|
01 Desember 2009
Posted in
Eredienste -
Dagstukkies
Lees Matteus 16:24-26
Al het Jesus hierdie woorde aan sy dissipels gerig, is dit tog woorde wat ook elke dag vir ons oproep tot dieselfde optrede. Jesus maak dit duidelik dat hy 'n algehele toewyding van sy volgelinge verwag. As 'n mens nie alles gee nie, verloor jy alles. As jy alles prysgee, kry jy juis die volle lewe.
Een van Og Mandino se tien algemene oorsake van mislukking is dat jy toe vroeg tou opgooi. Hy vertel die storie van mans wat in 'n droë rivierbedding diamante gedelf het. Op 'n dag het 'n moedelose Raphael Solano gesê dat hy nou 999 999 klippe opgetel het, Dis nou genoeg, hy gee nou op. Die ander sê toe hy kan dan net so goed nog een klip optel om dit 'n miljoen te maak. Daardie miljoenste klip was toe grootste en suiwerste diamant wat nog gevind is!
Jesus sê aan sy volgelinge: Neem julle kruis op en volg My. Niks minder as 'n algehele toewyding sal die vervulling en geluk wat jy soek, bring nie.
| < Vorige | Volgende > |
|---|






