|
24 Januarie 2010
Posted in
Eredienste -
Dagstukkies
Romeine 10 is 'n sleutelhoofstuk in Paulus se uiteensetting van die evangelie van genade. Let op hoe hy ons uitnooi om die waarheid van Jesus as opgestane Here te bely, deur dit nie net in ons hart te troetel nie, maar dit ook saam met ander te sê. Geloof is 'n hartsaak, maar waar die hart van vol is, moet die mond van oorloop.
Dink aan iemand vir wie jy vandag wil vertel van hoe Jesus vir jou 'n werklikheid is ... en maak tyd daarvoor.
| < Vorige | Volgende > |
|---|






