Posts Tagged ‘Lectio Divina’
Lectio Divina
Lectio divina, of “geestelike lees” word op verskillende maniere gedoen.
Die een wat ek die sinvolste vind (Alice Fryling – The Art of Listening), werk as volg:
- Silencio – kom tot rus voor God en aanvaar die uitnodiging om in Sy teenwoordigheid te lewe
- Lectio – lees die Skrifgedeelte hardop en fokus op ‘n vers of gedagte wat jou tref
- Meditatio – oordink die praktiese impak daarvan op jou lewe
- Oratio – antwoord God in gebed daarop
- Contemplatio – geniet God se teenwoordigheid sonder om te praat
- Incarnatio – wees gehoorsaam aan wat God sê.
As jy meer oor die tradisionele aanpak van Lectio Divina wil lees, kan jy Luke Dysinger se weergawe hier aflaai (pdf – 35 KB): Lectio Divina.
