Familiediens

kinderpinkster

AddThis Social Bookmark Button

Waar is Jesus nou? – Psalm 93 – Donderdagaand 17 Mei 18:30 – Chris van Wyk

AddThis Social Bookmark Button

Op reis met die Prediker na sin en betekenis

Die Prediker was ‘n ontdekkingsreisiger wat die grense van die lewe getoets het en agter gekom het dat die triomf en tragedie van dié lewe nie genoeg is vir mense wat ‘n kapasiteit het vir die ewige lewe nie.

  1. Op soek na sin en betekenis – Pred 3:1-15 – 15 April – Chris van Wyk
  2. Die gevaar van selfgenoegsaamheid en oorgerustheid – Pred 9:1-12 – 22 April – Chris van Wyk
  3. Lewe met oorleg en vreugde – Pred 12:9-14 – 29 April – Chris van Wyk

Op reis met Hooglied se liefdeskuns

Hooglied is ‘n digterlike kykie na hoe die liefdeskuns vir mans en vroue werk.  Dit werk beide met die liefdesdrome wat ons oor mekaar het, sowel as met die werklikheid van daardie liefde.  Die digter(es) kies vir persoonlike liefde, teenoor die praktyk van die harem van Salomo se tyd.  En dit spel uit hoe ‘n mens lief kan wees, sonder om jouself te verloor.

  1. Die droom van die liefde – Hgl 1:1-3:11 (3:6-11) – 6 Mei – Rethie van Niekerk
  2. Die werklikheid van die liefde –Hgl 4:1-8:14 (8:5-14) – 13 Mei – Chris van Wyk

Hemelvaart

  • Waar is Jesus nou? – Psalm 93 – Donderdagaand 17 Mei 18:30 – Chris van Wyk

PINKSTER 2012: IN GESPREK MET GOD – Chris van Wyk

Die Bybel moet ons lewe vorm.  Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees.  Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.  Hierdie Pinkster gaan ons leer hoe om dit prakties in te oefen.

  1. Om God te beleef – Hand 8:26-40 – Sondagoggend 20 Mei 09:00
  2. Om tot rus te kom – Jesaja 30:8-18 – Sondagaand 20 Mei 18:30
  3. Om te luister – Openbaring 10 – Maandagaand 21 Mei 18:30
  4. Om te ontvang – 1 Konings 3:2-15 – Dinsdagaand 22 Mei 18:30
  5. Om met God te praat – 1 Konings 19 – Woensdagaand 23 Mei 18:30
  6. Om God te geniet – Filippense 4:2-9 – Donderdagaand 24 Mei 18:30
  7. Om vir God te leef – Psalm 40 – Sondagoggend 27 Mei 09:00

Koninkrykstyd

Die res van die kwartaal en vakansietyd gaan ons fokus op hoe God ons in hierdie wêreld, in Sy koninkryk, gebruik.

  1. Die krag van die Heilige Gees – Romeine 8:12-17 – 3 Junie 2012 – Rethie van Niekerk
  2. Om te lewe soos Hy dit wil – 2 Korintiërs 4:13-5:1 - 10 Junie 2012 – Kobus
  3. Toegewy aan God alleen – 2 Korintiërs 5:6-17 – 17 Junie 2012 – Chris van Wyk
  4. Ambassadeurs van die versoening – 2 Korintiërs 6:1-13 – 24 Junie 2012 – Chris van Wyk
  5. Bly maar net glo! – Markus 5:21-43 – 1 Julie 2012 – Chris van Wyk
  6. Die dilemma van die tuisdorp – Markus 6:1-13 – 8 Julie 2012 – Chris van Wyk
  7. Dissipelskap vra altyd 'n prys – Markus 6:14-29 – 15 Julie 2012 – Chris van Wyk
AddThis Social Bookmark Button

Paasweek Program

AddThis Social Bookmark Button

AddThis Social Bookmark Button