In 1 Korintiërs 13 word volgens Dirkie Smit gepraat oor hoe ons die lewe sien.  Vers 12: Ons kyk soos in 'n dowwe spieël - spieëls van daardie tyd was nie so helder soos vandag s'n nie - en verstaan nie alles van die lewe nie.  Maar, sê Paulus, een ding kan ons weet, en dit is dat die liefde die enigste ding is wat regtig saak maak, belangriker as die mees wonderbaarlike geestelike gawes, diepsinniger as die beste kennis en insig, en baie meer werd as die grootste opoffering wat 'n mens kan maak.  Dit troos ons, en nooi ons dus uit om in liefde teenoor en met almal te leef.

Beantwoord vandag vir jou die vraag: "Wat is vir my die belangrikste in die praktyk van my lewe?" Beoordeel dit dan in die lig van hierdie spieël in 1 Korintiërs 13.  En oorweeg die uitnodiging hierin om in liefde te leef.

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar