|
19 Oktober 2009
Posted in
Eredienste -
Dagstukkies
Lees Rigters 5:11b-23
Leierskap is per definisie die inspirasie om mense in 'n rigting te beweeg wat hulle nie andersins gewillig sou wees om te neem nie. Van tyd tot tyd vra goeie leierskap van mense om onbekende terrein te betree en verg dit baie moed. Lees hier hoe die verskillende stamme van Israel hierdie situasie, wat hulle as heeltemal onmoontlik gesien het, hanteer het, sommige met groot onderskeiding (Wes van die Jordaan: Efraim [ook dié wat in Amalek in die suide woon], Makir [deel van die Manasse stam wat wes van die Jordaan gebly het], Benjamin, Sebulon, Issaskar en Naftali ) en ander weer nie (Oos van die Jordaan: Ruben, Gilead [ deel van die Makir groep wat oos van die Jordaan gebly het!]; Langs die see: Dan, Aser). Wat moet jy vandag doen om jou roeping na te kom?
| < Vorige | Volgende > |
|---|






