|
06 Februarie 2010
Posted in
Eredienste -
Dagstukkies
Sukses vra harde werk - kyk maar na enige sportster. Niemand kan goed presteer sonder om te oefen nie. ‘n Lewe wat God verheerlik en geestelik verdiep, vra ook harde werk. Paulus weet hoe noodsaaklik geestelike oefening is. Daarom moedig hy vir Timoteus aan om homself te oefen in ‘n lewe waar God heeltyd nommer een is.
Ons sal net geestelik groei as ons ophou om slegs al die regte “godsdienstige passies” uit te voer en ‘n slag begin om die Here op sy voorwaardes te dien. Sonder so ‘n verbintenis, sonder ‘n vaste voorneme om die Here elke dag te verheerlik, is ons geloof gedoem tot onvolwassenheid.
Wil jy jou nie vandag daartoe verbind om die oefening te doen om geestelik te verdiep nie?
| < Vorige | Volgende > |
|---|






