|
14 Maart 2010
Posted in
Eredienste -
Dagstukkies
Dit is interessant dat Jesus se genesing van die blinde van Betsaida twee stadia in-sluit. Sommige geleerdes dink dat die twee stadia eintlik ‘n “acted parable” is. Jesus wys hiermee vooruit na die verskillende stadiums waardeur sy dissipels sal moet gaan om regtig geestelik te kan sien. Soos Guelich sê: “They are in need of a ’second touch’ which ultimately comes after Easter”. Die man se genesing funksio-neer dus ook as ‘n metafoor in die res van die verhaal: net dié wie se oë Jesus genees, kan regtig sien – in geestelike sin.
Bid dat die Here jou oë ook geestelik oop sal maak vir sy pad met jou.
| < Vorige | Volgende > |
|---|






