Hebreërs 1:2-3: "… die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak. Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand."

Oordenking: Hoe kwalifiseer Jesus om deur God aangewys te word om Hom by die mense te verteenwoordig?

Persoonlik: Hunker jy daarna om deel te hê aan die verhouding tussen die Vader en die Seun? Verwoord hierdie verlange in 'n gebed tot Jesus om een met Hom te wees.

Gemeente: Bid dat die lidmate van jou gemeente 'n honger sal ontwikkel om God intiem te ken en met Hom een te wees soos wat Hy beloof het.

AddThis Social Bookmark Button

Lewer kommentaar