Die motto van die Bybelskool

“Let the word of Christ – the Message – have the run of the house.  Give it plenty of room in your lives.  Instruct and direct one another using good common sense.  And sing, sing your hearts out to God!” Kol 3:16 in The Message.

Hierdie woorde van Eugene Peterson verwoord op 'n besondere manier hierdie Bybelskool se motto:

Om in die Woord te Woon.

My passie is om die skatte van die Woord só oop te sluit vir mense dat hulle daarvan 'n woonplek maak, 'n ruimte waarbinne hulle God ontmoet en waardeur Hy 'n lewende metgesel op hul reis deur die wêreld raak.

Die evangelie van Markus

Die afgelope jaar of wat het ons nou al deur die Pentateug gewerk, die eerste 5 boeke van die Bybel; ons het die evangelie van Lukas saam met die Handelinge van die Apostels deurgelees, weer 'n draai gemaak in die Ou Testament en Josua, Rigters en 1 en 2 Samuel (kyk na die vorige kwartaal se posts by die blog) deurgelees.

Hierdie kwartaal het ek gekies om die evangelie van Markus te neem en dit saam met julle deur te lees, maar op 'n baie spesifieke manier.  Ek wil dit lees in vergelyking met die ander evangelies, sodat aan die een kant die boodskap van Markus nog meer spesifiek kan uitstaan, maar aan die ander kant 'n mens ook 'n waardering begin kry vir die wyse waarop die ander evangeliste dieselfde gegewens geneem het en ander beklemtonings en nuanses daaraan gegee het.

Lees hier meer oor die Werkswyse en Hulpmiddels

AddThis Social Bookmark Button

This content has been locked. You can no longer post any comment.