Bybelskool

Bybelskool.com fokus in die tweede kwartaal op twee boeke in die Ou Testament: Prediker en Hooglied. 
  • Die Prediker was ‘n ontdekkingsreisiger wat die grense van die lewe getoets het en agter gekom het dat die triomf en tragedie van dié lewe nie genoeg is vir mense wat ‘n kapasiteit het vir die ewige lewe nie.
  • Hooglied is ‘n digterlike kykie na hoe die liefdeskuns vir mans en vroue werk.  Dit werk beide met die liefdesdrome wat ons oor mekaar het, sowel as met die werklikheid van daardie liefde.  Die digter(es) kies vir persoonlike liefde, teenoor die praktyk van die harem van Salomo se tyd.  En dit spel uit hoe ‘n mens lief kan wees, sonder om jouself te verloor.

Ons begin 11 April met ‘n inleiding op Prediker en lees dan die boek deur in die volgende 3 weke.  Elke weeksdag lees ons saam ‘n perikoop en ek lewer kommentaar daarop by die webtuiste sowel as met ‘n e-pos aan geregistreerdes.  Ons vervolg op 2 Mei met ‘n inleiding op Hooglied en lees die boek dan op dieselfde wyse deur in die volgende 2 weke tot 16 Mei net voor Pinkster 2012.

Jy is welkom om saam met ons op reis te gaan met Prediker en Hooglied.  Registreer by bybelskool.com.  Dit is gratis.

In die gemeente Somerstrand kom ons Woensdagaande bymekaar vir ‘n bespreking van die afgelope week se perikope, 18:30-19:30 vanaf 18 April tot en met 16 Mei.  Die temas vir die eerste 5 weke se eredienste kom ook uit die 2 boeke.  Kyk daarvoor by ngkerksomerstrand.co.za.

Hier is die perikoop indeling met die datums waarop ons dit gaan lees:

AddThis Social Bookmark Button
Lees saam met ons hierdie kwartaal Paulus se vier briewe wat hy uit die gevangenis in Rome skrywe aan die gemeentes in Filippi, Kolosse en Efese, sowel as aan Filemon.  Ons sluit af met sy drie pastorale briewe aan Timoteus en Titus.  Die briewe aan die gemeentes in Filippi en Efese (Johannes het ook ‘n boodskap vir hulle in Open 2:1-7) sal ook in die lig van die uitvoerige verhale oor die stigting van dié gemeentes gelees word soos Lukas ons in die boek Handelinge vertel. Elke weeksdag is daar 'n bydrae by www.bybelskool.com, waar jy meer kan lees, jou kommentaar kan lewe, en ook jou vrae kan vra.  Registreer by die bybelskool.com webtuiste om die bydraes ook elke weeksdag per  e-pos te ontvang.  Skryf in by die kerkkantoor - 0415835115 - indien jy die Bybelskool byeenkomste in die Konsistorie elke Woensdagaand wil bywoon om 18:30-19:30, vanaf 18 Januarie tot aan die einde van Februarie.  Chris van Wyk
AddThis Social Bookmark Button
Dit begin 19 Oktober in die ARK 18:30-19:30 en duur 7 weke tot 29 November.  Ons behandel die eerste Psalmboek, Psalms 1 tot 41.  In die proses gaan ons leer hoe om die Psalms in ons eie persoonlike geestelike lewe te gebruik.  Skryf in by die kerkkantoor om weekliks in die lees van die Psalms begelei te word (0415835115) sowel as by die webtuiste Bybelskool om die bydraes daaroor elke weeksdag per e-pos te ontvang. Chris van Wyk.
AddThis Social Bookmark Button
BYBELSKOOL

Dit begin 20 Julie in die ARK 18:30-19:30 en duur 10 weke tot 21 September.  Ons behandel die boek Barnabas - 'n Nuwe manier van leef.  Dit fokus op die Bybelse karakter Barnabas in die boek Handelinge, sowel as op 10 geestelike gewoontes.  Ons gaan in groepe die Bybelstudies behandel en gesels oor die inoefening van die geestelike gewoontes. Skryf in by die kerkkantoor. Koste R65 vir die Bybelstudieboek. Chris van Wyk.

BYBELSKOOL.COM

Dit begin 21 Julie op die Internet.  Ons lees Lukas se evangelie en die Handelinge van die apostels deur.  Laaste bydrae DV 28 September.  Alle lidmate kan hierdie dagstukkies lees.  Met registrasie by bybelskool.com sal ek dit ook elke weeksdag per e-pos stuur.  Chris van Wyk.

AddThis Social Bookmark Button

BYBELSKOOL begin 20 April in die konsistorie 18:30-19:30 en duur 5 weke tot 24 Mei.  Ons behandel die evangelie van Johannes.  Skryf in by die kerkkantoor.  Alle lidmate kan die dagstukkies lees by bybelskool.com.  Met registrasie by bybelskool.com sal ek dit ook elke weeksdag per e-pos stuur.

AddThis Social Bookmark Button