Esegiël 47:9, 12: "Waar die stroom ook kom, sal dit wemel van al die soorte diere en sal daar baie vis wees. Die water loop af na die Dooie See toe en sal die see vars maak. Waar die stroom kom, sal alles lewe …Weerskante op die wal van die stroom sal allerlei vrugtebome groei. Hulle blare sal nie verlep nie en hulle vrugte sal nie opraak nie. Hulle sal elke maand dra, want die stroom se water kom uit die heiligdom. Die vrugte sal daar wees om te eet en die blare om genesing te bring."

Die uitstorting van God se guns en genade op die Kerk sal outomaties elke aspek van ons samelewing beïnvloed. Wanneer die Kerk in die regte verhouding met God staan, sal die nasie genesing ervaar. Vra dat die Kerk in ons nasie weereens 'n weerspieëling van die hart en ontferming van Jesus sal wees. Bid dat God jou as 'n instrument sal gebruik om heling vir mense om jou te bring.

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar