Oor “In my verwoording van Jesus se voorbeeld van die koringkorrel wat in die grond moet val en sterwe, anders dra dit nie vrug nie”
    Dit haak aan by ons vorige gesprek oor “kruis opneem”. Wanneer jou eie energizer (watter vertaling verkies jy?) in die grond begrawe lê, staan ‘n nuwe mens op (“jy is ‘n nuwe mens”). Groter genade is daar nie……..

  • admin
    10/26/2008 at 05:28 |

    Die Grieks kan albei betekenisse hê. Dit hang af van die vertaler.

  • admin
    10/26/2008 at 07:28 |

    Die Grieks kan albei betekenisse hê. Dit hang af van die vertaler.

Leave a comment