HAÏTI NOODLENIGING

Verskeie mense het navraag gedoen of die NG Kerk by die verskriklike ramp wat Haiti verlede week getref het, betrokke is en hoe gemeentes daarby kan inskakel.  Lees meer.

Ons is van mening dat hier 'n besondere geleentheid is om ekumenies met ander kerke saam te werk of vennootskappe met ander internasionale noodlenigingsorganisasies soos Rooikruis Internasionaal aan te gaan.

'n Forum van nasionale kerkleiers wat deur Piet Strauss, Kobus Gerber en Braam Hanekom bygewoon is, het op 19 Januarie 2010 'n persverklaring uitgereik waarin 'n beroep op kerke gedoen word om by die mense van Haiti betrokke te raak.

Die besonderhede van twee bankrekenings waarin bydraes inbetaal kan word, is saam daarmee verstrek.

Project Caritas: (administered by the Southern African Catholic Bishops' Conference)

Name                      : Project  Caritas

Bank                       : Nedbank

Acc No                   : 1604750693

Swift code              : NEDSZAJJ

Bank Code             : 160445   Nedbank, Corner Andries and Pretorius. Pretoria.

Donations should be marked ‘HAITI'.

Beyers Naude Special Fund: (administered by the South African Council of Churches).

Name                      : Beyers Naude Special Fund

Bank                       : Nedbank

Acc No                   : 21901966

Swift code              : NEDSZAJJ

Bank Code             : 190805   Nedbank. Fox Street, Johannesburg.

Donations should be marked ‘HAITI'.

Rooikruis Internasionaal het ook vroeër die week 'n persverklaring vrygestel waarin hulle organisasies en individue oproep om by te dra.

Bank                       : Standard Bank

Account Name      : The South African Red Cross Society

Account number   : 070 822 808

Branch                   : Thibault Square

Code                       : 020 - 909

Die Moderatuur van die Algemene Sinode vergader op 21 Januarie 2010 en sal ook aandag gee hoe die NG Kerk by die slagoffers van die ramp en die mense van Haiti betrokke kan raak.

 

AddThis Social Bookmark Button

This content has been locked. You can no longer post any comment.