Lees Josua 14:6-14

Waar kom passie vandaan?  Een man wat geweet het hoe om met passie te lewe, selfs op 85 jarige ouderdom, was Kaleb.  Sy geheim?  Drie keer word dit hier gesê: "Ek het die Here my God getrou gevolg" (vers 8,9,14).  Sy passie het gekom van die Een wat hy getrou gevolg het.  Daarom was  hy entoesiasties en passievol met baie guts, selfs wanneer hy in die minderheid was.  Sy lewe het getuig van wat God kan doen deur een wat Hom volkome vertrou.

Dit is steeds die geheim van gelowiges se lewe vandag, om God getrou te volg in wat Hy besig is om te doen.  Dit is ‘n meesleurende passie wat betekenis gee aan alles wat ons doen.  Wy jou weer vandag met oorgawe toe aan God en laat dit jou lewe weer die betekenis gee wat dit verdien.  Dink terug aan kere wat jy geweet het wat die Here van jou verwag en die genade gekry het om dit te doen.  Verbind jou weer daaraan, terwyl jy wag op nuwe goed wat Hy op jou pad bring.

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar