NGK Somerstrand

AddThis Social Bookmark Button
By OP PAD MET GOD reis jy saam met medegelowiges op jou geloofspad. Hier sal jy op verrassende wyse vind hoe dissipelskap jou kan help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien, en hoe God met jou bemoeienis maak en met jou praat. In die lewe voor God, jou Vader, kry ‘n ontmoeting-met-Hom en ‘n aanraking-deur-Hom ‘n héél ‘n nuwe inhoud. Jy stap met verwagting hand-aan-hand met Jesus – elke dag.

Kom sluit gerus by ons aan as jy ‘n ware soeke na God het en geestelik wil groei, ‘n nuwe visie of geestelike tuiste soek, of gewoon net ‘n afplatting ervaar. Of kom kuier maar net ‘n bietjie by ons op jou reis deur 2012. Mariette Rossouw. (Geen koste)

AddThis Social Bookmark Button
LECTIO DIVINA  vanaf 18 Januarie Woensdae om 17:30 in die kerkgebou.  Kom op jou eie en volg gewoon die instruksies op die skerm:  word stil, luister na mooi musiek, oordink die week se Skrifgedeelte en antwoord in stil gebed.  Rethie van Niekerk
AddThis Social Bookmark Button

KLEINGROEPE word uitgenooi om kopieë van die boekie Gevorm deur die kruis by die Kerkkantoor te bestel @ R10.   Groepe behandel dan elke Sondag se Skrifgedeelte in die voorafgaande week.  Die boekie word nog afgerond vir publisering, so stuur asb. enige kommentaar vir Chris. As jy nog nie aan ‘n kleingroep behoort nie en graag by ‘n groep wil inskakel, skryf jou naam op die lys in die voorportaal of kontak vir Rethie.

 

AddThis Social Bookmark Button
Lees saam met ons hierdie kwartaal Paulus se vier briewe wat hy uit die gevangenis in Rome skrywe aan die gemeentes in Filippi, Kolosse en Efese, sowel as aan Filemon.  Ons sluit af met sy drie pastorale briewe aan Timoteus en Titus.  Die briewe aan die gemeentes in Filippi en Efese (Johannes het ook ‘n boodskap vir hulle in Open 2:1-7) sal ook in die lig van die uitvoerige verhale oor die stigting van dié gemeentes gelees word soos Lukas ons in die boek Handelinge vertel. Elke weeksdag is daar 'n bydrae by www.bybelskool.com, waar jy meer kan lees, jou kommentaar kan lewe, en ook jou vrae kan vra.  Registreer by die bybelskool.com webtuiste om die bydraes ook elke weeksdag per  e-pos te ontvang.  Skryf in by die kerkkantoor - 0415835115 - indien jy die Bybelskool byeenkomste in die Konsistorie elke Woensdagaand wil bywoon om 18:30-19:30, vanaf 18 Januarie tot aan die einde van Februarie.  Chris van Wyk
AddThis Social Bookmark Button