|
11 April 2010
Posted in
Eredienste -
Dagstukkies
Hebreërs 1:1-2: "In die verlede het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun."
Oordenking: Is daar 'n verskil tussen wanneer God deur die profete praat en wanneer Hy deur Jesus praat?
Persoonlik: Weet jy wat dit beteken dat God deur Sy Seun met jou praat? Spreek jou begeerte uit dat God deur Jesus met jou moet praat. Onderwerp jouself aan die leiding van die Heilige Gees wanneer Hy die Seun aan jou bekend maak.
Gemeente: Bid dat die Heilige Gees oor julle gemeente sal sweef soos Hy in die begin oor die waters gesweef het voordat God lig gespreek en die hele skepping tot stand gekom het.
| < Vorige | Volgende > |
|---|






