|
30 Januarie 2010
Posted in
Eredienste -
Dagstukkies
Die Bybel was vir die kerk nog altyd 'n skat van onbeskryflike waarde. Niks kan regtig daarmee vergelyk word nie. Niks kan die rol van die Bybel in die lewe van gelowiges verander nie. Vandaar die liedjie: "Lees jou Bybel, bid elke dag, want dit gee jou krag." Maar ... dit is natuurlik 'n skat wat bedoel is vir almal. Daarom dat Paulus onmiddellik nadat hy oor die spieël wat ons verander (2 Kor 3:12-18) praat oor ons as gelowiges wat hierdie waarheid aan almal bekend maak. Dit is ons bediening!
Dink na oor maniere waarop jy oor die krag van die Woord in jou en ander se lewe kan getuig. Dink ook oor maniere waarop jy mense rondom jou kan beïnvloed met die krag van die Woord: aanhalings op 'n kennisgewingbord, wyshede in 'n nuusbrief ... wees kreatief!
| < Vorige | Volgende > |
|---|






