|
15 November 2009
Posted in
Eredienste -
Dagstukkies
Lees Openbaring 8:1
Net soos God die Vader Homself die Alfa en die Omega (die eerste en die laaste letters van die Griekse alfabet) noem, netso noem Jesus Christus Homself in Openbaring 22:13 die Alfa en die Omega. Daar is niks wat God Drie-enig voorafgaan nie, en niks wat op Hom volg nie. Hy is die Skepper van materie en energie, en ruimte en tyd. Hy is die grondliggende realiteit en alles is van Hom afgelei. As die grondliggende werklikheid in 'n tydlose Persoon beliggaam is, dan is die hoogste goed vir die mens om hierdie Persoon te ken en deur hom geken te word. In die Bybel word dit duidelik dat Jesus as die Seun van God, dit vir ons moontlik gemaak het om in 'n egte verhouding met die Vader te kom. Matteus 16:26 lui: "Wat sal dit 'n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor ..." 'n Mens kan baie wen, maar terselfdertyd alles verloor. Ons hoogste prioriteit moet wees om ons lewe, ons alles, te gee aan die Een wat die mens gemaak het.
| < Vorige | Volgende > |
|---|






