|
01 Desember 2009
Posted in
Eredienste -
Dagstukkies
Lees Josua 24:14-27
Wat Josua hier wil tuisbring is die belangrikheid van 'n uitdruklike keuse om die Here te dien. Om nie hierdie keuse te maak nie, impliseer dat jy 'n ander keuse
maak, en hierdie keuse hou dan in dat 'n deel van die skepping, in plaas van die Skepper, dien. Maar die gode van sukses, aansien en besittings is harde meesters wat dikwels nie die beloofde tevredenheid bring nie. Josua stel die volk voor 'n keuse. Hulle kan nie die keuse vermy nie. Ons kan ook nie God en iets anders kies nie. Luk 16:13 is hieroor baie duidelik: Julle kan nie God én Mamon dien nie.
Het jy al krities nagedink oor hoe jou toewyding aan die Here jou lewe prakties beïnvloed? 'n Toegewyde lewe vereis dat jy gedurig hierdie oorgawe in stand sal hou en sal verstaan wat die vereistes daarvan is.
| < Vorige | Volgende > |
|---|






