|
13 Januarie 2011
Posted in
Didage -
Bybelskool
Ons lees die boek Jesaja in die eerste kwartaal. In die gemeente van Somerstrand word dit gekombineer met ‘n Bybelstudie- en preekreeks. Lidmate kan hulle in die week vooraf óf by ‘n Bybelstudiegroep óf in die Bybelskool ingrawe in die fokusteks vir die Sondag en bydraes maak, voor ons saam gaan luister na wat God vir die gemeente sê.
Leesplan
Ons begin Donderdag 20 Januarie met die inleiding en oriëntering op die boek Jesaja sowel as die lees van hoofstukke 1-6. Die eerste byeenkoms in die gemeente is Woensdag die 26ste Januarie 2011 18:30.
| Datum | Teks | Byeenkoms 18:30 |
| 20-26/1 | Jesaja 1-6 | 26/1 |
| 27/1-2/2 | Jesaja 7-12 | 2/2 |
| 3-9/2 | Jesaja 13-27 | 9/2 |
| 10-16/2 | Jesaja 28-35 | 16/2 |
| 17-23/2 | Jesaja 36-39 | 23/2 |
| 24/2-2/3 | Jesaja 40-48 | 2/3 |
| 3-9/3 | Jesaja 49-55 | 9/3 |
| 10-16/3 | Jesaja 56-61 | 16/3 |
| 17-23/3 | Jesaja 62-66 | 23/3 |
| 24-30/3 | Jesaja in die NT | 30/3 |
Registrasie
Enigiemand is baie welkom om in te skakel.
- Registreer by die regterkantse module op die tuisblad by Bybelskool - Registrasie / TEKEN IN (of klik hier vir die direkte skakel) - en ek sal die bydraes per e-pos vir jou stuur.
- Registreer by die kerkkantoor (0415835115) as jy die byeenkomste Woensdagaande gaan bywoon.
Registrasie en inskakeling is gratis.
Onthou ook om kommentaar te lewer of jou vrae te vra. Jy kan dit doen aan die onderkant van enige bydrae deur op comments te klik. Ek antwoord graag.
Jy kan ook enigeen van die vorige Bybelskool kursusse op jou eie tyd deurwerk:
- 1 en 2 Samuel,
- 1 en 2 Konings,
- Markus in vergelyking met die ander evangelies,
- 1 en 2 Tessalonisense en 1 en 2 Korintiërs en
- Galasiërs, Romeine en Rut.
| < Vorige | Volgende > |
|---|






