01 April 2009
Posted in
Didage -
Bybelskool
Josua, Rigters en Rut is die verhaal van God se getrouheid aan sy beloftes ten spyte van die volk se ongehoorsaamheid. In 8 weke gaan ons die drie boeke deurlees en telkens nadink oor die impak en betekenis wat dié verhaal vir ons lewe het deur te fokus op:
- die getrouheid van God deur die Intog in die Beloofde land as vervulling van sy beloftes aan die aartsvaders, die "heilige oorlog" wat God deur sy volk voer teen die afgodediens in die land, en die uiteindelike rus wat Hy gee vir sy volk met die verdeling van die land onder die 12 stamme, wat uitmond in die verbondsverbintenis van die volk om God alleen te dien - Josua;
- die eindelose geduld wat God het met sy volk wat telkens vergeet van die vorige verlossingswerk van God, gestraf word vir hulle ongehoorsaamheid deur oorlog, en die herstel wat God bewerk deur uitgesoekte leiers as hulle weer hulle toevlug tot Hom neem - Rigters;
- die wonderlike verhaal van 3 mense, Naomi, Rut en Boas, wat in 'n tyd van groot ontwrigting lojaal gebly het aan God - Rut
Koste: R30 per persoon - almal welkom
|
This content has been locked. You can no longer post any comment.