|
14 Maart 2010
Posted in
Eredienste -
Dagstukkies
Petrus het so pas bely dat Jesus die Christus is (vers 29). Hulle het gesnap dat Hy die Messias is. Nou moes hulle Hom egter as die Lydende Messias leer ken (Jes 53). Dit sluit in dat die dissipels in hulle navolging van Jesus self hulle voete op 'n Lydensweg plaas. Dissipelskap kos ‘n prys: selfverloëning, kruis opneem (teken van volle oorgawe en nie ‘n verheerliking van pyn nie) en navolging. Dit is die paradoks van die geestelike lewe: wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; wie sy lewe vir Hom en die evangelie verloor, sal dit behou.
Dink na oor wat jou navolging van Jesus jou kos. Wy jou toe aan God se pad vir jou.
| < Vorige | Volgende > |
|---|






